Matriekslaagsyfer ‘toon onderwys is topprioriteit’

Angie Motshekga Foto: DOC

Pres. Jacob Zuma het Donderdag die matrikulante van 2017 wat geslaag het gelukgewens en gesê gr. 12’s se slaagsyfer het deurlopend verbeter sedert die koms van demokrasie in 1994.

“Ons verwelkom die feit dat die slaagsyfer voortdurend verbeter het sedert die demokratiese bedeling, veral sedert die herverdeling van onderwys in twee verskillende departemente, naamlik basiese onderwys en hoër onderwys en opleiding,” het Zuma gesê.

“Dit bevestig net weer die regering se fokus op onderwys is ʼn topprioriteit en die grootste bemagtiger van die samelewing, asook sleutelaspekte van ons program vir radikale sosio-ekonomiese transformasie.”

Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, het Donderdagaand aangekondig die matriekslaagsyfer vir 2017 is 75,1% (progressie-leerders ingesluit). Dit is ʼn verbetering van 2,6% op 2016 se slaagsyfer.

Zuma het leerders wat geslaag het, maar nie universiteitsvrystelling het nie of wat glad nie geslaag het nie, aangemoedig om nie hoop te verloor nie en gesê daar is ʼn wye verskeidenheid van ander geleenthede vir hulle beskikbaar. “Ons moedig dié wat nie geslaag het nie aan om die vele ander geleenthede te oorweeg om hul drome te verwesenlik. Ons wil matrikulante ook herinner aan die vele geleenthede by tegniese en beroepsgerigte opleidingskolleges (TVET) en ander vaardigheidsopleidingsinstansies landwyd,” het die president gesê.

Die aankondiging van die 2017 matriekuitslae. Foto: Twitter via @DBE_SA

Die onderwysvakbond Naptosa meen ook die matriekslaagsyfer van 2017 is ʼn suksesverhaal en die vakbond het die onderwysdepartement gelukgewens met die prestasie. Nkosiphendule “Star” Ntantala, president van Naptosa, het gesê die bestendige verbetering van die slaagsyfer is aanduidend van ʼn volwasse stelsel, veral in die lig daarvan dat 2017 se matrieks die uitdagings van ʼn veranderende kurrikulum gedurende hul skoolloopbaan ook moes oorkom.

Ntantala het gesê die verbetering in wiskunde, wiskundige geletterdheid, fisiese wetenskappe en lewenswetenskappe is verblydend, maar het gesê dit is kommerwekkend dat daar in die kunste, menslike en sosiale wetenskappe en tegniese vakke nie soortgelyke sukses behaal is nie.

Hy het bygevoeg die getal leerders wat met universiteitsvrystelling geslaag het, is ʼn direkte gevolg van lesse wat uit vorige jare geleer is. “Naptosa teken steeds beswaar aan dat die progressie- en deeltydse leerders steeds nie genoeg ondersteuning ontvang nie,” het hy gesê.

David Makhura, premier van Gauteng, het ook sy stem by die gelukwense gevoeg en Panayza Lesufi, die LUR vir onderwys in die provinsie, gelukgewens met die Gautengse skole se prestasie in die matriekeksamens. Gauteng het ʼn slaagsyfer van 85,1% behaal en is die provinsie met die tweede beste slaagsyfer in die land ná die Vrystaat, wat die toppresterende provinsie is met ʼn slaagsyfer van 86,1%.

Makhura het gesê Gauteng se oë moet nou stewig op die eerste plek gevestig wees vir die komende akademiese jaar. Gauteng se matriekuitslae word vanoggend amptelik by die Nokuthula LSEN School in Lyndhurst, Johannesburg, bekendgemaak.

Matriekleerders kan hul individuele uitslae nou aanlyn by Maroela Media sien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Wurmpie ·

Die regering is baie slim. Hul het al die matrieks gehelp maar die onderwysers het niks gedoen nie.

Eish ·

Ons kan nou al toe oë die politici se kommentaar op die resultate voorspel, n jakkals prys sy eie stert sonder uitsondering geval.
Wat ons graag hier sal wil sien is die kenners se menings en ontledings assamblieftog!
Die politiek korrekte uitsprake is misleidende retoriek en plaas ons almal op n dwaalspoor.

Adam ·

Geldige kommentaar Eish. Pres Zuma kan gerus wees in die wete dat uitslae na 1994 “verbeter”het om een rede alleen en dit is die feit dat die standaard aanmerklik gedaal het.

Johann ·

OOO e e! Daij syfirs maki sen ni. Mar di ofisjils BRAG darri denges spat. WAT N KLUG! As dit nie so skokkend was nie het ek gelag.

GH ·

Asseblief man , waar is die standaard na toe gevat om dit te bereik , , waar was die standaard in 1994 , mense daar moes drastiese stappe geneem word om die syfers beter te laat lyk , die kinders van vandag kan nie eers oordentlik leer , skryf of spel nie .
die pateties om nou te wil se hulle doen beter en presteer beter , kyk maar net waar is die slaag syfer vir wiskunde , wie kan dit nou nie behaal nie . Rerig?

snoefie ·

die hoëslaagsyfer oortuig my eerder hoe laag die geleerdheidsstandaarde al gesak het. dis n skreiende skande as n gr 12 leerder nie basiese woorde reg kan spel of n wisk probleem wat ek al gr 8 kon doen, nie kan baasraak nie.

Grassie ·

Enkele weke gelede is tydens ‘n evalueringsproses bevind dat die oorgrote meerderheid graad 4 leerlinge in die RSA nog nie eers kan lees nie, van die swakste in die wêreld. Nou is al die betrokke regeringsmense, insluitende die superslim-Zuma, vol lofliedere oor die verbetering in onderwysstandaarde sedert 1994. Ja, die prestasies het verbeter – op papier, en papier is geduldig. Dit sal mos nou nie polities korrek wees as die slaagsyfer nie styg nie. Ek wil saam met Eish hierbo stem – ek sou graag die uitslag wou sien as onpartydige kenners die geletterdheidstandaard van ons matrikulante toets.

Ag nonsens ·

LMGA janee hoor vat altyd die eer as die studente GOED doen, maar diegene wat uitgeval het lank voor matriek word nooit in ag geneem nie. Die syfer lyk altyd wonderlik maar eerlik WATTER aandeel het die so-called Minister van Onderwys nou eintlik hierin? SA skole het nog altyd goed gedoen . en dit is NIE vanwee die ‘nuwe regering’ se plan met onderwys nie, as ek dinge so kyk is hulle vinnig op die afdraande pad. Daar word Engelse kinders in Afrikaanse skole ingeprop en dan word AFrikaans heeltemal weggeneem . wag maar . die skok kom nog . net ‘n kwessie van tyd. Die ‘syfers’ spreek nie die informele nedersettings se skole aan nie doen dit?

Petro ·

Ja ne en wie glo dit? In my dae moes jy 50 % gehad het om te slaag. Nou is die slaag syfer 35% in sekere vakke. So ja meer kinders sal slaag maar wat is die gevolge? Ongelukkig moet ek se ons jeug is nie op dieselfde standard as in die 80’s en 90’s nie. Ek kan nou nog somme doen sonder om ‘n blikbrein te gebruik en my kinders is verslae daaroor. Die manier van onderwys het verander en dit maak ons kinders dom.

Basjan ·

Volgens die DA is die werklike slaagsyfer slegs 37% as gekyk word na die getal leerlinge wat 2 jaar gelede in graad 10 was teenoor die getal van hulle wat nou matriek geskryf het. Met ander woorde: Daar het meer as 50% van hulle uitgeval. NIE iets on our Grande te raak nie.

Sare Strydom ·

Hoekom kry Politiek dan steeds voorkeur en word kinders misbruik om Politieke redes. Skole slut sodat kinders aan betogings kan deelneem.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.