Matriekslaagsyfer daal

Angie Motshekga. Foto: DOC

Angie Motshekga. Foto: DOC

Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, het Maandag tydens ʼn mediakonferensie aangekondig dat die matriekslaagsyfer vir 2014 laer is as in 2013.

Die nasionale slaagsyfer vir 2014 is 75,8% in vergelyking met 2013 se 78,2%. Die matriekeksamen van 2014 was die eerste volgens die nuwe kurrikulum en assesseringsbeleidsverklaring (Caps). “2014 was ‘n waterskeidingsjaar omdat dit die eerste groep was wat Caps geskryf het. Die departement gaan ‘n groter moniteringsrol hê om te verseker leer en onderrig vind plaas. Te veel kinders is in die strate voor skole veronderstel is om te sluit,” het Motshekga gesê.

Altesame 688 660 kandidate het die matriekeksamen afgelê waarvan 550 127 heeltyds en 138 533 deeltyds was.

Paddy Padayachee, waarnemende direkteur-generaal van onderwys, het by mediakonferensie gesê dat 16 skole in 2014 ʼn 0% slaagsyfer behaal het.

Onderskeidelik 68 en 58 kwintiel 1- en 2-skole (heel armste skole) het ʼn slaagsyfer van tussen 0% en 19,9% behaal. 292 skole het ʼn 100% slaagsyfer behaal.

Leerlinge se prestasie in wiskunde en fisiese wetenskappe laat egter veel te wense oor. In wiskunde het 120 523 kandidate meer as 30% behaal, met net 79 050 matrieks wat bo 40% gekry het.

In fisiese wetenskappe het 103 348 kandidate meer as 30% gekry en net 62 032 bo 40%.

Heelwat minder kandidate het onderskeidings gekry – wiskunde (7216), fisiese wetenskappe (5513), wiskundige geletterdheid (7387), geskiedenis (4774), rekeningskunde (6235) en lewenswetenskappe (9516).

Klik hier vir die matriekuitslae.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

cjm ·

Laer slaagsyfer nie noodwendig ‘n ramp nie. Dit gee darem ‘n bietjie geloofwaardigheid aan die stelsel in die sin dat dit varieer. Die beheptheid met slaagsyfers maak my in elk geval lam. Die standaard is tog wat op die ou end saak maak.

Judy ·

My dogter het 2014 matriek geskryf. Vrae in die vraestelle wat nie eens in die jaar behandel of in die handboek is nie. Die kinders het agterna met die onderwysers daaroor gepraat. Die onderwysers het nie eens die antwoorde gehad nie want dit was nie eens van toepassing in die vak nie nie. Nou vra ek jou??? Ken die idioot wat die vraestel opgestel het die antwoord??? Geen wonder die slaag syfer is so laag nie.

Verseker ·

Judy, ek hoor jou! As mens net kyk na die swak gehalte van die handboeke, en ANAs (beide deurspek met spel-, taal- en optelfoute) van die meeste vakke, dan glo ek geen assessering kan meer ‘n ware weerspieëling van die kandidate se vermoëns wees nie…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.