Matriekuitslae: Meer seuns slaag  

Matriekleerders gedurende Dinsdagaand se funksie (Foto: Verskaf)

ʼn Groter persentasie seuns as meisies het die 2019-matriekeksamen geslaag, hoewel meer meisies die matriekeksamen geskryf het.

Volgens die departement van basiese onderwys het 280 941 meisies en 223 362 seuns die matriekeksamen afgelê, dus ongeveer 57 500 meer meisies as seuns.  Amper 83% van die seuns het egter matriek geslaag, teen 80% meisies.

ʼn Groter persentasie seuns het ook met matriekvrystelling geslaag. Uit die meisies wat geslaag het, het 103 310 (36,8%) met matriekvrystelling geslaag, teenoor 37% van seuns (82 748). ʼn Groter persentasie meisies en seuns het in 2019 matriekvrystelling verwerf as in 2018. Volgens Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, is daar oor die algemeen meer meisies wat vanjaar vir ʼn graad, diploma of hoër sertifikaat kan studeer.

Limpopo is die provinsie waar die kleinste persentasie meisies (70,4%) matriek geslaag het. Dit is ook die provinsie met die grootste verskil in persentasie van seuns en meisies wat matriek geslaag het. Hiér het 76,5% van die seuns wat die 2019-matriekeksamen geskryf het, geslaag.

Meisies het wel die groter meerderheid onderskeidings verwerf tydens die 2019-matriekseksamen. Altesaam 63,8% van die 156 884 onderskeidings is deur meisies behaal. Dit sluit in onderskeidings vir vakke soos rekeningkunde, sakestudies, ekonomie, wiskunde en fisiese wetenskappe. Die nasionale toppresteerder in die 2019 matriekeksamen is óók ʼn meisie; Madelein Dippenaar van die Hoërskool Paarl Gimnasium in die Wes-Kaap.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

André André ·

Ander berigte het beduie meer meisies slaag???

Dit is seker die skole waarin Me Angie Motshekga se kinders was.

KaterinaKat ·

Ja dit was my gedagte ook:-). As hul so lyk vir goeie nuus weet ek nie hoe hul gaan lyk vir slegte nuus:-))

lewies ·

Ek hoop daar sal ook aan die onderwysers wat voor die klasse gestaan het, erkenning gegee word. Die wat se hulle word betaal om hulle werk te doen, weet nie waarvan hulle praat nie. Ek wens ‘n mens kon ‘n massa foto neem van alle onderwysers wat by die leerlinge deur hulle hele skoolloobaan betrokke was. Miskien sal ‘n ererol met net die name van personeel wat by 2019 se graad 12’s betrokke was, genoeg wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.