Matrikulante sal nie vanjaar soos in vorige jare hul matriekuitslae in die media kan kry nie.
Die departement van onderwys sê die besluit geneem ingevolge die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting (Popi) wat op 1 Julie verlede jaar in werking getree het.
Dit is die eerste keer in dekades dat matrikulante se uitslae nie in media sal verskyn nie.
Volgens Elijah Mhlanga, woordvoerder van die departement, neem die departement kennis daarvan dat almal die reg op privaatheid het. Dit sluit in die beskerming teen die onwettige versameling, behoud, verspreiding en gebruik van persoonlike inligting.
“Ten einde te voldoen aan die bepalings van die Popi-wet sal matriekuitslae nie vanjaar in die media gepubliseer word nie,” het Mhlanga bevestig.
“Op hierdie manier sal elke leerder se persoonlike inligting met betrekking tot die uitkoms van sy en haar matrieksertifikaat beskerm word.”
Daar word van leerders verlang om hul uitslae by hul skole af te haal.
Maroela Media het in 2015 geskiedenis gemaak as die eerste Afrikaanse aanlynplatform om die matriekuitslae te publiseer met die matrieks van 2014 wat die eerste matrikulante was om die geleentheid te hê om hul uitslae digitaal op ʼn Afrikaanse platform te sien.
Susan Lombaard, uitvoerende hoof van Maroela Media, het gesê die doel daarvan was om vir matrieks die geleentheid te gee om hul uitslae, en in die groot oomblik waarvoor hulle gewag het, in Afrikaans te kry.
“Dit is ʼn groot teleurstelling dat ten spyte daarvan dat Maroela Media alle pogings aangewend het om die nodige reëlings met die departement te tref, en alles gereed gekry het rakende die Popi-wet om die uitslae te publiseer, ons nie die groen lig kon kry om dit te doen nie.”
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
13 Kommentare
minder studente maar dit vat elke jaar langer om nasien werk te doen…. wonder maar oor die bekaamheid van sommige mense …..
Een van die lekkerste was om te wag vir die koerant 4uur in die oggend en deur die lys te gaan met opgewondenheid, die goeie ou tye
Al die wetgewings word geimplimenteer en net in sekere omstandighede toegepas, dink maar aan die klomp wat geldwassery beskuldigings teen hulle het en nog skotvry rondloop.
Daar is soveel Matrikulante wat in angs sit en wag en uitgesien het om hierdie resultate eerste te sien êrens waar niemand anders hulle reaksie kon sien nie.
Dis slegs gekoppel aan ‘n nommer – geen naam. Ek is seker effens verward, maar presies hoe verskil dit van die feit dat die uitslae per eksamennommer direk aan die Universiteite gestuur word – omdat hulle akademiese jaar so lank moes wag vir die Matriekuitslae? Watter verskil maak dit? ‘n Identifiserende eksamennommer oortree net hulle POPI wetgewing as dit hulle pas. Waar trek mens die streep? Ek sal insig waardeer…
Dis om die wat slaag met 30% en hulle te beskarm