Matriekuitslae: Dié skole vaar die beste

Marna Jordaan, hoof van Afrikaans Hoër Meisieskool, saam met Chrystal Olckers wat as top presteerder in Gauteng aangewys is. (Foto: Verskaf)

Die Skoleondersteuningsentrum (SOS) het Dinsdag die lys van topskole bekendgemaak wie se matrikulante die beste in die 2019-matriekeksamen gevaar het. Onder dié skole was talle wat onderrig in Afrikaans bied.

“Wat opvallend is, is dat enkelmediumskole, en veral meisieskole, jaarliks besonder goed vaar,” sê Hugo Vermeulen, hoof van opleiding aan die SOS. “Dit is ook so dat meisieskole die beste vaar in tale en lewenswetenskappe, terwyl seuns beter presteer in wiskunde,” sê Vermeulen.

Hier is ʼn paar van die toppresteerders:

Die skole met die meeste onderskeidings landswyd

  1. Afrikaanse Hoër Meisieskool in Pretoria – 811 onderskeidings
  2. Hoërskool Garsfontein in Pretoria – 783 onderskeidings
  3. Hoërskool Menlopark in Pretoria – 737 onderskeidings
  4. Hoërskool Waterkloof in Pretoria – 723 onderskeidings
  5. St Johns College in Umtata – 680 onderskeidings
  6. Rustenburg Girls’ High School in Kaapstad – 614 onderskeidings
  7. Westerford High School in Kaapstad – 614 onderskeidings
  8. Hoërskool D.F. Malan in Bellville – 570 onderskeidings
  9. Hoërskool Outeniqua in George – 567 onderskeidings
  10. Mbilwi Secondary School buite Louis Trichardt in Limpopo – 530 onderskeidings

 

Bishops Diocesan College in Rondebosch.

Die skole met die meeste onderskeidings per kandidaat

  1. Eden College in Durban – 3,97 per kandidaat
  2. Herschel Girls’ School in Kaapstad – 3,92 per kandidaat
  3. Beth Jacobs Girls’ High School in Johannesburg – 3,86 per kandidaat
  4. Springfield Convent of the Holy Rosary in Kaapstad – 3,73 per kandidaat
  5. Rustenburg Girls’ High School in Kaapstad – 3,70 per kandidaat
  6. Herzlia High School in Kaapstad – 3,68 per kandidaat
  7. Bloemhof Hoër Meisieskool in Stellenbosch – 3,61 per kandidaat
  8. Afrikaanse Hoër Meisieskool in Pretoria – 3,59 per kandidaat
  9. Westerford High School in Kaapstad – 3,55 per kandidaat
  10. Bishops College in Kaapstad – 3,31 per kandidaat

 

Klein skole (minder as 40 matrikulante) met die meeste onderskeidings

  1. Somerset West Private School in Kaapstad – 38 onderskeidings (2,00 per kandidaat)
  2. Villiers Gekombineerde Skool in die Vrystaat – 8 onderskeidings (2,00 per kandidaat)
  3. Hoërskool Hopetown in die Noord-Kaap – 31 onderskeidings (1,82 per kandidaat)
  4. Staatspresident Swart Gekombineerde Skool in Brandfort – 54 onderskeidings (1,74 per kandidaat)
  5. Valsbaai Hoërskool in Kaapstad – 16 onderskeidings (1,45 per kandidaat)
  6. Wilgerivier Gekombineerde Skool in Frankfort – 52 onderskeidings (1,37 per kandidaat)
  7. Bultfontein Gekombineerde Skool in die Vrystaat – 22 onderskeidings (1,05 per kandidaat)
  8. Stella High School in Noordwes – 20 onderskeidings (1 per kandidaat)
  9. Hoërskool Martin Oosthuizen in Kakamas – 35 onderskeidings (0,95 per kandidaat)
  10. Vrede Gekombineerde Skool in die Vrystaat – 15 onderskeidings (0,88 per kandidaat)

 

Paul Roos Gimnasium (Foto: Facebook)

Skole wat die beste gevaar het in vier kernvakke (wiskunde, rekeningkunde, fisiese wetenskappe en lewenswetenskappe)

  1. Hoërskool Menlopark in Pretoria
  2. Westerford High School in Kaapstad
  3. Afrikaanse Hoër Meisieskool in Pretoria
  4. Paul Roos Gimnasium in Stellenbosch
  5. Westville Boys’ High School naby Durban
  6. Bishops College in Kaapstad
  7. Westville Girls’ High School naby Durban
  8. Rondebosch Boys’ High School in Kaapstad
  9. Hoërskool Garsfontein in Pretoria
  10. St Johns College in Umtata

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

16 Kommentare

jongste oudste gewildste
Pim

Ongelooflik! Ek is ‘n groot voorstaander van enkelmediumskole.

Koos

Onthou net dat al daardie wonderlike onderskeidings maklik 15 na 20% LAER sou gewees het as dit vergelyk word met standaarde van die ou SA. Die lys topskole is ook almal redelik wit. Maak nie saak hoe slim daardie wit leerders was nie; as dit kom by studiebeurse en eendag werk soek, loop hulle hulle almal vas teen regstellende aksie en BEE. Dan tel NET die “regte” velkleur. Ek het dié goed alles self op die harde manier geleer. Ek het later op my CV gelieg en nie my universiteitsgrade daarop aangedui nie. Bloot daardie 4 jaar verander na 3… Lees meer »

lewies

“Die Dept. lag in die mou” Nou het die ouers die name van die presterende skole. Ek voorspel dat eise vir toelating by die skole gaan toeneem. Toelating van kinders is nie meer in die hande van skole nie, maar die Departement. Die Dept. wil gebruik maak van ‘n kode-stelsel om skole te gradueer. Sal wonder waarom hulle dit wil doen.?

Elle

Geluk aan leerders en onnies!

TDW

Ek is so trots om te kan sê dat Afrikaanse skole 6 plekke in die top tien het en nog ook die eerste 4 plekke gevat het!
Ek is trots Afrikaans.