Matriekuitslae gou bekend

matriek-angie-motshekga

Foto: Twitter

Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, maak Woensdag die matriekuitslae bekend.

Die minister sal die slaagsyfer en ander inligting bekend maak, terwyl matrieks Donderdag hul uitslae aanlyn, in koerante of by skole, kan kry.

Die departement se direkteur-generaal sal ook na verwagting Woensdag ʼn tegniese aanbieding doen oor die uitslae, die merk van vraestelle en punte wat aangepas is.

Umalusi, die raad vir gehalteversekering in algemene en verdere onderwys en opleiding, het op 29 Desember die “geloofwaardige” matriekuitslae van 2016 goedgekeur.

Verlede jaar se matrieks is die derde graad 12-klas wat hul finale eksamen afgelê het onder die nuwe leerplan, die kurrikulum en assesseringsbeleidsverklaring (Caps).

Prof. John Volmink, voorsitter van die Umalusi-raad, het laat blyk daar was sommige besware oor die 2016- eksamen-uitslae.

“Hoewel leerderprestasie in baie vakke van jaar tot jaar fluktueer, moet ons wiskunde uitsonder as een van die sleutelvakke, waarvan die naald die afgelope paar jaar nog nie beduidend geskuif het nie,” het hy gesê.

“Dit is inderdaad kommerwekkend dat wiskundegeletterdheid sedert 2004 ook nou saam met wiskunde, ʼn leergebied is waar leerderprestasie kritiek laag is.”

Die 2015-slaagsyfer was 70,7%, ʼn afname van 5,1% in vergelyking met die slaagsyfer van 75,8% in 2014.

Die Wes-Kaap was die provinsie wat die beste presteer het, met ʼn slaagsyfer van 84,7%, gevolg deur Gauteng met 84,2%. Die Vrystaat het 81,% behaal.

Matrieks kan nou registreer om ʼn SMS te ontvang wanneer hul uitslae gratis op Maroela Media beskikbaar is. Klik hier om te registreer: https://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/matrieks-2016-registreer-om-kennisgewings-te-ontvang/

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

John ·

?… en dan vier die ANC komende Sondag, van alle tye, en so aan die begin van 2017, met groot dronkverdriet (selfs die wet moes omseil word) weer eens die chaos wat hulle ‘n politieke party noem wat glo bevryding en vooruitgang wil/gaan/moes bring aan massas werkloses en aan duisende leerders (nou met baie goeie wiskunde punte) en studente wat bakhand staan en al moeg gewag is op ‘Pappa’…

Tammy ·

Sal die minister vir ons eerlik se hoeveel het hulle die punte opgestoot. Dalk 40% he he. Did mos die norm in die hoerskole.

Alie ·

Ek was 35 jaar gelede in matriek en toe al was die punte aangepas. Dit was die ‘glyskaal’ genoem. Dis niks nuuts nie. Die enigste verskil was dat daar nie sosiale media was waar almal kan gal braak nie.

jaco ·

Ek onthou ook dat punte in die ou SA aangepas is. Dis n laaaang storie, maar in kort is wit matrieks se Junie-uitslae vir die gemeenskaplike matrikulasieraad gestuur en dis “in ag geneem” met die nasien van eksamens in November. Leerlinge se ouers se Nasionale Party ondersteuning en kerkverband (slegs die Drie Afrikaanse Susterkerke het getel) is ook in ag geneem.

Veritas ·

Jaco, jy slaan die bal vêr mis as jy dink NP-lede se kinders is bevoordeel. Daar het baie van hulle gedruip en dan, om die gesiene familie die vernedering te spaar, hulle matriek in ‘n ander skool gaan oordoen.

Rikus ·

Sal ons , ons uitslae reeds op die 4de aanlyn kan kry of sal ons die resultate eers die 5de kan kry?

Nico Strydom ·

Dagsê Rikus

Dit is eers van die 5de af beskikbaar – by skole, in koerante en aanlyn.

Vriendelike groete

Johan Maritz ·

Jaco en Allie julle praat twak ek is n skoolhoof en was daardei tyd reeds in die onderwys. Die glyskaal het slegs beteken jy slaag op n laer vlak bv standaard -of laergraad.

Kobus ·

Dan jy n Rip van Winkel op jou getrek…as jy weet wie die karakter is

Kobus ·

Dan jy n Rip van Winkel op jou getrek…as jy weet wie die karakter is…of oud soos biltong wil dit my voorkom

Johan Maritz ·

Kobus as jy met my praat ek is nie so oud nie want die stelsel was in werking tot en met 1994 en kies ander vergelykings want jy kry nat- en droe biltong.

Johan Maritz ·

Kobus lyk my jy ken nie die karakter nie , dit is Rip van Winkle (duits)

Veritas ·

Johan jy het dit ook verkeerd. Dit was Rip van Wyk. Ek dink Jamie Uys het die rol gespeel.

Marlise ·

Ek het vanoggend oor die radio gehoor die uitslae is al vandag beskikbaar, waar kan ons dit kry?

Jordaan ·

Wat is die slaagpersentasie? Net wat die ANC regering dit wil he – ons kook die punte totdat dit goed genoeg lyk en dan klop ons onsself en ons vakbond onderwysers op die skouer met nog ‘n klomp matrikulante wat werkloos en hopeloos die toekoms ingaan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.