Matriekslaagsyfer hoër as vorige jaar

Minister Motshekga tydens die bekendmaking van die uitslae. Foto: Twitter

Minister Motshekga tydens die bekendmaking van die uitslae. Foto: Twitter

Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, het Woensdagaand tydens ʼn mediakonferensie aangekondig die matriekslaagsyfer vir 2016 is hoër as in 2015.

Die nasionale slaagsyfer vir 2016 is 72,5%, vergeleke met 2015 se 70,7%. In 2014 was dit 75,8%.

Die 2016-eksamen was die derde keer wat leerders volgens die nuwe kurrikulum en assesseringsbeleidsverklaring (Caps) die matriekeksamen afgelê het.

Volgens Motshekga het meer as 820 000 leerders vir die eksamen geregistreer, waaronder meer as 670 000 voltydse kandidate. Dit is die meeste matrikulante wat sedert 1994 vir die eksamen ingeskryf het.

Die provinsies se slaagsyfer sien soos volg daarna uit:

Oos-Kaap: 59,3%
KwaZulu-Natal: 66,4%
Limpopo: 62,5%
Noord-Kaap: 78,7%
Mpumalanga: 77,1%
Noordwes: 82,5%
Vrystaat: 88,6%
Gauteng: 85,1%
Wes-Kaap: 85,9%

Altesaam 158 160 onderskeidings is behaal.

Matrieks kan van Donderdagoggend 06:00 af hul uitslae aanlyn, in koerante of by skole kry. Die uitslae sal hier op Maroela Media beskikbaar wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Jan ·

Hahaha… hahaha…haaaa,hahaha whaaaaahahaha. wat ‘n sirkus, wat ‘n absolute sirkus. Skouerkloppe, skouerkloppe, whaaaahahaha, arme kinders.

Lou ·

Hi Jan, Ek sien nou nie ‘n rede om te lag nie. Ek hoop jy bedoel dit anders?

PMB ·

Die arme kinders weet nie wat vir hulle wag nie. Kinders se punte is aangepas om die 2016 se slaag syfer the verbeter op 2015? Hulle is besig om nog probleme vir die toekoms te skep. Hulle het geen idee wat hulle doen nie.

Lol ·

Dit is hoekom daar betoog word by universiteite want hulle maak dit nie

Johann ·

Die ANC onderwysdepartement is besig om ‘n nuwe apartheid te skep, die keer nie kleur nie. Ek kry die kinders oneindig jammer wat in die hande van sulke mense is. Glo my, die dag as hulle kwaad word gaan ’76 ‘n fulletjie wees. In effek sien ons die effek al reeds by die universiteite.

maureen cronje ·

Punte word nog al die jare aangepas, maar is net nog nooit bekend gemaak nie

Gideon ·

Ek wens die ou minister kon die werklike punte gee!! Dit is nou van elke liewe vak voor die mahalla punte!! Ek glo dit sou lagwekkend wees!!

Jan ·

Baie, baie lank terug het die werklike TOP presteerders so 3, miskien 4, onderkeidings gekry. Nou is 7,8,9 onderskeiding die norm. My vraag is dit: Het die kinders so slim geword of is die standaard net so laag?

Ek sien gereeld aansoekers wat onderskeidings in Afrikaans en Engels het. Hulle kan nie eens spel nie! Nou hoe nou? Ook die met onderskeidings in Wiskunde en Skeikunde. Baie gebruik ‘n sakrekenaar om ‘n getal met (10) te vermenigvuldig of deel en om twee basiese getalle by mekaar te tel of af te trek. Nou hoe nou?

Ek is daarvan oortuig dat hulle puik vaar met elektroniese speletjies enndie gebruik van rekenaars. Ongelukkig kan rekenaars nie dink of redineer nie.

EK wonder maar net.

Rupert Ashford ·

Ja hy moet baie oud wees. So oud hy onthou nog ‘n tyd toe mens moes dink, toe mens moes hard werk om iets te bereik…

Malva ·

Stem saam met Rupert, sommiges sal baat by toe mond en oop ore.

susanne ·

Nee dit is moontlik, my seun was in 1992 in Matriek (gr 12) en het met 7 onderskeidings geslaag, vandag is hy baie suksesvol in sy eie besigheid (UK)

James ·

Hoeveel skole is nie af gebrand nie,hoeveel handboeke is nie laat af gelewer nie,hoeveel onderwysers kon std.3 engels slaag nie so kan jy aangaan en aangaan en niks sal gebeur nie,volgende jaar kyk ons na nog ń beter slaagsyfer.Baie geluk aan die wat dit eerlik verdien het.

Elna Boshoff ·

Jan, ek is self n Afrikaanse onderwyser en daar is nie n manier wat n leerder wat nie kan spel nie n onderskeiding in Afrikaans huistaal kan kry nie! Die werk is verseker moeiliker as toe ons op skool was. Die rede vir die klompie leerders wat so baie onderskeidings kry, is omdat leerders baie beter uitslae moet kry net om in aanmerking te kom vir kursusse op universiteit. In ons dae was n C gemiddeld voldoende vir enige kursus behalwe as jy medies wil studeer of n veearts wil word. Hierdie handjie vol leerders wat so goed presteer werk baie hard om toelating tot sekere kursusse te kry. Die spesifieke groep matrieks is as n baie sterk groep baie skole ervaar en ek het verwag dat die uitslae beter gaan lyk nog voor die minister dit bekend gemaak het. Toe ek in matriek in 1984 was, het hulle bv die biologie punt daardie jaar aangepas omdat daar so baie druipelinge was, so dis verseker nie n nuwe verskynsel nie, dit het voor 1995 gebeur en ek behoort te weet, want ek hou al 28 jaar lank skool.

Ronnie ·

Wat ek nie kan verstaan nie, is dat drie nuusagentskappe verskillende punte en prestasies aan verskillende provinsies koppel. Die Vrystaat is op 92,8%, maar nie volgens hierdie berig nie. Kan julle asseblief vir ons seker maak?

WitBlits ·

Ronnie
Daar is twee syfers wat gemeld word waar die een “progressed learners” (in Afr seker bevorderde leerders) uitsluit en die ander dit uitsluit. Volgens die Dept van Onderwys mag ‘n leerder net eenmaal Gr 11 pluk of teruggehou word en moet die tweede jaar bevorder word na Gr12.
Daarom is die Vrystaat se gem. sonder bevorde leerders 93.2% en 88.6% met bevorde leerders.

Landi Malan ·

Dagsê Ronnie

Dankie vir jou navraag. Die departement stel twee stelle slaagsyfers bekend. Die laer slaagsyfers is waar die sogenaamde ‘bevorderde leerders’, diegene wat gr. 11 twee keer gedruip het en na gr. 12 bevorder is, bygereken word. Die hoër slaagsyfers wat deur die departement aangekondig is, is waar die ‘bevorderde leerders’ nie bygereken is nie. Maroela het dus berig oor die slaagsyfer wat alle matrieks, ook die ‘bevorderde leerders’, insluit.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

vermeende ·

Wie neem enige minister nog ernstig op, die minister moet eerder gaan kyk hoeveel van die eerstejaars val uit op universieteit dan sal sy besef dat daar baie is wat nie in die lesing lokale hoort nie en sy sal dan besef dat haar matriek standaard hopeloos te laag was.

Elna Boshoff ·

Jan, as n Afrikaanse onderwyser kan ek nou vir jou sê daar is nie n manier wat n leerder wat nie kan spel nie n onderskeiding in Afrikaans Huistaal sal kry nie. Die rede hoekom leerders soveel beter presteer, is omdat die wat toelating wil kry tot sekere kursusse baie harder moet werk om in aanmerking te kom, selfs 10 onderskeidings waarborg nie vir jou toelating tot medies nie. Hierdie groepie leerders wat so goed presteer werk dag en nag om daardie uitslae waarvan jy praat te behaal, sodat hulle hul ideale kan verwesenlik. In die ou dae kon jy met n 60 persent gemiddeld byna enige iets gaan studeer behalwe dalk medies. My broer het in die tagtigerjare met n D gemiddeld vir wiskunde die top Anglo American beurs ontvang om ingenieurswese te gaan studeer. In 1984 toe ek in matriek was, is die biologiepunte aangepas omdat die vraestel te moeilik was. Hierdie groep matrieks is by baie skole geoormerk as een van die sterkste groepe ooit, en is ek glad nie verbaas dat die gemiddeld hoër is nie. Het een van julle wat sulke negatiewe kommentaar lewer al ooit bv n eindeksamen wiskundevraestel onder oë gehad, ek twyfel.

ASparrow ·

Mense, ek is n Wiskunde onderwyseres by n baie goeie Engelse Hoërskool in die Weskaap. Ek is al langer as 25 in die onderwys en ek kan julle verseker punte is nog altyd aangepas. Verder is die Wiskunde van vandag op n baie hoë standaard. Die kinders wat hoër as 60% vir Wiskunde kry, verdien dit regtig! Al is daar dalk punte aangepas met 2 of 3 present. Ja, daar is skole waar dit bitter sleg gaan ( ek is ook daar betrokke). Maar nadat ek oorsee gebly het en vertroud is met die Amerikaanse, Britse en International Baccalaureus standaarde, hoef die goeie skole in Suid-Afrika vir niks terug te staan nie!

Petrus ·

Kook, kook, Kook die punte on die leerders deur te kry. Oor n maand of so betoog en brand hulle alles want dan skeeu hulle Wisk en Wet is nie Afrika kultuur nie.

Veritas ·

Eersdaags kan hulle ook sê: ‘Dit het beter gegaan toe my ouers vir my gesorg het’. Nietemin, baie geluk.

John ·

Bou universiteite ANC. Baie. Een elke jaar is te min. Begin leen en bedel ANC want almal moet nog gratis gaan studeer ook en… en. Dalk die’ dat die sypaadjies deesdae sulke mooi lekker walle kry; sitplek vir al die gegradueerdes wat gaan wag vir werk en toi-toi vir #FeesForLifeAfterStudies.

Voorlaaier ·

Hulle lieg so hulle glo hulle self!!…..Nu net op i ander nuusblad gelees eintlike slaagsyfer is nader aan 44.8%…..

Johanna Botha ·

Is dit net ek of doen die Afrikaanse kinders besonders goed …WOW baie trots ….WELGEDAAN !

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.