Matriekseun brand erg: ‘Wonders is besig om te gebeur’

Dian Terblanche. Foto: Verskaf

Dian Terblanche (18) is steeds in ʼn kritieke toestand in die hospitaal nadat hy ernstig beseer is tydens ʼn veldbrand, maar sy ouers meen “wonders is besig om te gebeur”.

Dian, ʼn matriekleerder aan die Hoërskool Reitz, se regterarm is Sondag geamputeer nadat hy verlede Woensdag brandwonde oor 85% van sy liggaam opgedoen het.

Dian en sy pa, Dieter, was besig om ʼn brand te bestry op hul familieplaas in die Reitz-distrik in die Vrystaat toe die vlamme hulle oorval het.

Volgens Dieter het die wind skielik gedraai terwyl hulle besig was om die brand te blus. Dieter het ook brandwonde opgedoen, maar is gister uit die Netcare Milpark-hospitaal in Johannesburg ontslaan.

Dian by sy pa Dieter.

Dian, kaptein van sy skool se eersterugbyspan, word nog in dié hospitaal behandel. “Hy is altyd in God se hande en ons weet Hy beskerm hom,” het Dieter gesê.

Dian se ma, Riana, het gesê die swelling het begin sak en dat Dian Woensdag fisioterapie vir sy longe gekry het. Sy wonde is gisteraand ook weer skoongemaak.

“Hy het bloeddialise gekry om die gifstowwe te verwyder en ʼn vinniger herstel aan te help, waaroor ons ook bly is.”

Riana, ʼn onderwyseres aan Hoërskool Reitz, het almal bedank vir hul gebede. “Ons het stof geskop in die eerste week se oë, nou pak ons week twee aan met Jesus, ons en Dietsie se Verlosser. Ons is nie bang nie, want die enigste God is by ons elke sekonde.”

Hoërskool Reitz het verlede week Donderdag ʼn biddiens vir Dian in die skoolsaal gehou.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Johanna ·

Dian, ek bid vir jou. Mag God jou aanraak, dat jy volkome sal herstel.
Ek dra ook jou ouers en geliefdes aan Hom op, dat Hy almal sal versterk.

Hannelie ·

Sterkte Dian. Jy is ‘n fighter en met God aan jou sy, is enige iets moontlik. Ons almal bid vir jou.

Nadia ·

Alle EER aan GOD!!!! Dian ek is jammer oor alles en jammer oor jou arm. Ek bid vir jou… ek weet makliker gesê as gedaan maar daar is ‘n doel vir alles. Sterkte aan die ouers…

Johnnie ·

Sterkte Dian ons weet die Here doen nog steeds wonderwerk, weet dat julle in baie memse se gebedes is.

Hanna ·

Dian is veilig in God se hande, hierdie tragedie wat hom en sy familie getref het, is ‘n massiewe toets in hul lewens. In God, deur God en vir God is niks on moontlik nie.

Helene Heyns ·

Met sulke pragtige ouers wat so vasstaan in hul geloof kan dit mos net goed gaan met Dian vorentoe. As God met ons is, wie kan teen ons wees. Ek bid en hou saam met julle vas aan ons God van wonderwerke. Sterkte vir jou, Dian sowel as vir jou ouers

Debra White ·

Seuna, ek bid hard vir jou. Wees sterk en hou moed, onse God sal jou volkome gesond maak. Die belangrikste is dat jy LEEF na daardie ongeluk en vir jou famile en vriende gespaar is. Alle sterkte!!

Jannie ·

BAIE sterkte Dian! Spoedige en volkome herstel!! Kyk positief vooruit…….VADER kan en sal jou positief gebruik….wat ookal die toekoms inhou!!!!!

Verstaan nie ·

Aai,kon hul maar nie sy arm red? Hoekom ampiteer as hy net 85%brandwonde opgedoen het? Dit maak nie sin. Verstaan nie. Baie sterkte kind en aan die familie

Ranonkel ·

Nee jy verstaan duidelik nie hoe erg 85% brandwonde is nie. Pippie Kruger het 80% brandwonde gehad en as jy van haar geval weet, sal jy besef hoe verskriklik erg dit is.

Baie sterkte aan die hele familie.

.. ·

Daar was baie swelling, wat die bloedtoevoer na sy ledemate belemmer het, veral na sy regter arm.

T ·

Wat ‘n pragtige seun. Mag die Here hom versterk met die “amputasie pad” wat nou voorlê en mag hy spoedig weer op die been wees.

Bella ·

Jesus is ons groot Geneesheer. In die Naam van Jesus Christus ons enigste Verlosser sal jy gesond word. Amen

Gesiggie ·

Amen… en Dankie Jesus vir n wonderwerk in Dian se lewe.. mag hy gou herstel

petro ·

Shjoe dit raak my erg! My seun is ook 18 en in matriek en lief vir rugby.
Ek stem saam, jy het sulke goeie en gelowige ouers wat jou bystaan. Jy sal hieruit uistyg en bo kom. Net vasbyt. Daar is baie mense wat vir jou en jou familie bid.

jennefer ·

Intussen veg boere voort teen brandstigters, nog n uitdaging op n alreeds moeilike pad.

Devill ·

Baie jammer om van jou arm te hoor. Ek is seker jy kry van die beste behandeling wat daar is.
Ek dra alle eer vir jou herstel op na die dokters , verpleegsters en spesialiste wat na jou omsien. Ek dra eer op aan ons voorouers wat moderne mediese sorg vir ons moontlik gemaak het sodat jy nie hoef te sterf agv jou ernstige beserings nie. Ek dra alle eer op aan moderne Wetenskap!
Daar is ook volop “wonderwerk herstel” stories vanuit Moslem lande wat nie Christene is nie.
Ek hoop net die beste vir jou voorentoe!

Hallelujah ·

Lig ons hande na bo en sing Hallelujah gee eer aan hom Hallelujah. God dankie net dankie oor en oor en oor. Dankie dat Dian gesond word – dankie dankie dankie. Dankie net dankie God.

Hannes Rautenbach ·

Dit het my gebeur presies 32 jaar terug ook ekt 43% brandvonde opgedoen op n plaas waar dit gebrand het.Zuid Afrikaans Hospitaal was puik ekt geen vel oorplantings gehad nie.Dian vasbyt boeta dus baie seer en ek bid vir jou my vriend,pappa en mamma sterkte vir julle.Hy moet baie grape /druiwe sap probeer drink dit help met bloedselletjies om een of ander rede.Pas hom mooi op glo my hy het julle baie nodig.Sal hom graag wil besoek.

Se net ·

Dink aan die ouers en bid die seun. Men’s get eintlik Nie woorde Nie. Maar God hey n plan en Sy plan is n goeie plan.

Zelda ·

Alle eer aan God wat al die mense (drs… verpleegsters en spesialiste) die kennis gegee het om dit te kan doen wat hul.doen. Alle eer aan God wat ons voorvaarders met die regte kennis geseën het om moderne mediese sorg moontlik kon maak. En dankie Here dat U moslems ook liefhet en wonders vir hul doen. Dit bewys net weer dat U ALMAL liefhet.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.