Matrieks ‘paniekerig’ toe antwoordstelle tydens wiskunde opraak

wiskunde-03

Argieffoto.

Sommige eksamenlokale het te min antwoordblaaie gehad toe matriekleerders Vrydagoggend hul eerste Wiskunde-vraestel in die Nasionale Senior Sertifikaat (NSS)-eksamen geskryf het.

Marlien van der Westhuizen, navorser by die Skoleondersteuningsentrum (SOS), sê in ʼn verklaring matrikulante het by sommige skole paniekerig geraak toe antwoordblaaie vanoggend opraak. In Pretoria moes onderwysers en leerders aan Hoërskool Zwartkop, Hoërskool Centurion en Hoërskool Uitsig angstig wag vir nog antwoordblaaie om afgelewer te word.

Volgens Johan Koekemoer, hoof van die sentrum se Vakvereniging vir Afrikaanse Wiskunde-onderwysers (VAW), dui dit op swak beplanning van die departement van basiese onderwys.

“Leerders het wel bykomende tyd gekry om die vraestel te voltooi, maar dit plaas steeds onnodig spanning op die leerders wat reeds onder baie druk is om die vraestel te voltooi.

“Aan die ander kant kon leerders ook onregverdig bevoordeel word, deurdat hulle die wagtyd kon benut om vrae uit te werk,” sê Koekemoer.

Ten spyte van die logistieke probleme is die algemene konsensus dat die vraestel wel op ʼn goeie standaard was.

“Die grootste vangplek was by vraag 1.3, want die vraag het buite die kurrikulum geval en daar is onduidelikheid oor hoe die vraag gemerk gaan word,” sê Koekemoer.

Onderwysers by Hoërskool Zwartkop meen dat die gemiddelde leerder dalk sou sukkel om die punte te behaal wat hulle verwag het. Daar was egter genoeg maklike vrae om leerders te help om die vraestel deur te kom.

Danica Strydom, matriekleerling aan dié skool, glo daar was genoeg tyd om die vraestel uit te werk en selfs weer deur die vraestel te gaan. “Dit was ʼn interessante vraestel, maar hulle het gevra wat ek geleer het.”

Vir Alienke Boot was die vraestel moeiliker as dié wat sy tydens haar voorbereiding uitgewerk het.

“Die vraestel was lekker met vrae wat jou baie slim laat voel wanneer jy dit uitwerk, maar nogal dom as jy dit ná die tyd met jou klasmaats bespreek,” sê Elianna de Clerq.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

SoosDitIs ·

Ook net in SA.
Sterkte aan die leerders! Hoop die volgende vraestelle verloop bietjie meer georganiseerd.

Grassie ·

Verwag niks anders nie! Maak julle jaar klaar en gaan na ander land.

Pieter ·

Ag nee man, n mens raak nie somer so paniekerig nie,Joernalis het jy niks noemenswaardig om oor te skryf nie.

Ja Well No Fine ·

@ James – Lesufi jaag tussen Afrikaanse skole rond en Angie worry oor voortplanting in LS……..

Piesang ·

Kom sing almal saam: 1…2…3! “ONS IS ALMAL PIESANGS, PIESANGS, PIESANGS, JA ONS IS ALMAL PIESANGS AAN DIE TROS VAN DIE PIESANGREPUBLIEK YABBA DABBA DOOBA PANGELANG JOEGAAI EISH! eish! e i s h h h h…

Piesang ·

Ek weet die liedjie maak nie sin nie, maar wat doen in elk geval deesdae? PIESANGS, PIESANGSSSSSssss s s s z z z z

HP ·

My kind skryf by een van Pta se skole in die ooste. Die probleem was dat daar te min antwoordboeke was wanneer die kinders vir n tweede boek gevra het.
By ons skool het die dame wat die departement verteenwoordig die kinders uitgehaal omdat hulle waterbottels en lekkergoed gehad het. Sy het van die kinders met diabetes het se “rescue” lekkers geneem. Teen die einde van die ekstra tyd het sy gesê dat die onderwysers moet kyk of die kinders se skryftye reg is, want hulle kan maklik “cheat” op die ekstra tyd wat aan hulle gegee is!

Patch ·

Ek is seker ons kids is by selfde skool. Dit was my terugvoer ook vanmiddag.

Gert ·

Naweek het weer te gou opgedaag vir die geleerdes. In n ander land sal hul die Minister afdank.

Summie ·

Praat hulle nou van Wisk Hoërgraad of Wisk Gelettertheid – daar is mos twee groepe Wisk ?? Artikel is baie Swak geskryf deur die Joernalis !!

Retha ·

Gewone Wiskunde. Wiskunde-angs is vir baie kinders ‘n realiteit. Die onderwysers wat by ons toesig gehou het die situasie baie kalm hanteer.

Elize ·

Uiters swak. Die verantwoordelikes hoort afgedank te word. Hulle het immers n jaar gehad om die beplanning te doen. Of is dit te veel gevra. Kom solidariteit, vat hulle vas.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.