Matriekuitslae: Regering moet ingryp in Oos-Kaap, KZN en Limpopo

eksamen 4 matriek toets uitslag

Argieffoto

Die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas) het Dinsdag suksesvolle matrikulante gelukgewens, maar maan die regering om in te gryp in die Oos-Kaap, KwaZulu-Natal en Limpopo.

“Saam met hul matrieksertifikaat ontvang die meer as 455 000 matrikulante wat die 2015-eindeksamen suksesvol afgelê het, ook ’n geleentheid op ’n beter toekoms,” het Paul Colditz, uitvoerende hoof van Fedsas, in ʼn verklaring gesê. “Suksesvolle skoolopleiding ontsluit soveel meer geleenthede en ons is saam met hierdie suksesvolle matrieks in die wolke oor hulle wonderlike prestasie.” Fedsas dra ook sy gelukwense oor aan die onderwysers, ouers en ander rolspelers wat net so hard soos die leerders gewerk het vir hierdie prestasie.

Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, het Dinsdagaand die matriekuitslae van 2015 bekend gemaak. Leerders se individuele uitslae word Woensdagoggend om 06:00 op Maroela Media beskikbaar gemaak.

Hoewel die matriekslaagsyfer met 5% gedaal het (70,7% teenoor 2014 se 75,8%), het sowat 52 000 méér leerders die eksamen geslaag (455 825) as gevolg van die groter getal leerders – byna 800 000 – wat die eksamen afgelê het.

“Daar moenie te veel gelees word in die slaagpersentasie nie. Die deurvloeikoers het verbeter, wat ’n sterker aanduiding van vordering en sukses is,” het Colditz verduidelik.

Die jaarlikse matriekuitslae is ook ’n barometer van die gehalte van onderrig in die onderskeie provinsies. Colditz het sy kommer uitgespreek oor die gehalte van onderwys in die Oos-Kaap, KwaZulu-Natal en Limpopo. “Sowat 60% van die totale getal matrieks wat die eksamen afgelê het, was in hierdie provinsies geregistreer. Ongelukkig verteenwoordig hierdie drie provinsies ook by verre die swakste uitslae. Dit is ’n duidelike wekroep vir die minister om in te gryp. Onderwys in hierdie provinsies word jaar ná jaar gekenmerk deur die een kwessie op die ander – dit is dus geen wonder dat leerders die slagoffers is nie.”

Vir die suksesvolle kandidate is die bal nou in hul hande, maar dit beteken nie daar rus nie ook hier ’n verantwoordelikheid op die regering en die samelewing nie. “Daar is nou sowat 450 000 nuwe matrikulante wat gereed is om die arbeidsmark te betree. Om jou skoolloopbaan suksesvol te voltooi, is geen geringe prestasie nie. Van hierdie jong mense doen dit onder uiters moeilike omstandighede, wat dus spreek tot hul karakter en die bydrae wat hulle tot enige werksmag kan maak. Werkskepping is onder meer een van die aspekte waarop die regering moet fokus.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

elna ·

Pas net nog hulle punte aan soos dit reeds gebeur. Maak dit 30% punte aanpassing by die druipelinge.. dan sal die persentasie beter lyk.

Johann Marx ·

Dis maar wat gebeur as “skoolgaan” vir GRATIS is (want die ander belastingbetalers sal daarvoor betaal) en dan is daar boonop nog die “rumour” dat jy nie KAN pluk nie, want die sisteem kan nie bekostig dat jy ‘n jaar herhaal nie……….so maak nie saak wat jy doen nie, jy word deur geforseer……….en dan eindig jy in matriek….en jy is kwaad omdat jy nie slaag nie, so kom ons brand die skool af!!

M A ·

Is ek nou n bietjie vertraag? 800 000 leerlinge het die eksamen geskryf en sowat 70% het geslaag. Dus is daar nou “450 000 nuwe matriekulante wat gereed is om die arbeidsmark te betree”. Die syfers klop nie regtig nie en hoekom gaan hulle direk uit matriek uit werk?

Elizabeth ·

Ma, wat moet hulle dan doen. Sleglê soos n Groot deel vd land se bevolking?

vermeende ·

Dit laat my dink, laat 80s het Tutu gese “172/jaar is onaanvaarbaar” en die ANC het dit opgetel tot in die duisende. Nou wonder ek net, hoekom moet die regering ingryp, is die slaagsyfer in die streke dan nog te hoog???

Karolis ·

Dit is nie net die onderwysers se skuld nie! Wie het die skole afgebrand?

Johan. ·

Is ek nou verkeerde of nie?
Byname 800 000 leerders skryf eksamen en 455 825 slaag. Persentasie volgens my sompomp wys net minder as 60% slaag.
Of het ek nou iets gemis?

Dawie ·

WOW ,WOW en WOW nie eers die mense wie verantwoordelik is om ons kinders op te lei se somme klop nie ,lyk vir my meer na omtrent 57% maar ons mag mos nie die waarheid praat hier in ou SA nie, dan wil hulle mos allerhande rade instel om jou te ondersoek.En kwaliteit onderwys , my kind moet soveel buite skool se privaat klasse bywoon net om te behaal wat hy graag wil.My mond hang oop wat hier besig is om te gebeur.

Pienkes du Plessis ·

Ek verstaan glad nie. Die 455 000 leerders wat geslaag het, is tog net 57% van die 800 000 kandidate wat geskryf het, nie 70% nie? Help asb.

alida ·

Wat verwag julle as die mense daar bo nie eers behoorlike onderrig ontvang het nie. Ons pres het dan net standard 4 !!!!

Thea Gerber ·

Ek is die hoof van ‘n privaatskool. Ons slaagsyfer is 100% vir die hoeveelste jaar. Ons universiteitstoelating is 75% van ons slaag,
Raai net wie word tot die dood toe deur die departement en Umalusi, ens, ens besoek en getreiter, geinspekteer en ge-evalueer, getel, geweeg, ens, ens.
Alle privaatskole het ‘n permanente monitor wat die hele dag terwyl die matrieks skryf toesig hou. Vra ‘n leerder vir ‘n toesighouer of hy/sy ‘n sneesdoekie mag kry, spring die monitor tussen-in om te hoor wat gevra is.
As daar pryse uitgedeel word, word ons apart gekategoriseer maar as daar slaagsyfers bepaal word, is ons meer as welkom.
Los die presterende skole uit en besoek die onderpresteerders.
Ons moet ‘n doodwerk sessie vir jare deurgaan om geakkrediteer te kom by Umalusi (kos ook R64 000.00) maar die staatskole is outomaties geakkrediteer.
By ons toilette loop hulle met hulle sompompies en vergrootglase om te kyk of daar genoeg is en of daar nie dalk ‘n stoffie is waarmee hulle ons kan penaliseer nie, maar in die staatskole het hulle pit-latrines waar jy behoorlik die cholera kan sien rondspring, maar dit maak nie saak nie.
Ons spasie per leerling word met ‘n maatband gemeet, maar die staatskole pak 75 in ‘n klas. Praat van dubbele standaarde.
Ons kry nie subsidie nie want daar is nie geld nie, want hulle gebruik alles vir “meet & eat”
En die hoofsaak – ons staak nooit nie, want ons het roepings, nie net ‘n werk nie.

fransie ·

Ag asb, die regering moet ingryp?
Hul wat toelaat dat almal staak en afbrand!! Daar is niks reg aan die regering nie!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.