Matriekuitslae: Ondersteuningsentrum oop vir matrieks

matriekuitslae koerant

Argieffoto

Die departement van maatskaplike ontwikkeling het pas sy beheersentrum vir slagoffers van geslagsgebaseerde geweld vir matrikulante beskikbaar gestel wat moontlik angstig kan wees oor hul matriekuitslae.

Die matriekuitslae word Woensdag bekend gemaak.

Luidens ʼn verklaring gaan die bekendmaking van die uitslae dikwels gepaard met depressie en selfmoordneigings onder matrieks. Die departement moedig matrikulante en hul ouers aan om van dié sentrum gebruik te maak waar hulle berading en ondersteuning van opgeleide maatskaplike werkers kan ontvang.

Die departement doen ook ʼn beroep op ouers om op te let na enige tekens van depressie by hul kinders.

Die sentrum kan tolvry by 0800 428 428 bereik word. Inbellers kan ook versoek dat ’n maatskaplike werker van die sentrum hulle moet kontak deur * 120 * 7867 # van enige selfoon te skakel. Dié diens word gratis aangebied.

Die departement het in sy verklaring ook die 596 720 begunstigdes van maatskaplike toelaes wat die matriekeksamen afgelê het sterkte toegewens vir vandeesweek se uitslae.

“Die departement wil die begunstigdes wat toelating verkry en by hoëronderwysinstellings aanvaar word daaraan herinner dat hulle nie meer deur die nasionale skema vir finansiële bystand (NSFAS) getoets sal word wanneer hulle om finansiële hulp aansoek doen nie,” lui die verklaring.

Die departement en NSFAS werk sedert 2016 saam met die departement van basiese onderwys om te verseker dat begunstigdes van maatskaplike toelaes outomaties deur NSFAS aanvaar word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

emily ·

Met n 30% slaag syfer, Hoe kan hulle druip????
En ouens selfmoord is nie die oplossing nie. Kry eerder hulp.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.