Die voorsitter van die parlement se portefeuljekomitee oor polisie vra Wes-Kaapse matrieks wat belangstel in ʼn loopbaan in wetstoepassing, moet teen Vrydag by hul naaste polisiestasie aansoek doen om by die SAPD aan te sluit.
Matrikulante van dié provinsie wat ʼn bydrae tot hul gemeenskap wil lewer en wil dien om Suid-Afrika veiliger te maak, word aangemoedig om aansoek te doen om opleiding in die polisiediens te ondergaan.
Francois Beukman, voorsitter van die komitee, sê Wes-Kaapse jong mense tussen 18 en 30, wat gr. 12 geslaag het en fiks is, kan gebruik maak van die SAPD se eerste werwingsgeleentheid van 2019.
“Ons kort toegewyde, gemotiveerde en energieke jong mense wat ʼn verskil aan die misdaadsituasie in die land wil maak en deur hul voorbeeld wil lei,” sê Beukman.
Die komitee is heeltemal ten gunste van die SAPD se streng keuring en psigometriese toetse waaraan aansoekers onderwerp word om te verseker dat net die beste kandidate gekies word.
Voornemende polisiebeamptes moet geen bande met misdadige elemente hê nie en die profiel van ʼn wetstoepasser pas.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
32 Kommentare
Streng keuring!?
Wonder ek ook!
Ai, die negatiewe mense in ons land darem.
Nee, kom aan, julle kan ñ verskil maak.
Ons sukkel nou al 10 jaar om aan te sluit. Daar is vir hom gesê dit sal net formaliteit wees want hy is wit en hulle soek witmense. By die fiksheidstoets us daar vir ons gesê hy is die fikste. Maar tog maag hy nie die integriteitstoets nie. Die eerlikste mens wat wat ons ken. Hulle laat weet jou ook nie as jy dit gemaak het nie. Dit is net ‘n manier om die blankes uit te hou. En hulle kan stry soos hulle wil.
Dis ons seun wat sukkel!