Matrieks met koors sal wel mag skryf

(Argieffoto: Facebook)

Matrieks wie se temperatuur bo 38 ˚C is wanneer hulle opdaag om eksamen te skryf, sal wel toegelaat word om die vraestel te skryf.

Volgens die departement van onderwys het hy, nadat deskundige advies van die departement van gesondheid ingewin is, sy skryfprotokol gewysig sodat leerders wat tydens die siftingsproses ʼn temperatuur van meer as 38 °C het, die eksamen in isolasie kan aflê.

Sodanige leerders mag nie met ander leerders omgaan na afloop van die eksamen nie, en sal vir mediese hulp verwys word. “In die daaropvolgende eksamens sal die toestand van sulke leerders fyn dopgehou word,” het Elijah Mhlanga, woordvoerder van die departement gesê.

Die departement het aanvanklik gesê ʼn leerder wat ʼn koors van meer as 38 ˚C het, sal drie keer daarna weer getoets word en indien die leerder se koors bo 38 ˚C bly sal die leerling se ouers gekontak word om die betrokke leerder te kom haal.

Leerders moet steeds ʼn uur en ʼn half voordat hulle begin skryf, aanmeld sodat hulle siftingsprosesse kan ondergaan.

Leerders wat tydens die eksamen positief vir Covid-19-toets mag volgens die departement se protokol nie eksamen skryf tydens hul isolasietydperk van tien dae nie.

Leerders wat sekere vraestelle misgeloop het omdat hulle positief vir Covid-19 getoets het, moet outomaties geregistreer word vir die vakke wat hulle misgeloop het om dit tydens die Mei/Junie 2021-eksamen te skryf.

Leerders wat positief getoets het vir Covid-19 en wie se herstel deur nog ʼn toets bevestig is, kan voortgaan met die skryf van die oorblywende vakke op die rooster. Kandidate wat besluit om nie voort te gaan met die skryf van die oorblywende vakke nie, moet wel in die Mei/Junie 2021-eksamen geakkommodeer word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

PH ·

Kan die skrywer asb. duidelikheid gee oor wat bedoel word met
“moet outomaties geregistreer word”

Hennie J ·

Dit is nou vir n verandering n ordentlike kader-besluit.
lol: ek onthou toe ek matriek geskryf het het n aanvallige medeleerling van die teenoorgestelde geslag in die bank langs my gesit. Ek was ook geneig om ietwat koorsig te word!
Sterkte matrieks!!

JohanR ·

Het die leerling die uniform se mou gebruik, of ‘n sakdoek Hennie?

Strandloper ·

Mmmmm nie baie slim nie! Wil ons nou Europe se voorbeeld volg. Volg die basiese reels of wil hul nou die wiel herontwerp met rampspoedige gevolge?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.