Matriekseun bewusteloos langs treinspoor gevind ná afskeid

Argieffoto

Argieffoto

Die Vrystaatse polisie het ʼn beroep op die publiek gedoen om na vore te kom met inligting nadat ʼn matriekseun bewusteloos met ‘n skedelbreuk langs ʼn treinspoor gevind is nadat hy na ʼn partytjie toe is ná sy matriekafskeid.

Sers. Thabo Litabe, woordvoerder van die polisie, het gesê Zanzi Moruti (21) het Saterdag ná sy matriekafskeid na sy huis in die Moroka-nedersetting in Thaba Nchu gegaan. Hy het daar vir sy ouers gesê hy en sy vriende gaan na ʼn partytjie êrens in Thaba Nchu, maar hy het nie weer huis toe gekom nie.

“Sy ma is die volgende dag na die polisiestasie om hom as vermis aan te meld. Toe sy daar aankom, het die polisie haar ingelig dat ʼn onbekende persoon langs die treinspoor tussen Station View en Thaba Nchu gevind is. Hy was erg aangerand en het skedelbreuk opgedoen,” het Litabe gesê.

Zanzi is na ʼn hospitaal in Thaba Nchu geneem en later na ʼn hospitaal in Bloemfontein oorgeplaas, maar sy toestand is steeds onveranderd.

“Tot op hede het niemand nog na vore gekom met inligting oor die aanval of wat daardie aand gebeur het nie,” het Litabe gesê. Hy het ʼn beroep op die gemeenskap gedoen om die polisie by te staan met hul ondersoek en enige inligting aan kapt. Pogisho Moino by 072 445 5834 mee te deel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Sumari ·

Ag my liewe aarde. Julle worry oor die vervlakste ouderdom. ‘n Persoon is aangerand en dis waaroor julle worry. Gun wonder niemand kan saamstaan nie. Stenig my nou, maar ouderdom het absoluut niks met die berig uit te waai. Hoop die skurke wat dit gedoen het word gou gevang.

Reinhardt ·

Kon dit nie beter gestel het nie. Mense is te gemaklik in hul noordelike voorstede huis en toegang tot daardie lekker Model-C skool. Ek daag almal uit om bietjie te gaan ry in die armer gebiede net om te sien wat die situasie is en dan vir my te se dis nie n wonderwerk dat, ten spuite van sy omstandighede, hy nogsteeds matriek gehaal het nie.

MissDemeanor ·

Die mense met hul galbitter komenrare is die rede waarom ek nie myself ‘n Afrikaner wil noem nie. Hulle gee Afrikaners ‘n slegte naam. Kom ons hoop die jong man word gesond en dat hy matriek sal slaag en ‘n aanwins vir die samelewing kan wees. Hy is 21, hy is jonk, dit sal tragies wees as hy breinskade opgedoen het….

SNEL ·

Hulle kry kry kry net Reinhardt, hulle kry meer as die ander skole en hulle sal nog meer kry, maar wat hulle het vernietig of breek hulle af, brand dit tot stof in die grond en spring dan nog op dit. Mens kan ook seker net soveel keer help.

broos ·

ek is jammer maar dit was my eerste reaksie ook – jy hoort nie in matriek op 21 nie, en my tweede reaksie was dat dit baie beslis nie ‘n seun is nie maar ‘n man……’n man wat van beter moes geweet het

Reinhardt ·

Volgende keer as ek aangerand word gaan ek ook probeer om van beter te weet…

SNEL ·

Ja Broos, ek wonder of dit nie eerder n onderwyser was nie, en hulle miskien n fout gemaak het nie :) 21 in matriek is bietjie erg, maar miskien is skool vir hom lekker.

M ·

Weer eens. Misdaad sien nie kleur raak nie. Wanneer gaan die regering dit besef en dringend aandag daaraan gee en ophou worry oor waar hul volgende 3 gang maal genuttig gaan word.

JWK ·

Ja Broos, Op 21 het ek reeds nasionale diensplig voltooi, n vaste betrekking beklee en huis besit.

Reinhardt ·

Ek neem aan jyt seker in n huis groot geword met kos op die tafel en baie min geweld in jou omgewing.

MissDemeanor ·

Ja JWK, dis mooi hoor. Die lewe is nie so maklik vir almal nie.

Charmaine ·

Ek sien dat meeste van julle praat oor die ouderdom.Wel ek het n seun met Asperger Syndrome, wat dalk ook 21 sal wees as hy matriek gaan wees,agv sy toestand.Sterkte aan die mamma wat oor haar seun moet waak.

Francois le Cochon ·

Ons huishulp (58) het verlede week haar bestuurslisensie gekry. Haar kinders het vir haar ‘n Datsun 1200 bakkie gekoop, en sy het vanoggend met haar bakkiewerk toe gekom. Wat vir ons vanselfsprekend is, is vir ander ongekend.

Elsabe ·

My seun was ook 21 jaar oud in matriek 2 jaar gelede – weens trauma en mishandeling deur sy eie bloedpa wie in die SAPD en weermag was gedurende die apartheid jare en daar leer drink en mag misbruik het, soms onder dwang van offisiere opdragte uitgevoer, geregverdig of ongeregverdig. En ja, dit het jare geneem om hulp te kry en weg te breek uit die huwelik omdat die geregsdienaars en gemeenskapleiers nie op sosiale tone wou trap nie. Weens genade kon hy matrikuleer en het ‘n gemiddeld goeie werk. Ek en die kinders is vandag ‘n hegte gesin, maar kon my seun ten spyte van harde werk en universiteitstoelating nie studeer nie. Die stelsel en samelewing KAN onskuldige mense soms faal wie opstaan uit moeilike omstandighede en steeds vrolik en dankbaar lewe. Kinders en of ander individue het NIE altyd beheer oor ander se keuses nie. Wees versigtig voordat jy oordeel weens ouderdom en velkleur. En ja, ons is blankes! Sterkte aan hierdie ma, ongeag die omstandighede.

Iens ·

Ek kan my verstom oor die ongevoeligheid van mense… die van julle wat teen hierdie man/matriekleerling se ouderdom vaskyk, waar is jul meelewing met ander se hartseer? Dink altyd daaraan, wat as dit my kind was?

Reinhardt ·

Nee jong, dit is die tipe Afrikaners wat ons almal ‘n slegte naam gee. Ek kan net hoop dat daardie mentaliteit sal uitsterf.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.