Matriekseun se dood ‘laat groot leemte’

Jacques de Jonge. Foto: Facebook.

Jacques de Jonge. Foto: Facebook.

Jacques de Jonge (17), ʼn kranige sportster en matriekleerling aan die Hoër Tegniese Skool Rustenburg, is Dinsdagoggend in ʼn motorfietsongeluk dood op pad skool toe.

Weyland Bothma, stasiebestuurder van Trauma Rescue wie se nooddienste op die botsing gereageer het, het Woensdag aan Maroela Media gesê die voorval het omstreeks 06:30 by die kruising van pres. Mbekiweg en Von Wiellighstraat plaasgevind.

“ʼn Skolier op sy motorfiets en ʼn bakkie was in die kruising in ʼn botsing betrokke,” het Bothma gesê. “Die seun is van sy motorfiets afgestamp en het ʼn kopbesering opgedoen. ʼn Motoris het hom te hulp gesnel, maar kon geen pols kry toe sy daarvoor gevoel het nie. Toe paramedici by die toneel opdaag het hulle ook vergeefs vir ʼn pols gevoel en hom dood verklaar. Die bakkie se bestuurder is ongedeerd.”

HTS RTB " Die Leeus". Foto: Facebook

HTS RTB ” Die Leeus”. Foto: Facebook

Maj. Pelonomi Makau, provinsiale polisiewoordvoerder van Noordwes, het aan Maroela Media gesê ʼn voorlopige ondersoek dui daarop dat die bakkie die motorfiets getref het toe dit regs by die kruising wou draai terwyl die seun reguit wou ry.

“Die verkeerslig was groen en albei voertuie was reeds in die kruising toe die bakkie met sy voorkant die motorfiets getref het,” het Makau gesê.

Sy het gesê daar het ná die ongeluk glo ʼn onderonsie tussen die bestuurder van die bakkie en ʼn familielid van die seun uitgebreek.

Die polisie ondersoek ʼn saak van strafbare manslag. Die bestuurder van die bakkie het ook ʼn aanrandingsaak teen die familielid aanhangig gemaak.

Gert Coetzer, hoof van die Hoër Tegniese Skool Rustenburg, het aan Maroela Media gesê Jacques se afsterwe laat ʼn groot leemte.

“Hy was kranige sportster en het uitgeblink in atletiek, rugby en krieket. Hy het vir die skool se eerstespan rugby en krieket gespeel,” het Coetzer gesê.

Hy het Jacques beskryf as ʼn aangename en lewenslustige jong man wat by alles betrokke wou wees. Die skool het Dinsdag verskeie beraders beskikbaar gehad om Jacques se spanmaats, vriende en ander skoliere by te staan.

Die begrafnisreëlings is nog nie bekend nie. “Ons sou Vrydag ʼn sportdag gehou het,” het Coetzer gesê, “maar het dit voorlopig uitgestel totdat ons weet wanneer hy te ruste gelê gaan word sodat sy skoolmaats die gedenkdiens kan bywoon.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Rina Coetzer ·

Baie sterkte aan die ouers, familie en vriende, dis so tragies om so ‘n pragtige jong man te verloor
Net ‘n regstelling die hoof van Tegnies is Gert Coetzer

Landi Slatter ·

Dagsê Rina,

Baie dankie ons het die berig gewysig.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

Louise ·

Baie sterkte aan hierdie familie. God sal self julle trane afdroog, God sal self julle hart genees.

Elinette ·

RIV, jong man. Vrede, genade en simpatie aan die ouers, grootouers, sibbe, familie en vriende.

Eergister is my broerskind ernstig beseer in ‘n motorfietsongeluk – ongelukkig, soos ek verstaan, was dit sy skuld. Aan almal wat hier lees: daar is ‘n rede hoekom ek dit noem. Op 22 jarige ouderdom is my eens-lewenslustige broerskind nou ‘n gestremde: hy het beide se bene verloor in die ongeluk. Hy is nog in ‘n koma, maar het gelukkig geen breinskade opgedoen nie – net harsingskudding van die val.

Bestuurders – ALLE bestuurders – moet mekaar in ag neem. As hierdie bestuurder van die bakkie dalk net sy observasies gedoen het voor hy oor die kruising gegaan het, het die noodlottige ongeluk nooit gebeur nie.

Weer eens, sterkte aan al die naasbestaandes en vriende.

Michelle ·

Net nog ietsie, die pragtige seun is Dinsdag oggend 19 Januarie 2016 oorlede.
Sterkte aan die famielie en vriende. Aan Jacques se ma: Ons het u hartseer en pyn sien uitstort gister oggend, ‘n ouer is nie veronderstel om hul kinders te begrawe nie, maar God kyk nou baie mooi na hom en hy IS ‘n groot aanwins daar in die hemel. Mag God julle styf vashou in hierdie moeilike tyd.

Landi Slatter ·

Dagsê Michelle

Dankie dat jy dit onder ons aandag gebring het, dit was inderdaad Dinsdagoggend. Ons het die berig gewysig.

Groete
Landi nms Maroela Media

Estelle Behr ·

Aan die familie van Jacques: Baie sterkte en mag God julle dra in hierdie tyd van hartseer.

RITA ·

My hart pyn as ek sulke berigte lees. Sterkte vir julle almal wat hierby betrokke is. Mag God julle dra deur die tyd. Aan die seun wat sy bene verloor het…….. ons bid vir jou.

Danel Casey ·

Sterkte aan die ouers.Dit is seer verby!! My seun op 19 jaar verloor. Hy ook op motorfiets, Besope vrou in hom vas gery. Dis seer. Net Jesus se genade kan hierdie ouers deur dra. Ek bid vir julle. Sterkte uit my hart.

elize ·

Sterkte aan ouers.My seun op 16jaar verloor ook met n motorfiets en hy was ook skoolgande by Tegnies Hoërskool in Rustenburg.Dis n baie seer seer.Jesus sal julle hierdeur trek glo en vertrou.

Michelle ·

Sus, ek stem saam met jou dat kinder soms onverskillig kan wees op hul motorfietse, maar die arme kind het voorrang gehad en hy moes te naby gewees het vir iemand om voor hom in te draai, hy het die bakkie aan die voorste deel getref, soos ek dit sien moes die drywer gewag het sodat die seun moes ry. Ek en my man het self virmlank met ‘n lae motor rondgery en meeste mense met groot voertuie het nie gesag vir die klein voertuie nie, daarwas voor ons ingedruk, ons was soms sommer amper van die pad afgedruk omdat mense met groter karre eerste wil ry en wil domineer. Nou dat ons weer met ons groot motor rondry is daar nie sulke probleme nie. Ek praat uit ondervinding en voel baie sleg oor hierdie kind se afsterwe, dit kon totaal en al voorkom word. Jammer vir die, maar wat reg is, is reg en wat verkeerd is, is verkeerd.

Michelle ·

Jammer vir al die spelfoute, het vreeslik vinnig getik. Weereens, skiesie.

meisie wagner ·

Wil net vir jaques se ouers se bja jammer oor die wreede dood. my seun ry ook motorfiets en ek ys as ek sien hoe die motorriste bestuur hulle voel niks vir mense op motorfietse nie.sterkte mense God sal julle deur dra in julle hartseer,wees sterk ons dink aan julle en julle familie

petro ·

Geen woorde kan verligting bring as jou kind op so ‘n manier weggeruk word nie. Dis ondenkbaar dat die bestuurder van die bakkie nog so arrogant kan wees om ‘n aanrandingsklag te le nie. Dis alreeds a.g.v. onoplettendheid en arrogansie dat sulke ongelukke gebeur. Sterkte aan Jacques se gesin. Ons bid vir julle.

Hein Botha ·

Julle sê hy is Dinsdag oggend oorlede, maar die beraders is al Maandag beskikbaar gestel vir die kinders?

Mariné Lourens ·

Dagsê Hein

Ons vra om verskoning vir die oorsig. Die berig is gewysig.

Groete
Mariné
nms Maroela Media

Angelo Nelson ·

Jacques de jonge.. Ons vriend.. Ons broer.. Gan jou baie mis en jy sal nooit vergeet word nie… Jy sal altyd onthou word as die legend… Sterkte aan al sy familie lede en vriende, wil ook se baie sterkte vir sy ouers en sy 2 broers as ook sy sister.. God is met julle

Jolandi De Witt ·

Liza, Cobus, kinders,oom Hannes,Tannie Corrie en Tannie Ousus, baie jammer om te hoor van julle groot verlies. Mag die Here julle styf vashou deur hierdie moeilike tyd. Julle is in ons gedagtes en gebede. Jacques, rus in vrede,ons sal jou altyd onthou met jou mooi blou oe en pragtige glimlag.

Michelle collen ·

Baie jammer vir die familie! Mag God julle dra in hierdie hartseer tyd!!

Schalk ·

Al my simpatie aan die ouers en familie van die jong man. Ek sukkel om die woord ongeluk te verstaan. Was daar nie n skuldige persoon in hierdie botsing nie? Indien wel, hoe kan dit dan n ongeluk wees? Ongeluk beteken vir my jy was ongelukkig. Dit is bitter jammer dat die jongman sy lewe verloor het in die botsing.

engelmamma ·

Rus sag by Jesus se voete Jongman….my innige simpatie en meegevoel aan die ouers,familie,vriende mede-leerders,onderwysers en almal betrokke hierby….dis seerder as seer….ek weet!!ons lieflingseun ook op 18 verloor in motorfietsongeluk by die skool….maar wees verseker van almal se voorbidding en God se groot genade wat julle elke tree gaan dra…..sterkte,rede en berusting bid ons julle toe….

Maronica ·

Baie jammer oor te hoor, dus verskriklik, ek het my man en seun in n ongeluk verloor die 11 de Desember…… Vir my is dit nog baie seer en weet nie hoe ek daaroor gaan kom nie…… Baie sterkte aan die famielie…..

Hannelie ·

Ai my hart van vooraf seer as ek die ander ouers se seer lees dat hul ook ‘n kind of man verloor het in ongeluk. My meisiekind was self verlede jaar matriek en ons het vir haar ‘n poegie in Graad 11 gekoop. Mense voel ‘n veer vir iemand op ‘n motorfiets. Kyk daar is motorfietsryers wat die Wet veronagsaam, MAAR ek self gesien hoe motor ryers dink die hele pad behoort aan hulle. Hulle sal kanse waag en so naby aan ‘n motorfietsryer ry net om ‘n punt te bewys. “n Simpel vrou hier in Worcester het dit met my meisiekind gedoen so op haar gery dat my meisiekind skoon bang geword het.
My innige simpatie aan Jacques se familie. Dis seer om ‘n kind te verloor, ek het dit by my ouers gesien toe my broer in ongeluk oorlede is. Dit gaan tyd vat, maar God is daar. Baie sterkte.

Mariaan ·

Vir julle pragtige seun en boetie is daar net mooi herinneringe in jul harte, koester dit ..en hou vas daaraan..niemand sal sy plekkie inneem nie..mag ons Hemelse Vader met julle wees..sterkte..liefde van M&M..xx

Ns: Skuldige partye sal altyd “blame-shifting” doen…verwys na die onverantwoordelike bestuurder..!!

Jessica ·

Baie sterkte aan Jacques se ma en die res van die familie..Ek was saam hom op Laerskool…Baie pragtige kind ..Mag ons Hemelse Vader sy familie styf vashou

Estelle ·

Wat het vandag gebeur met die saak tussen die bestuurder en Jacques se broer? Opvolg?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.