Matriekuitslae nie ‘vermis’ nie

'n Skermskoot van die departement se webtuiste.

‘n Skermskoot van die departement se webtuiste.

Die departement van onderwys het Vrydag gesê daar steek geen waarheid in berigte dat sy webtuiste deur kuberkrakers aangeval is nie.

“Hierdie bewerings is vals en misleidend,” het Terence Khala, woordvoerder van die departement, gesê.

The Times het Vrydag ‘n berig geplaas met die opskrif: Matriekuitslae ‘vermis’. Volges die berig is die departement se webtuiste gekaap en het inligting oor beleid, tenders, navorsingsdokumente, persoonlike inligting en matriekuitslae verlore geraak.

Volgens Khala het die departement geen data verloor nie en is alle inligting gestoor. “’n Bediener het ʼn week gelede by Sita in Centurion in duie gestort. Die webtuiste is nie deur kuberkrakers aangeval nie.”

Khala het gesê dit is hoogs onwaarskynlik dat ʼn regeringsdepartement al sy inligting op ʼn webtuiste sal stoor. “Die departement is nie in ‘n warboel nie en dit is jammer dat daar sensasie gesoek word.”

Khala het ʼn beroep gedoen op gebruikers om geduldig te wees terwyl al die inligting weer op die webtuiste gelaai word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.