Matrieks krap kop oor tweede wiskundevraestel

matrieks-wiskunde-affies-seuns-2017-10-27-04

Argieffoto: Esté Meyer Jansen/Maroela Media.

Matrikulante se tweede wiskundevraestel was moeilik en het selfs ’n paar foute en swak vertaalwerk bevat wat leerlinge kon verwar en selfs onnodige punte kan kos.

Dit is die mening van onderwysers en wiskunde-kenners verbonde aan die Vereniging vir Afrikaanse Wiskunde-onderwysers (VAW) oor die wiskundevraestel wat matrikulante Maandagoggend geskryf het. Dié wiskundevraestel handel oor meetkunde en trigonometrie.

“Daar was heelwat vrae wat leerlinge behoorlik sou laat kop krap. Slim kinders sou moes uithaal en wys om meer as 85% te kry,” het ’n wiskunde-onderwyser van die Hoërskool Zwartkop in Centurion aan die Skoleondersteuningsentrum (SOS) gesê.

Valentyn van der Merwe, wiskunde-spesialis verbonde aan die VAW, het opgemerk dat die interval wat in die vraestel by vraag ses verskaf word, verskil van die interval soos aangedui op die rooster in die antwoordboek.

“Dit kan verwarring veroorsaak en leerlinge se antwoorde by opvolgende vrae beïnvloed het, wat kan meebring dat hulle onnodig punte verloor.”

Van der Merwe het ook opgemerk dat sommige vrae lomp of onakkuraat vertaal is. “By vraag 1.2 se woordsom word beide die naam ‘Marie’ en ‘Mary’ gebruik om na dieselfde persoon te verwys.”

Matrikulante van die Hoërskool Zwartkop het ook aan die SOS gesê die vraestel was beslis nie maklik nie.

“Daar was nie een vraag waarmee ek nie in ’n mate gestoei het nie. Die vrae was moeilik gestel. Enige persoon wat sê dit was nie moeilik nie, weet net nie dat hulle foute gemaak het nie,” sê Simeon Boshoff.

Boshoff het veral gesukkel met die algebra by vraag 5.3, waar leerlinge ’n cos-funksie moes evalueer aan die hand van ’n sigma-teken. Leerlinge is vertroud met hierdie teken, maar verwag dit nie in die tweede vraestel nie.

“My onderwysers het my egter goed voorberei en daar was niks in die vraestel wat ek nog nie vantevore teëgekom het nie,” sê Boshoff.

Alta Bruwer, nog ’n matrikulant aan die Hoërskool Zwartkop, sê die vraestel het ’n hele paar vangplekke gehad. Sy het veral gesukkel met vraag nege, waar leerlinge die vergelyking van ’n sirkel moes uitpluis. “Maar ek glo ek sal darem nog my onderskeiding kry,” sê sy.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

58 Kommentare

Jan Fritz ·

Is daar dan geen mate van standaarde in die opstel van die eksamen nie.? Verstaan hulle die hoeveelheid stres en angs dit veroorsaak. ? Dan wonder almal oor die land se self moord syvers?

Monique ·

Ek is een van die matriekulante wat daardie vraestel geskryf het. Kyk vir ‘n onderskeiding in wiskunde het ek lankal ‘good bey’ gesê, maar ek stres nou so bietjie of ek dit gaan slaag. ‘Nevermind’ die onderskeidings

Ontevrede ·

Growwe vertaal foute is absoluut onaanvaarbaar. Wiskunde is opsigself baie stressvol – veral na Vrydag se kopkrap. Waar is die moderators – seer sekerlik moet die foute voor en nie TYDENS die eksamen uitgewys word nie. Ek is van mening dat vraestelle ekstra moeilik gemaak word om leerders uittevang en glad nie hul kennis te toets nie. Belaglik.

Michael Bouwer ·

In my opinie is dit presies hoe dit moet wees. Om ‘kennis te toets’, wat bedoel jy? Moet jy dan wiskunde leer soos n papagaai? Daar was nie enige beginsel gevra wat nie behandel was nie.

Wiskunde is dink werk, en absoluut is daar ook leer werk veral in vraestel twee, maar die belangrikste deel van wiskunde is die toepassing daarvan, nie om te kyk hoeveel jy kan onthou nie.

Andrea ·

Maar wat kan ons as ouers daaraan doen? Vra vir n hermerk? Kan die VAW nie iets omtrent die saak doen nie? Mens is so gefrustreerd en gestres oor die kinders se punte.

DS ·

Jan Fritz dink die vraestel sou ekstra moeilik vir jou gewees het met al die syVers wat hulle gebruik het. Ek stem saam met Simeon Boshoff goeie voorbereiding en hulle kan maar enige iets jou kant toe gooi. Sterkte vir res van eksamens matrieks.

Ruben ·

Dit is net skokend met al die ure wat in gesit is, met n kind wat 80% gemiddel kry dat hy van die vrae nog nooit eers gesien het nie.

Anoniem ·

Jou kommentaar maak glad nie sin nie! Dis die hele idee van eksamen skryf —- daar behoort geen vrae te wees wat hy al voorheen gesien het nie! Veral in ‘n wiskunde vraestel!!!

Tercia Woest ·

Waarom kan die Onderwys Departement dit net nie regkry nie. Kinders sit alles in en dit breek hulle moed wanneer hulle voor ‘n vraestel sit wat swak, onprofessioneel en buitensporig moeilik opgestel is.

Mina ·

Ek dink egter dit was n lekker vraestel. Die vrae was almal beantwoordbaar, en regverdig. Ja, die vraag by 5.3 was onverwags, maar leerders kon dit met graad 11 kennis oplos. Die mary/marie storie was irriterend dis n wiskunde vraestel nie n taal een nie.

Danélle ·

Ek stem. Teenoor vraestel 1 was hierdie vraestel baie meer billik rakende die verhouding van moeilik tot maklike vrae. Beide van die vraestelle was moeiliker as wat verwag was, maar daar kan nou niks aan gedoen word nie.

Anoniem ·

Ons moes vir n deel van die vraestel in die donker skryf. Ons het n kragonderbreking gehad wat soveel tyd gemors het dat ek alles waarmee ek besig was in daardie tyd moes oordoen. Ek kon glad nie klaarkry nie.

Emile de Villiers ·

Pateties!!! Laerskoolonderwysers sal ‘n beter vraestel opstel……..

Madelein Roux ·

My seun het die vraestel nie te moeilik gevind nie. Hy is sterk in Wiskune en sê sy skool se standaard is gelukkig hoog, so hy het nie geskrik toe hy van die somme sien nie. Die vertaalfoute is wel onaanvaarbaar!

Pyththemyth ·

Daai hele vraestel was vir my n tameletjie…
Maar het julle die memes gesien though?

MSP Potgieter ·

Ek moet bieg een positiewe punt van moeilike, onbillike vraestelle is dat dit uitstekende memes inspireer.

Fanus ·

Watter vraag het hy nog nooit gesien nie. Wiskunde moet jou vermoë toets om probleme op te los. Nie slegs kennis neerskryf nie. Ons kan nie die standaard verlaag nie. Baie goeie vraestel gewees. Die taalfout onverskoonbaar, maar sou nie die leerlinge verwar het nie.

Chrismari ·

Ek is ñ matriek leerling en die vraestel was regtig baie moeilik ! Niemand het geweet wat om te doen op die manier hoe hulle die vrae gevra het nie.

Anoniem ·

Ek is n matriek leerder. Ek het die hele naweek en die week voor dit net voor my boekke gesit! Ek het van 2014 tot 2017 se NSS eksamen vraestelle uitgewerk. En ek was oraait. Maar vandag was hel op bladsye, ek het presies 42 heeltemal oop gelos wat ek nie n idee gehad het wat om te doen nie. Ek is vreeslik jammer, maar ek weet eerlik waar nie wat ek meer moes gedoen het om vandag se vraestel te verstaan nie. Was hulle uit daarop om ons uit te vang? Ek was so deurmakaar soos n verkleurmannetjie op n smartie boks.

Anoniem ·

Ek het ook so gevoel… N hele naweek opgeoffer en heeltyd voor die boeke gesit! Het vanoggend 4 uur opgestaan om seker te maak ek ken alles. Ek was baie positief maar toe die toets kom was ek nie meer so positief nie… Dit was regtig n moeilike vraestel en ek het nie verstaan wat om te doen nie. Daar was baie vrae wat ek net gelos het en dis nie omdat ek nie weet wat in wiskunde aangaan nie… Ek het die jaar baie goed gedoen in wiskunde maar nou weet ek nie meer nie…

Anoniem ·

Ek stem. Ek het n 90 gemiddeld vir wiskunde gehad na die rekord eksamen. Ek het hard geleer omdat ek my punte wil opstoot vir keuring. Toe ek my toets ingee het dit gevoel as of ek my drome net so wegsmyt. Ek is nog altyd mal oor Wiskunde maar daardie vraestel was n siek grap. Ek was in my lewe nog nooit so omgekrap oor n vraestel nie.

Estelle ·

Hoe hartseer. Al die spanning en drama, vir ñ nuttelose senior sertifikaat, wat moontlik toelating tot ñ universiteit kan gee in SA, mits jy binne die kwotas gekeur word natuurlik. En dan sit jy na 4 jaar met ñ kwalifikasie van ñ instansie wat sy internasionale akkreditasie verloor het. Daar word ñ uitgediende onderwys model geforseer in SA. Bitter min “gegradueerde” jongmense gaan werk kry. Leer jou kind om ñ entrepeneur te wees en die wêreld lê oop voor jou. Ons onderwysmodel maak van die kinders pappegaaie en moedig nie kritiese denke en entrepeneursvaardighede aan nie. Ons is verby die industriële era, tyd dat die onderwysmodel dienooreenkomstig verander. Maak base en nie klase groot!

Entrepreneur ·

Estelle, hoe moet ek my kind leer om ‘n entrepreneur te wees as ek self nie een is nie?

Estelle ·

Ek is die produk van ñ vorige bedeling wat gesorg het dat ons almal ñ werk het wanneer ons graad vang. Daardie bedeling is tot nuut en die nuwe regering het nie tyd of plek vir my nie. Ek is self nie ñ entrepeneur gewees. Ek was ñ klaas… Ek moes eerstens self ñ kopskuif maak. En toe het ek begin navorsing doen. Honderde boeke gelees oor die onderwerp, met entrepeneurs gaan gesels vir ure aaneen.
My kinders uit die skool gehaal en ñ Amerikaanse kirrikulum begin volg wat vir hul ñ internasionaal erkende skoolverlaters sertifikaat sal gee. En toe hou ek op sakgeld gee… want die behoefte om jou eie geld te maak vervaag indien daar steeds aan al jou behoeftes voldoen word. Hul natuutlike belangstellings het begin ontwikkel in besigheidsgeleenthede en vandag, op onderskeidelik 11 en 13 staan elkeen aan die stuur van hul eie mini onderneming met ñ wins van R1000 tot R3000 per maand. Hul leer in die werklike lewe van besigheid en entrepeneurskap. Sien ñ gaping, vul dit. Hulle het nog die veiligheid van ma en pa as “back up” en hul foute kos hul nie ñ volgende ete of voertuig of blyplek nie.

Johnny ·

Komaan. Kry moderators wat hulle sout werd is…hierdie is n grap!!!!

Willem ·

Persoonlik dink ek dat daar is n goeie rede hoekom vraestelle verdeel word in Algebra en Meetkunde. Hoekom nou weereens Algebra in die Meetkunde Vraestelle sit. Moderators is veronderstel om sulke voute vooraf op te tel en reg te stel. Hierdie punte wat elke leerling verwerf vir hul Wiskunde bly hulle by vir die res van hul lewens, so dit is alles behalwe n ligtelike saak vir die leerlinge wat hulle alles ingesit het, en dan gedwarsboom word met onaanvaarbare vraestelle. Dit vergelyk nie goed met vorigr jare se vraestelle nie, want my seun het ook soos al die ander gesukkel en hy het de laaste vraestel vanaf 2013- November 2017 uitgewerk ter voorbereiding van albei vraestelle, en hy het ook verskriklik moeilik geskryf. Almal kan tog seersekerlik nie verkeerd wees nie !!! Ondersoek hierdie saak asseblief !!! Ons kinders verdien nie dit nie, hulle het hard gewerk en soek nie gunste en gawes nie, net regverdige vraestelle volgens die opinies van die Wiskunde onderwysers wat hierdie leerders vir die belangrigste Wiskunde vraestelle van hul skool loopbane voor bery het. Is dinge soos Algebra in n Meetkunde vraestel regverdig? Was dit so gedoen in vorige jare se Vraestelle? Hoekom nou ewe skielik? Wat is die rede daaragter? Was dit tot hierdie leerders se beswil vir hul toekoms. Wie gaan verantwoordelikheid aanvaar, en die fiasko regmaak???

Michael Bouwer ·

Volgens google: “Algebra the part of mathematics in which letters and other general symbols are used to represent numbers and quantities in formulae and equations.”

Dit is vraestel twee en een. Ek dink daai som het 6 punte getel, uit 150. Hier is n algemene probleem wat ek raak sien, en dit bring my tot my punt wat ek in my vorige post gemaak het:

Almal hier kla oor dit was nie soos die vorige vraestelle nie, dit is juis die probleem, om vorige vraestelle te “leer”. Dit help jou nie om die werk te verstaan nie. Die memo is beskikbaar en uit my ondervinding kyk studente na die memo voor hulle eeder sal sit en sukkel.

Sukkel is hoe jy leer om te dink en dit is waaroor wiskunde gaan, Niemand kan jou leer hoe om na somme te kyk nie, dit moet jy self leer, al doen jy ou vraestelle tot dat jy blou is gaan dit jou nerens bring nie.

Ek is trots op die vraestel, en vir julle matrieks se ek die volgende: Daar is geen maklike pad na sukses, dit help nie jy leer hard en nie slim nie. Ou vraestelle met memos is gevaarglik as dit nie reg gebruik word nie. Leer hier uit en moet nooit opgee nie.

Lukas ·

Ek stem 100% saam met Michael. Sit en sukkel en leer om self probleme uit te pluis. Wiskunde is nie ‘n papegaai-leervak nie. My kind het lekker geskryf.

Anoniem ·

Ek kry gewoonlik baie goeie punte vir wiskunde en ek geniet dit vreeslik. Mens leer wiskunde deur vraestelle uit te werk, dit is waar mens die beste oefening kry. Mens merk dit ook eers as jy die ding klaar uitgewerk het, dis wat baie kinders doen (meeste van hulle het nogsteeds gesukkel) Dit gaan nie oor “papegaai werk” nie want Wiskunde werk nie so nie. Namens die kinders wat geleer het deur “op hulle basse te sit en self te sukkel” wil ek net sê, die vraestel was verskriklik onbillik. Ek het geleer vir n hoë 90, maar op hierdie stadium hoop ek net om my onderskeiding te kry. Ek voel sleg vir die kinders wat sukkel om wiskunde te slaag want op die einde van die dag is dit almal se punte wat n knock vat.

Anoniem ·

Ek het ń gemiddeld van 85% en dit was baie duidelik dat hulle hierdie jaar uit hulle pad gegaan het om ons wiskunde vraestelle vir ons hel te maak! Soos baie leerders het ek al die vorige jare se vraestelle deurgewerk ter voorbereiding en nie een was so moeilik so die een nie!! Ek gaan verseker my onderskeiding vir wiskunde groet! Ek het asook alpha wiskunde en dit het my nie eers vandag uitgehelp nie! Is daar geen vlak van standaard nie? En die aantal vrae van verskillende vlakke wat gevra moet word nie? Nou moet ons die res van ons lewens met n wiskunde punt rondloop wat nie werklik die punt is wat ons verdien nie? Daar moet ernstige stappe geneem word!

Eto ·

Great vraestel. Was enjoyably challenging en ek verwag goeie uitslae. Het net-net klaar gemaak, maar behalwe vir die baie skryfwerk was dit moontlik die laaste awesome vraestel van my skoolloopbaan.

Andre ·

Almal maak n groot ophef oor wiskunde. Omtrent alle universteit rigtings vereis wiskunde. Ja dit gaan oor toepassing van beginsels en reels en nie oor pappegaai werk nie.
My ondervinding is dat kinders wat toegang het tot top kwaliteit onderwysers altyd beter doen as kinders in ou model C skole en dan die prys moet betaal daarvoor.

Anoniem ·

Ek is tans n student aan een van die beste universiteite (indien nie die beste) in die land. Ek kan u verseker dat daar ongelooflik baie studierigtings is wat nié wiskunde vereis nie. Daar is selfs n paar mediese rigtings wat nie wiskunde benodig nie. Wat die mense wat die vraestelle opstel en modereer nie verstaan nie is dat hulle met n matriekleerder se toekoms dobbel wanneer hulle die vraestelle onnodig moeilik maak. Ek is goed bemoeid met die CAPS dokument en absoluut nêrens staan daar dat leerders “uitgevang” moet word of dat die vrae slegs op die hoogste vlak van Bloom se taksonomie moet wees nie. Daar moet n balans wees tussen die laer- en hoër vlakke. Ek stem beslis nie saam dat die vraestel enigsins daardie balans handhaaf nie!

Onnie ·

Wat worry julle? Die departement sal verseker die punts “aanpas” indien die oorgrote meerderheid sleg gevaar het, ons sien dit elke jaar – want vir hulle gaan dit oor slaagsyfers op papier! Hele korupte spul. Matriek eindeksamen word ‘n mors van tyd en hulpbronne. As ons leerders in “ou model C” skole gesukkel het dan sal die res beslis nie beter gevaar het nie. So vat dit maar eers rustig en wag vir die uitslae.

Liezel ·

My seun het tegniese wiskunde en dit was volgens hom ook baie moeilik. Vir 2018 se matrieks was daar absoluut niks om op terug te werk nie want hulle was die eerste wat aan die sillabus voorgestel was en met ‘n klas gemiddeld wat ek eerder nie wil noem nie is ek van mening dat hulle “at a disadvantage was” (my Afrikaans is nie so goed nie) Ek het vir die laaste 3 jaar aanlyn hulp gesoek vir ekstra bylae of hulp met tegniese wiskunde en raai wat, daar is niks. Ek het wel betaal vir ekstra hulp maar nogsteeds was tegniese wiskunde ‘n riller in 2018!

MSP Potgieter ·

Ten spyte van die wonderlike memes wat die moeilike Wiskunde vraestel inspireer is dit ‘n uitstekende voorbereiding vir die volgende eksa… Ooh wag???

Hanna ·

Ek is al 23 jaar deel v Wisk opvoeding. Iewers moet ons net hoor wat is die “plafon” wat betref insig vrae…gaan ons elke jaar moeiliker gaan? Wat van ons veldtog om te poog om soveel leerders as moontlik Wiskunde te laat neem ipv Geletterdheid? Leerders v gem 50% gaan sukkel. Een v ons dogters behaal 90% in NBT eksamen v Wisk en is n 92% gem leerder. Selfs sy twyfel of sy 80 gaan kry. Kan ons in onderwys meer deursigtighd kry asb. Wat help dit d vraestel lyk so e opwaartse aanpassings moet gedoen word? Is opstellers nog in voeling met ons op grondvlak?

lewies ·

Hierdie saak is in die hande van die ouers en onderwysers. As hulle dit gaan los gaan die kinders van volgende jaar dieselfde ervaar. Ons moet hierdie mense help met enigiets al is dit net die proeflees en vertaling van vraestelle. Ons mag nie toelaat dat ons die oorsaak is dat die baba en die badwater uitgegooi word nie. Dankie aan Danie en die SOS wat behulpsaam was om die Memorandum en vraestel bestudeer het. Dankie aan die onderwysers wat middag vir middag die kinders ekstra klasse gee. Dit is nou eerste wereldse werksetiek en omgee. Dankie dankie dankie!!

Anoniem ·

Dis is belangrik dat n hoë standaard gehandhaaf word, maar hoekom was die departementele vraestelle vir die rekordeksamen dan so belaglik maklik. Kinders het wiskunde nodig vir toelating tot sekere kursusse op universiteit wat nie noodwendig wiskundige rigtings is nie. Nou kan hulle dalk hul voorwaardelike aanvaarding kwyt wees. Bring Wiskunde -Hoërgraad en Standaardgraad terug. My kind het ook baie hard gewerk en het n goeie begrip van wiskunde ( sy het 80% vir haar wiskunde in die NBT’s gekry) en tog was daar n hele paar vrae in vraestel 2 wat vir haar regtig moeilik was en die manier waarop vd vrae gestel is, was verwarrend. En nie alle voormalige model C skole se wiskunde-onderrig hoef terug te staan vir die “duurder” en fancier skole nie. Die dpartement en die CAPS sillabus veroorsaak dat kinders nie van kleins af die regte standaard onderrig in veral wiskunde kry nie. Nou kom hulle in n eindeksamen en probeer die standaard hoër en meer geloofwaardig maak. En wat maak hulle…? Hulle gaan die punte opwaarts aanpas volgens n glyskaal en die swak presteerders gaan bevoordeel word terwyl baie A-kandidate hulle A gemiddelde gaan mis. En volgende jaar maak hulle die vraestelle weer belaglik maklik en dan word die punte afwaarts aangepas. Ons kinders is die slagoffers van n swak onderwysstelsel waar mense wat self nie bekwaam is nie die beluite moet neem.

Hanna ·

Ek stem saam! Al meer as 20jr betrokke in Wisk onderwys self e gee ook opleiding namens uninversiteite aan onderwysers. Glo ons moet nou saamstaan vir deursigtigheid e verantwoordbaarheid ten opsigte van wat werklik v graad 12 verwag word. Is daar iewers n plafon op die “komplekse prosedures e integrasie” vrae? Selfs in laer grade lei KABV ons…wat van graad 12s? Verder het ons projekte geloods d werk hard daaraan om soveel moontlike leerders v Widkunde te behou…op hierdie trant gasn net regtig slim leerders,wat ook Admsths/Alpha maths neem d voordeel he e Wisk kan neem. Ons het hiern dogter wat ook 92 gem leerder is,NBT slaag met 90 v wisk…e selfs sy glo sy gaan ni 80 haal nie. Toets NBTs dan ni ook probleemoplossing nie? Hoe bring ons d kloutjie by d oor uit? Widk kollegas ons moet nou in Afr e Engels saamstaan om d tendens vas te vat…kinders se loopbsne op d spel. Ons het ook minderbevoorregte kinders in vooraanstaande skole wat ook benadeel gaan word

Linda ·

Ek stem heeltemal saam. Dit wil lyk asof dit nie te moeilik sal wees om 50% te haal nie – die maklike vrae was blykbaar BESONDER maklik sodat die “deurkomsyfer” nie ‘n probleem is nie. Maar wat van leerders wat 70% moet behaal vir universiteitskeuring? Wat van leerders wat voorlopig gekeur is op grond van hulle goeie jaarpunte en dit nou nie gaan maak nie? Wat van leerders wat ‘n GOEIE jaarpunt het wat opgestuur is – soos ek verstaan word jou goeie jaarpunt nie in berekening gebring indien jou punte meer as 15% daarvan afwyk nie?

Hanna ·

Ek stem saam! Al meer as 20jr betrokke in Wisk onderwys self e gee ook opleiding namens uninversiteite aan onderwysers. Glo ons moet nou saamstaan vir deursigtigheid e verantwoordbaarheid ten opsigte van wat werklik v graad 12 verwag word. Is daar nie iewers n limiet v 15% op die “komplekse prosedures e integrasie” vrae nie? Verder het ons projekte geloods en werk hard daaraan om soveel moontlike leerders v Wiskunde te behou…op hierdie trant gaan net regtig slim leerders,wat ook Admsths/Alpha maths neem d voordeel he e Wisk kan neem. Toets NBTs dan ni ook probleemoplossing nie? Hoe bring ons d kloutjie by d oor uit? Wisk kollegas ons moet nou in Afr e Engels saamstaan om d tendens vas te vat…kinders se loopbane op d spel. Ons het ook minderbevoorregte kinders in vooraanstaande skole wat ook benadeel gaan word

Krap Kop ·

Een van die onderafdelings by vraag 4.5 in vraestel 2 lui as volg:

Bepaal die koördinate van G, indien verder gegee word dat die vergelyking van die raaklyn JK aan x=22

Kan ek nie met begrip lees nie … of het daar ‘n sintaksfout met die vertaling van hierdie vraag van Engels na Afrikaans ingesluip?

Kan ‘n onderwyser of twee hulle opinie gee asseblief?

Michael Bouwer ·

Die konstruksie van die vraag is horibaal, maar die woord raaklyn impliseer klaar dat die lyn die sirkel raak by x=22.

Ok wag ek verstaan die probleem, is die raaklyn se vergelyking x=22 of is dit die punt waar hy raak. ·

Ok wag ek verstaan is die raak lyn se vergelyking x=22 of is dit die punt waar hy raak.

Mina ·

Die vergelyking van JK is x=22, dws dis loodreg op die x as en beide J en K se x waardes is 22. Die taal is onvergeefbaar sleg, maar ek dink die boodskap het goed genoeg deur gekom.

Eto ·

Die grammar is absolutely horrendous in die vraag, maar ek het dit so verstaan.
JK bestaan by x=22, dus omdat die radius 10 was (in vorige vraag mos uitgewerk), was die waarde van m, die x koordinaat van G, 22-10=12. Vraag was nie sewe punte worth nie.

Amanda Louw ·

Die 2de Wiskunde vraestel was belaglik. Die “slimpersone” wat kommentaar lewer was nie
self daar nie. Kinders het vrae gekry wat “NIE in die handboeke of sillabus is nie. My dogter se Wiskunde onderwyser het baie ekstra tyd ingesit van Januarie af en sy was baie
goed voorberei, Ja, nou kan sy dalk haar onderskeiding mis. Ek hoop daar word oorweeg om punte by te gee vir dit wat nog nooit behandel is nie. Kinders het genoeg druk en dit sal help as die opstellers van hierdie toets kan verduidelik waar hy/sy/hulle die idees vir hulle vrae gekry het. Moontlik by Google, waar Wiskunde spesialiste soos mr. slim hier bo, elke dag mee werk.

Eto ·

As n graad 12 leerder moet ek sê, ja dis waar dat vrae verskyn het wat nie in die handboek is nie, maar dis n eindeksamen. Die vrae gaan nie noodwendig dieselfde wees as in die handboek nie, en bestaan om te toets of jy jou wiskunde kennis wat jy deur die jare geleer het kan toepas, nie of jy n blaai of twee uit n handboek kan memorise nie. Verder was al die vrae doenbaar met net jou kennis van die wiskunde sillabus, daar was nie enige nuwe werk wat nie in die klas bespreek was nie. Ek is van mening dat dit n cool vraestel was en sal graag weer so een wil skryf.

Michael Bouwer ·

Kan jy asseblief vir my n beginsel wys wat gevra was wat hulle nie behandel het nie?

Michael Bouwer ·

Partykeer in die lewe moet n mens pasop voordat jy goed se soos “spesialiste” , ek dink party van die mense het dalk n graad of twee in toegepaste wiskunde.

Joey ·

Ek dink ni as jy as matrikulant die eksamen geskryf het nie sal jy nie verstaan hoe moeilik dit was nie. My kind ook top presteerder maar daar sit ten minste 75% van leerders daar wat ook nie die vermoe het om dit net te kan doen nie. Die standaard moet op algehele top vlak wees en foutloos. Moenie iets wat verkeerd is beskerm ni jou kind gaan ook eendag dalk ‘n stel aftrap.

Riaan ·

Dit is duidelik dat die studente die laaste woord het na gelang die wiskunde vraestelle. Wil regtig voorkom of die curriculum en die Departement se vrastel nie by mekaar uit kom nie. Onregverdig teenoor die studente. Die saak sal op die hoogste vlak aangespreek moet word. Ons land kan nie bekostig om nog verder te val met spesifiek ons wiskunde kennis in vergelyking met die res van die wêreld nie. Dis n skande. Hierdie studente verdien dit nie, niks word bereik nie, net studente wat in die hoek sit en kop krap. Sterkte julle.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.