Matriekseun droom van fiets, veilige blyplek

Waar daar ’n wil is … ’n Skrander Kaapse matrikulant berei in dié plakkershut voor op sy matriekeksamen. Foto: Verskaf

Terwyl duisende matrieks by elektriese lig vir hul eindeksamen leer in die geborgenheid van ʼn veilige ouerhuis, moet ʼn skrander Kaapse matrikulant sien kom klaar sonder krag en water in ʼn plakkershut langs die pad.

Die organisasie Helpende Hand sê hulle wil dié matriekseun, wat verkies om naamloos te bly, met tydelike verblyf help sodat hy sy volle aandag aan sy studie en eksamen kan wy.

“Terwyl hierdie uitblinker-kind matriek skryf, wil ons graag toesien dat hy elke dag ʼn bord kos kry,” sê Alisha de Lange, Wes-Kaapse streeksorganiseerder van Helpende Hand. “Hierdie seun is in die leerlingraad van sy skool en vaar bogemiddeld goed ten spyte van sy omstandighede.”

Sy vra die verblyf moet naby die Cape Gate-sentrum in Kraaifontein wees sodat hy skool toe kan stap of fietsry. “Ons wil hom ook graag van ʼn fiets voorsien om makliker by sy eksamenlokaal uit te kom.”

De Lange sê die seun droom daarvan om bo sy omstandighede uit te styg. “Hy bring sy kant reeds in elke opsig. Help ons asseblief om hom te help,” vra sy.

Sy vra enigeen wat kan help met verblyf of ʼn fiets, moet haar by 082 923 1438 bel of e-pos na [email protected] stuur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Hartseer ·

Hy verdien hulp want hy bring sy kant. Hoop dit gaan goed met hom in die eksamens. Hou ons op hoogte

Daniel ·

Ek het 1 keer vir Helpende Hande gaan bystaan om ‘n extra bungalow in ‘n wit plakkerskamp op te rig. Dit het my opgeval dat daar tekens van groot drankgebruik in elke plakkershuisie was (ek het in meeste van hulle ingegaan). Wat my ook opgeval het is dat amper almal in die plakkerskamp gerook het.
Nou wonder ek maar net: is dit NET regstellende aksie se skuld dat wit mense in plakkerskampe beland, of speel die feit dat hulle weier om te leer dat drank en sigarette totaal onnodige uitgawes vir arm mense is, ook ‘n rol?

Se maar net 1 ·

Arm mense maak dom besluite, nie omdat hul dom is nie. Maar omdat ‘n mens nie rasioneel kan dink as jy onder sruk of spanning verkeer nie.
Dis maar my mening

B ·

Dit gaan heel moontlik oor ontvlugting / moedeloosheid ?
‘n Tydelike’ vergeet’?

Anoniem ·

Terwyl julle so hulpvaardig is help sommer die wit kinders in die plakkerskamp in Randfontein en die behoeftiges in Danville asook ander plekke in die land. Deesdae word daar net gekonsentreer op swart kindertjies. Dit is n skande dat almal so aangaan. Help jou eie dan steek jy jou hand uit vir ander.

Pixie ·

Hy is wit, daar is n foto van hom op Facebook waar hulle net sy gesig uitblur.

Snowball ·

Skokkende kommentaar!! Die dag as jy verby ‘n kind en ‘n weerlose in mood kan verbystap sonder gevoel, het jou hart ‘n stuk klip geword.

Johan H. ·

Danien ! Ek het lankal daaie les geleer. Ek help net die paddas wat in my pot swem, dit is ons behoud,,,,,

Harmony ·

Wat maak dit saak of dit n wit of n swart of n groen kind is. Enige kind wat in sulke omstandighede steeds die wil, moed en deursettingsvermoe het om die matriekeksamen aan te pak, en in sy toekoms te glo, verdien hulp.

Jem ·

Ongeag van die person se ras of kleur verdien hy alle hulp. Hy is gewillig. Ek dra home op in my gebede.

Anita (die eerste) ·

Kinders met potensiaal én uiters aangename geaardhede is tussen ons.
En dan is daar net nie genoeg om vir ‘n kind bv. ‘n nuwe paar skoene wat behoorlik pas te laat kry nie. Vir so ‘n kind sê mens later: “loop kaalvoet”, want as laerskoolkind was ek nie baie lief vir skoene dra nie.
Maar die skoene is maar net een van die items wat kort.
En dan is daar kinders wie se ouers tot vermorstens toe hul kinders instop met: geld, klere, (deesdae Westerse handelsname wat helaas onder lisensie in China en Indië gemaak word), fone, speelgoed en ander spoggoed.
Dis met ontsetting wat mens sien waarmee kinders deur gehoorsame ouers deesdae bykans omgekoop word om tog net vir ‘n rukkie tevrede te wees.
Nodeloos om te sê: sommige van hierdie bedorwe brokke is uiters onaangename kinders en uiteindelik onsmaaklike volwassenes.
‘n Kind wat hard werk en werklik weet dat geld nie aan bome (ouers se rûe) groei nie, sal waarskynlik aangename en dankbare volwassenes wees.
Voorspoed aan almal wat harder moet probeer en alle hulp en bystand uiteindelik waarlik waardeer!

Wikus ·

Ek lees die berig en kry n knop in my keel oor hoe die arme kind moet sukkel. Nie vir een oomblik het ek gedink watter ras hy is nie, net oor die arme kind.
Meer heelaas, toe moet ek die kommentaar lees. Toe moet ek weer besef watter slegste mense tussen ons Afrikaners is. Dis dieselfde klomp wat Afriforum, Angus en Steve ondersteun. Dis dieselfde klomp wat veroorsaak dat niemand anders in die wereld n duit voel vir wat met ons Afrikaners gebeur nie. En dit is die gehalte Afrikaner wat Maroela na sy webtuiste lok

Grassie ·

Wikus – as ons hier so ‘n vrot spul is waarom verkas jy nie? Jy sal tog nie tuis voel hier nie. Daar is ander webblaaie wat jou met ope arms sal verwelkom.

madels ·

Ek sou hom enige tyd ingeneem het as hy in Pta wou kom bly

MEYER ·

Ek lees die berig met knop in die keel. Dit laat my 100% terug dink aan my kinderdae. Baie gaan honger slaap. Baie gaan koud slaap. Eers in std 6 my eerste paar skoene gekry. Tweedehands. Maar dit kon my nie onderkry nie. Ek het ook die wil gehad om bo my omstandighede uit te styg. Vandag is ek oor niks van daai sukkel spyt nie. Dit het my baie lesse geleer. Die belangrikste les was om te waardeur wat ek nou besit en bereik het.

Anita (die eerste) ·

Net vir bietjie perspektief – aangesien onderlinge karnuffeling plaasvind:
Die deursnee Afrikaner is bekend vir hul empatie en die feit dat hulp baie geredelik verleen word.
Vra maar bietjie rond onder buitelanders wat hier woon, mense wat baie gereis het en/of oorsee gewoon het én lees maar in nie-fiksie boeke daaromtrent.
En boonop was en is daardie hulp nogal sonder aansien van ras voordat dit mode of ‘n skuldkompleks geword het.
Hierdie sg. slegte Afrikaners is dalk salig dik vir die vernis van skuldkompleks en ander modes.
En net vir die rekord: is daar nie bemiddeldes onder ander rasgroepe in hierdie land nie? Beoog hulle om by te dra sonder om ras in ag te neem in gevalle waar die (slegte) Afrikaners blykbaar eerste hande in die sak moet steek?
Hoe lyk dit in die praktyk? Die (slegte) Afrikaners se reputasie is dat hulle deernis het. En eintlik té goedertrou is terwyl ander heerlik terugsit en op hul rûe ry.

Hartseer ·

Gaan lees weer die verhaal van die barmhartige Samaritaan, sy stand en herkoms moes hom eintlik verhoed het om te help, maar gelukkig het net sy oorweldigende jammerte die oorhand gehad en het hy nie twee keer gedink om die vernielde reisiger te hulp te snel nie. Hierdie hele gesprek oor wie jy as Afrikaner moet help en wie nie, en of jy geregverdig redeneer dat jou hulp op grond van Afrikanerskap/ ras weerhou moet word is kleingeestig, absurd en belaglik. Empatie en naasteliefde asook die tragiese afwesigheid daarvan is universeel, en nie beperk tot ‘n nasie nie. Dis menseharte wat die verskil maak in iemand se lewe, nie velkleur, ras of nasionaliteit nie.

E.K. die eerste ·

Maroela en Helpende Hand/Afriforum. Dis soms vrrekmoeilik vir ons wat ver bly om so persoon te help. Kan julle nie maar weer ‘n sms storie doen dat mens ‘n woord kan sms en dan sodoende R10/R20 of watookal skenk vir die kind vir hulp nie? Mens sou ook graag wil hê dat hy vir verder as net nou gehelp word? Ek hoop regtig jul lees die en reageer met ‘n nuwe berig hoe mens kan help. ALmal kan ook nie altyd ‘n bedrag skenk maar om ‘n sms of twee te stuur en so by te dra is in amper elkeen se vermoë. Asb laat weet ons!!

Odette Van Rensburg ·

Eerstens het die vorige vrywilligers van helpende hand en bestuur die kind gehelp sonder om pic te plaas of dit in social media te sit! Tweedens is dit baie unprofessional om hierdie situasie te gebruik om lede te verf! Hoeveel van nuwe lede geld wat nou aan sluit sal aan die kind oor betaal word? Was dit nodig om op social media hierdie berig te plaas? Dalk moet nuwe bestuur van helpende hand gaan leer hoe die ou bestuur gewerk het om mense te help sonder om dit op social media te plaas, sulke omstandighede te gebruik om lede te verf, en om die kind se privaatheid te beskerm!!!!

Odette Van Rensburg ·

Die vorige vrywilligers en bestuur van helpende hand het die kind gehelp sonder om pic te plaas of dit in social media te sit! Hoeveel van nuwe lede geld wat nou aan sluit sal aan die kind oor betaal word? Was dit nodig om op social media hierdie berig te plaas? Dalk moet nuwe bestuur van helpende hand gaan leer hoe die ou bestuur gewerk het om mense te help sonder om dit op social media te plaas, sulke omstandighede te gebruik om lede te verf, en om die kind se privaatheid te beskerm!!!!

Glouda ·

Kan nie glo niemand het nog die kind ingevat nie! In watter skool is hy?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.