Matriekuitslae: Dié skole vaar die beste

Marna Jordaan, hoof van Afrikaans Hoër Meisieskool, saam met Chrystal Olckers wat as top presteerder in Gauteng aangewys is. (Foto: Verskaf)

Die Skoleondersteuningsentrum (SOS) het Dinsdag die lys van topskole bekendgemaak wie se matrikulante die beste in die 2019-matriekeksamen gevaar het. Onder dié skole was talle wat onderrig in Afrikaans bied.

“Wat opvallend is, is dat enkelmediumskole, en veral meisieskole, jaarliks besonder goed vaar,” sê Hugo Vermeulen, hoof van opleiding aan die SOS. “Dit is ook so dat meisieskole die beste vaar in tale en lewenswetenskappe, terwyl seuns beter presteer in wiskunde,” sê Vermeulen.

Hier is ʼn paar van die toppresteerders:

Die skole met die meeste onderskeidings landswyd

  1. Afrikaanse Hoër Meisieskool in Pretoria – 811 onderskeidings
  2. Hoërskool Garsfontein in Pretoria – 783 onderskeidings
  3. Hoërskool Menlopark in Pretoria – 737 onderskeidings
  4. Hoërskool Waterkloof in Pretoria – 723 onderskeidings
  5. St Johns College in Umtata – 680 onderskeidings
  6. Rustenburg Girls’ High School in Kaapstad – 614 onderskeidings
  7. Westerford High School in Kaapstad – 614 onderskeidings
  8. Hoërskool D.F. Malan in Bellville – 570 onderskeidings
  9. Hoërskool Outeniqua in George – 567 onderskeidings
  10. Mbilwi Secondary School buite Louis Trichardt in Limpopo – 530 onderskeidings

 

Bishops Diocesan College in Rondebosch.

Die skole met die meeste onderskeidings per kandidaat

  1. Eden College in Durban – 3,97 per kandidaat
  2. Herschel Girls’ School in Kaapstad – 3,92 per kandidaat
  3. Beth Jacobs Girls’ High School in Johannesburg – 3,86 per kandidaat
  4. Springfield Convent of the Holy Rosary in Kaapstad – 3,73 per kandidaat
  5. Rustenburg Girls’ High School in Kaapstad – 3,70 per kandidaat
  6. Herzlia High School in Kaapstad – 3,68 per kandidaat
  7. Bloemhof Hoër Meisieskool in Stellenbosch – 3,61 per kandidaat
  8. Afrikaanse Hoër Meisieskool in Pretoria – 3,59 per kandidaat
  9. Westerford High School in Kaapstad – 3,55 per kandidaat
  10. Bishops College in Kaapstad – 3,31 per kandidaat

 

Klein skole (minder as 40 matrikulante) met die meeste onderskeidings

  1. Somerset West Private School in Kaapstad – 38 onderskeidings (2,00 per kandidaat)
  2. Villiers Gekombineerde Skool in die Vrystaat – 8 onderskeidings (2,00 per kandidaat)
  3. Hoërskool Hopetown in die Noord-Kaap – 31 onderskeidings (1,82 per kandidaat)
  4. Staatspresident Swart Gekombineerde Skool in Brandfort – 54 onderskeidings (1,74 per kandidaat)
  5. Valsbaai Hoërskool in Kaapstad – 16 onderskeidings (1,45 per kandidaat)
  6. Wilgerivier Gekombineerde Skool in Frankfort – 52 onderskeidings (1,37 per kandidaat)
  7. Bultfontein Gekombineerde Skool in die Vrystaat – 22 onderskeidings (1,05 per kandidaat)
  8. Stella High School in Noordwes – 20 onderskeidings (1 per kandidaat)
  9. Hoërskool Martin Oosthuizen in Kakamas – 35 onderskeidings (0,95 per kandidaat)
  10. Vrede Gekombineerde Skool in die Vrystaat – 15 onderskeidings (0,88 per kandidaat)

 

Paul Roos Gimnasium (Foto: Facebook)

Skole wat die beste gevaar het in vier kernvakke (wiskunde, rekeningkunde, fisiese wetenskappe en lewenswetenskappe)

  1. Hoërskool Menlopark in Pretoria
  2. Westerford High School in Kaapstad
  3. Afrikaanse Hoër Meisieskool in Pretoria
  4. Paul Roos Gimnasium in Stellenbosch
  5. Westville Boys’ High School naby Durban
  6. Bishops College in Kaapstad
  7. Westville Girls’ High School naby Durban
  8. Rondebosch Boys’ High School in Kaapstad
  9. Hoërskool Garsfontein in Pretoria
  10. St Johns College in Umtata

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Pim ·

Ongelooflik! Ek is ‘n groot voorstaander van enkelmediumskole.

Koos ·

Onthou net dat al daardie wonderlike onderskeidings maklik 15 na 20% LAER sou gewees het as dit vergelyk word met standaarde van die ou SA. Die lys topskole is ook almal redelik wit. Maak nie saak hoe slim daardie wit leerders was nie; as dit kom by studiebeurse en eendag werk soek, loop hulle hulle almal vas teen regstellende aksie en BEE. Dan tel NET die “regte” velkleur.
Ek het dié goed alles self op die harde manier geleer. Ek het later op my CV gelieg en nie my universiteitsgrade daarop aangedui nie. Bloot daardie 4 jaar verander na 3 jaar se “I studied” en 1 jaar bygelieg by 1 jaar militêre diensplig. NIEMAND het my ooit oor dié leuens op my CV uitgevra nie en met ‘n CV wat my “dommer” laat lyk, het ek weer ordentlike werk gekry.
Maar dit bly ‘n stryd om die skuld van ‘n paar jaar se werkloosheid af te betaal. Ek sal nooit eendag kan aftree en agteroorsit nie.

Verstaan nie. ·

@Koos, daar is dinge wat teen ons kinders tel maar moedig hulle aan om hulle beste te lewer, nie aan verskonings te dink nie.
Daar is ongelykheid volgens ons in die keuringsproses ens. maar groot was my verbasing toe ek sien dat 3 leerlinge in ons distrik medies gaan studeer. Al 3 die teen wie jy meen gediskrimineer word en nogal een ‘n seun. Die kinders het skouer aan die wiel gesit en onderskeidings ingeryg.
Ons moet waak om nie ons kinders moedeloos te maak met ons negatiewe gesindheid nie

B ·

@Koos – my matriekwerk (1983) is nie vergelykbaar met die werk wat tans op seniorfase vlak gedoen word – neem in ag dat die werk se inhoud en moeilikheidsgraad wel aansienlik verhoog het.
(Vra my, ek het twee kinders redelik onlangs deur Matriek gesien. Doen jou ‘n guns en kyk wat in bv Wiskunde (en Alpha wiskunde buite leerplan) gedoen word.)

lewies ·

“Die Dept. lag in die mou” Nou het die ouers die name van die presterende skole. Ek voorspel dat eise vir toelating by die skole gaan toeneem. Toelating van kinders is nie meer in die hande van skole nie, maar die Departement. Die Dept. wil gebruik maak van ‘n kode-stelsel om skole te gradueer. Sal wonder waarom hulle dit wil doen.?

TDW ·

Ek is so trots om te kan sê dat Afrikaanse skole 6 plekke in die top tien het en nog ook die eerste 4 plekke gevat het!
Ek is trots Afrikaans.

JohanR ·

As ek soe deur die lys van skole kyk is die medium van onderrig in baie van hulle Afrikaans. Maar selfs as jy gaan kyk na die jare voor 1994, is dit die Afrikaanse skole en Universiteite wat altyd die beste gevaar het. En nou wil Lefusi en die ANC Afrikaans doodmaak! Go figure!

Disselboom ·

Dis te maklik om ondeurdagte afleidings oor die matriekuitslae te maak: al wat as feite beskou kan word, is die aantal onderskeidings, gemiddeld per kandidaat en die skool se naam. Dis nie noodwendig (net) die taal, enkelmedium en so meer wat dit meebring nie – veel eerder waar die skool geleë is en uit watter deel van die bevolking dit tipies leerlinge kry: dit polities nie korrek om daaroor te praat nie, maar die sosialisme en humanisme maak ons onrealisties dat dit misken word daar is gemeenskappe en in elke volk ‘n deel wat akademies tot meer in staat is. Dis dus nie ‘n stelling oor rasse nie, maar feite dat die samelewing en ook binne volke dit nie maar een groot gemiddelde vermoë is en sekere skole doen “iets” beter as ander nie. Sekere skole het ten eerste ‘n baie hoër potensiaal bloot op grond van die leerlinge wat daar is.

Sarie ·

Baie goed gestel Disselboom maar Lesufi en sy comrades sal wel ‘n ander verskoning probeer opdis.

K P ·

Probeer dit in daardie koppie van die rassis lesufi te kry. Die man is manies jaloers op die prestasie van veral Afrikaanse skole

Foto ·

Haha – my gemodereerde kommentaar op die foto van die top presteerders (vroeër die week) blyk toe inderdaad waar te wees as ek so na die uitslae bo kyk :)

Se maar net ·

Ek wil graag net nog ‘n skool bysit. Dit is Nuwe Hoop skool vir kinders met leer gestremdhede in Pretoria wat 100% slaagsyfer behaal het baie geluk sê. Hulle het presies dieselfde vraestelle as die gewone hoërskole geskryf. Elke leerder het geslaag met vrystelling.

Charles ·

Afrikaans en Afrikaners die Beste, te midde van al die uitdagings, frustrasies, klippe in die pad en onderdrukking. Mooi so, boerkind.

wonder ·

Nou waar is Hoërskool Gimnasium Potchefstroom dan die jaar? Ek wonder wat het daar gebeur?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.