Matriekseksamen begin dán

Argieffoto

Die departement van onderwys het reeds die datums vir vanjaar se Nasionale Senior Sertifikaat- (NSS-)eksamen aangekondig. Vanjaar se eksamen skop op 19 Oktober af en sal tot 26 November voortduur.

Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, sê praktiese vakke soos rekenaartoepassingstegnologie (RTT) en inligtingstegnologie (IT) gaan onderskeidelik 13 en 14 Oktober afgelê word.

“Indien kragonderbrekings eksamenplanne kelder, soos wat verlede jaar die geval was, sal praktiese vakke weer op 27 Oktober geskryf word,” het Motshekga gesê.

Die hereksamens vir verlede jaar se matrieks gaan van 4 Mei tot 11 Junie vanjaar plaasvind. Die uitslae vir hierdie eksamens word dan op 30 Julie bekendgemaak.

Motshekga sê alle godsdienstige organisasies is in rekening gehou met die opstel van die 2020-eksamenroosters om hul godsdienstige vakansies in ag te neem.

Die departement moedig matrieks aan om goed voor te berei vir vanjaar se eksamens. “Ons doen ook weereens ʼn beroep op lede van die publiek om skole te beskerm, veral tydens eksamentyd, wanneer bykomende maatreëls ingestel moet word om ʼn bevorderlike omgewing vir hersiening te skep,” het Motshekga gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Gawie ·

Jaco, as dit maar so was. Ten spyte van die lae standaarde is daar nog steeds ‘n groot klomp kinders wat dit nie maak nie. Laasjaar se resultate is ‘n sprekende voorbeeld.
Maar ek stem saam – daar is ‘n groot klomp wat wel geslaag het, maar wat eintlik niks weet nie.

Frank ·

Nou hoekom knetter dit dan so vir kinders om 60 in Wiskunde te kry? Praat nie eers van 70 nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.