Matriekuitslae: Minister maak vandag aankondiging

Minister Angie Motshekga. Foto: ANA

Angie Motshekga, minister van onderwys, maak laat Donderdag 2017 se matriekuitslae van die Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen bekend.

Die minister sal die slaagsyfer vir 2017 bekend maak, insluitend die nasionale en provinsiale slaagsyfers. Motshekga sal ook bekend maak hoeveel leerders die eksamen geskryf het en hoeveel onderskeidings behaal is.

Matrieks sal egter tot Vrydagoggend moet wag om hul individuele uitslae te kry. Die uitslae sal vanaf 06:00 op Maroela Media beskikbaar wees, asook in koerante en by skole vir al die provinsies behalwe die Wes-Kaap. Indien jy ʼn kennisgewing van Maroela Media wil ontvang sodra jou uitslae beskikbaar is, klik hier. Matrikulante het tot 15:00 vandag om vir dié kennisgewingdiens te registreer.

Die Wes-Kaap se matriekuitslae sal 11:00 Vrydag bekend gemaak word en sal vanaf 13:00 hier aanlyn beskikbaar wees. Mediahuise mag dié provinsie se uitslae egter eers Saterdagoggend aanlyn beskikbaar maak.

Die nasionale slaagsyfer vir 2016 was 72,5%, vergeleke met 2015 se 70,7%. In 2014 was dit 75,8%. Altesaam 158 160 onderskeidings is in 2016 behaal.

Die provinsiale slaagsyfers vir 2016 was as volg:

Vrystaat: 88,6%

Wes-Kaap: 85,9%

Gauteng: 85,1%

Noordwes: 82,5%

Noord-Kaap: 78,7%

Mpumalanga: 77,1%

KwaZulu-Natal: 66,4%

Limpopo: 62,5%

Oos-Kaap: 59,3%

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Leilo ·

Haaa, asof ons dié syfers kan glo. Met hoeveel % gaan die jaar se “pass rate” gedrop word? Dalk 30% na 22%?

Muffin ·

Franzua kan jy nie lees nie. Maroela se uitdruklik uitslae sal more oggend vanaf 06:00 beskikbaar wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.