Matriekseun huis toe maande ná fratsongeluk

JG Oosthuizen. Foto: Facebook

JG Oosthuizen. Foto: Facebook

JG Oosthuizen, die 18-jarige leerder van Johannesburg wat verlam gelaat is ná ʼn fratsongeluk in die see by Mosselbaai in Januarie vanjaar, gaan Vrydag ná meer as vier maande in ʼn rehabilitasiesentrum uiteindelik huis toe.

JG se familie het die aankondiging op ʼn Facebook-blad gemaak wat ter ondersteuning vir hom opgestel is. “Ons sal JG vanmiddag by Riverfield gaan haal. Dit is soos ʼn mini-trekkery met sleepwaentjies en ʼn paar motors om al sy goed weer by die huis te kry. Dit was ʼn lang vier maande,” het Ezeth, JG se ma, op die blad gesê.

“Ons sien uit na die volgende fase van JG se herstel. Ons weet daar sal nuwe uitdagings wees, maar ons weet ook JG is ʼn absolute kampioen. Saam kan ons enige uitdagings oorkom.”

Maroela Media het vroeër berig JG het sy rugstring ernstig beseer nadat hy in ʼn golf in die see ingeduik en vermoedelik ʼn sandbank getref het. Hy is as ʼn C5-kwadrupleeg geklassifiseer en het van sy skouers af ondertoe min of geen gevoel nie.

Hy sou in 2016 met sy matriekjaar by Hoërskool Linden begin het.

JG is maande lank in die Life Rivierfield Lodge behandel waar hy vaardighede moes aanleer soos om sy nekspiere te gebruik om op ʼn skootrekenaar te tik en sy gemotoriseerde rolstoel te beheer.

Hy is self baie opgewonde om terug by die huis te wees en het op Facebook gesê hy tel die minute af tot die span opdaag wat sy goed sal help pak en hom huis toe neem. “Riverfield was goed vir my en veral die laaste week het ek nogal goeie vordering met my herstel en aanpassing gemaak, maar ek is so gereed om huis toe te gaan en tussen al my mense te wees. Dink net, vanaand is ek by die huis en my pelle net om die draai!”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Paul ·

Sterkte.

Dit is egter sekerlik nie ‘n “fratsongeluk” nie? Om in iets vas te duik onder water is een van die meer algemene maniere waarop mense, veral jong mans, hul nekwerwels breek. Om dit ‘n “fratsongeluk” te noem, skep die indruk dat dit baie vreemd is dat iemand ernstig beseer word in so geval.

SkarrelKind ·

Paul – ons ken nie die omstandighede van presies hoe dit gebeur het nie? So ons kan ook nie daaroor spekuleer nie?

Gesiggie ·

Wow… welcome home JG, mag jy sommer baie vreugde ervaar…. en mag God jou help om elke dag stap vir stap meer genesing te ervaar… baie bly dat jy nou weer tuis kan wees, tussen jou familie en vriende… als wat mooi is.

neelsie ·

JG jy is n vasbyter!
Sterkte.
By God is daar nie onmoontlikhede nie.

chris ·

JG, ek kry sommer ‘n knop in my keel. Baie sterkte en glo dat die Here elke oomblik met jou sal wees . Moenie tou op gooi nie die Here doen nog steeds wonderweerke . Bly net glo !!

Hannelie ·

Welkom tuis JG. Alle sterkte vorentoe en onthou God is elke oomblik met jou, Hy sal jou dra deur al die moeilike tye wat voorlê. Bly vir sy ouers se part.

Daleen Beneckhe ·

Baie sterkte! Ons seun is ook C5 kwadropleeg na Hy Sy nek gebreek het met rugby in 2014. Daar is hoop, Ons hoop om binnekort met stamsel behandeling te begin! Sou die behandeling suksevol wees Sal Ons graag wil kontak maak met die familie. Ons seun se naam is Dyllan Beneckhe. Moet nie opgee, die tyd vorentoe gaan hard en moeilik wees maar vertrou en glo!

Johann ·

So vinnig as wat ek en n paar ander op die platvorm is om te kritiseer en kommentaar en en en….hoop eks die eerste van BAIE wat kan getuig van die kragvolle werk van ons Vader om vêr verby bloot gesond word te dink of doen. In SY hande lê genesing; nie net gesond word. Wie beter om te vra om reg te maak wat seer gekry het as díe een wat jou bedink het lank voor jy mens was. Genesing en herstel is wat ons gesin vir jou toebid. Amen

Peter ·

Almal het bystand van mense nodig.Wat n lekker gevoel om te sien mense gee om.Dit is net waar wat die WOORD se’ “Die wat omgee vir ander sal self in tye van nood bystand ontvang”.
STERKTE.

Rehab ·

Alle sterkte, met God in jou & aan jou Sy, is enige iets moontlik. Amen

Bernard ·

Sterkte JG! As jy ooit by Matieland wil kom swot, ons het ‘n ongelooflike groep studente met gestremdhede hier wat mekaar ondersteun. Gaan loer na ons organisasie – – > dismaties.co.za

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.