Wes-Kaapse matrieks moet opskud om by SAPD aan te sluit

Argieffoto: Phillip Bruwer

Die voorsitter van die parlement se portefeuljekomitee oor polisie vra Wes-Kaapse matrieks wat belangstel in ʼn loopbaan in wetstoepassing, moet teen Vrydag by hul naaste polisiestasie aansoek doen om by die SAPD aan te sluit.

Matrikulante van dié provinsie wat ʼn bydrae tot hul gemeenskap wil lewer en wil dien om Suid-Afrika veiliger te maak, word aangemoedig om aansoek te doen om opleiding in die polisiediens te ondergaan.

Francois Beukman, voorsitter van die komitee, sê Wes-Kaapse jong mense tussen 18 en 30, wat gr. 12 geslaag het en fiks is, kan gebruik maak van die SAPD se eerste werwingsgeleentheid van 2019.

“Ons kort toegewyde, gemotiveerde en energieke jong mense wat ʼn verskil aan die misdaadsituasie in die land wil maak en deur hul voorbeeld wil lei,” sê Beukman.

Die komitee is heeltemal ten gunste van die SAPD se streng keuring en psigometriese toetse waaraan aansoekers onderwerp word om te verseker dat net die beste kandidate gekies word.

Voornemende polisiebeamptes moet geen bande met misdadige elemente hê nie en die profiel van ʼn wetstoepasser pas.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

Sê net ·

Ai, die negatiewe mense in ons land darem.
Nee, kom aan, julle kan ñ verskil maak.

Siekensat ·

Nee ons witmense is nie negatief nie. Dit word realiteit genoem.

Realisties ·

Dis net realisties om te verwag as jy nerens online meer BLANK of WHITE invul dat jy oorweeg word vir ‘n pos nie. Negatief? Inderdaad nie. Realisties. Dit is wat daagliks gebeur. Probeer gerus. Die Umkhonto manne is so pas bevorder, dalk kan julle onder een van hulle werk, julle sal waardevolle ondervinding optel.

Anel ·

Ons sukkel nou al 10 jaar om aan te sluit. Daar is vir hom gesê dit sal net formaliteit wees want hy is wit en hulle soek witmense. By die fiksheidstoets us daar vir ons gesê hy is die fikste. Maar tog maag hy nie die integriteitstoets nie. Die eerlikste mens wat wat ons ken. Hulle laat weet jou ook nie as jy dit gemaak het nie. Dit is net ‘n manier om die blankes uit te hou. En hulle kan stry soos hulle wil.

jennefer ·

Dieselfde in Limpopo, jongman slaag fiksheid en ander toetse, groot verwagtings geskep en nou NIKS !! seker oor hy blank is.

Anel ·

Pta Oos, kry my op gesigblad dan stuur jy vir my persoonlike boodskap op “messanger”.

anni ·

Ja so is dit, di toets Wat di maklikste is, word gedruip. Ag Ons weet tog almal waaroor dit werklik gaan.

Anel ·

Pta Oos, ons woon in Pretoria. Hy wil hondegeleier word. Dis al van hy skool verlaat het sy passie.

M ·

Ons weet almal hulle neem nie wittes in nie. Kyk n bietjie ba die fotos

Karolis ·

Nee M, kyk mooi, daar is een blanke ou op die foto.
Maar, dalk is hierdie ‘n baie ou foto.

Hanna Hoekom ·

Ai tog, dog dis 1 April! Lede sal streng getoets word? Ja sure, maar net n manier om witmense weg te wys. Nice try!

PJC ·

Ek dink nie dit is ń goeie idee vir enige jong mens om by ń staatsdepartement aan te sluit nie want as jy wit is is dit ń doodloopstraat weens jou velkleur. Selfs by sommige privaat instansies staan jy agter in die ry as jy wit is omdat hulle ook teikens het om te haal.

Rikus ·

In GEEN land behoort n pos in die staatsdiens jou eerste keuse te wees nie. Selfs nie eens in vooruitstrewende lande soos Ysland nie.

Alida ·

Daar is baie kriminele in die SAPD. Hierdie uitnodiging is net vir sekeres bestem. Wat beteken n matriek met n 30% slaagpunt? Genade kom by. Hulle soek cheap labour en stuur kriminele die strate in.

Martin ·

Seker weer net bevordering vir een groep. Klink na n dead end job vir die res.

SAPD LID ·

Ek wil graag eiertjie lê. Ek is ñ trotse gegradueerde blanke polisiebeampte, deel van my funksies is indiensneming. Nie in Weskaap, maar steeds in polisie. Uit meer as 6 000 aansoeke in die Provinsie waar ek werksaam is, is minder as 30 blanke aansoeke ontvang……wie moet nou blameer word. Blanke jongelinge kla hul kry nie werk, maar is of te lui om aansoek te doen óf te bang vir opleiding dalk? Ook met ons ” interns” poste is weinig aansoeke van blankes ontvang. So asseblief moenie sommer net aanneem ons diskrimineer teen blanke aansoeke nie. Nee ons kort juis blanke konstabels.

Anel ·

En ek sê nou vir joy SAPD LID, dat daar wel gediskremineer word. Ons seun het die profiel van.polisiebeampte, hy het onderhoude met verskillende senior offisiere gehad wat hom in diens wil neem. Hy het psigomeyries geslaag, was die fikste by die toets maar hy word nie eens last weet hy het nie integriteitstoets gemaak nie. Ons vermoed hulle dink mens kan nie so eerlik wees nie. So moennie vir my kom sê ons blanke kinders wil nie aansoek doen nie of hulle is bang vir die opleiding nie. Hierdie was ons seun se laaste probeerslag want hy gasn nou oor die ouderdom wees. Nou hy hy die stukke probeer optel in ‘n land wat beweer hy is skelm, onbetroubaar en wie weet wat nog. Maar kyk wie word wel aangestel. Ek sê weer, daar word gediskremineer tensy iemand vir my die teendeel kan bewys.

Anel ·

SAPD LID, nou kom ek vertel vir jou dat ek sê daar word wel gediskrimineer. Laat iemand my verkeerd bewys en bewys dat ons seun nie ‘n uitstekende polisiebeampte sal wees nie. Die vermeetelheid om nie vir hom die uitslae te laat kry van die integriteitstoets nie, nadat daar vir hom gesê is hy is die fikste by die toets. Dat daar gesoek word na mense soos hy. Dat verskeie offisiere met wie hy onderhoude gehad het hom hoop gegee het. Dit was die laaste keer wat hy kon aansoek doen, want hy gaan dan te oud wees. Hy het so uitgesien na die opleiding. So moennie vir my kom vertel daar word nie gediskrimineer nie. En kyk dan na wat word in diens geneem. Bewys my verkeerd.

Judge Dredd ·

Nee – blankes doen nie meer aansoek juis omdat daar voorheen teen hulle gediskrimineer is. – So die polisie het hul eie probleem veroorsaak.

Anel ·

So asseblief, as iemand ons seun kan help om aan te sluit, sal dit so waardeer word.

Ex polisielid ·

Die aansoek word nie eers na jou toe deurverwys nie.vandaar jou reaksie.n tydjie gelede word daar reserviste gesoek. Toe aansoeke die oggend 08h00 oopgaan,is ons meegedeel, dat alle poste reeds gevul was.nie een blanke in geneem. nie.By nadere ondersoek het hulle bevind dat die aansoeke deur sekere lede vroegtydig reeds ingevul was.Die oggend was alle poste gevul.Dus nee hulle is nie lui nie,maar word voordat dat dit by jou uitkom in die vandermerwe file geliasseer.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.