Matriekvraestel in Limpopo uitgelek

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Ondersoek is van stapel gestuur nadat ʼn Graad 12- wiskundevraestel aan leerders in Giyani in Limpopo uitgelek is.

Die departement van basiese onderwys het gesê hy is “geskok” en “teleurgesteld” oor die voorval.

“Die departement beskou hierdie veiligheidsbreuk in ʼn baie ernstige lig en het sedertdien wetstoepassersagentskappe, die Valke en die Suid-Afrikaanse Polisiediens betrek om vinnig die saak te ondersoek,” het Elijah Mhlanga, woordvoerder van die departement, Dinsdag gesê. “ʼn Saak is by die polisie aanhangig gemaak. Die departement het bepaal dat leerders in ʼn paar skole in die Mopani-distrik toegang gehad het tot die uitgelekte wiskundevraestel voor die eksamen afgelê is.”

Mhlanga het gesê al die antwoordstelle van die skole in die gebied sal afsonderlik ondersoek word om te bepaal of daar enige patrone is. “ʼn Span van die departement en die provinsie werk saam met wetstoepassers om die voorval volledig te ondersoek sodat ons behoorlik kan optree.”

ʼn Lewenswetenskappe-vraestel het verlede jaar ook in Limpopo uitgelek, ondanks veiligheidsmaatreëls wat die departement in plek gestel het.

Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, moes in 2014 die uitslae van 11 matriekeksamen-sentra in KwaZulu-Natal en sewe in die Oos-Kaap diskwalifiseer ná die grootste eksamenbedrogskandaal ooit in Suid-Afrika waar groepe afgeskryf het. Streng maatreëls is in plek gestel om seker te maak dat dit nie weer in die 2015-eksamen kan gebeur nie, het Motshekga in daardie stadium gesê.

Mhlanga het gesê sy departement sal “alles moontlik doen” om seker te maak dat die “hoë vlak van sekuriteit” landwyd volgehou word. Hy het leerders gewaarsku om nie aan die misdaad deel te neem om ʼn uitgelekte vraestel te bekom nie. “Ons doen ʼn beroep op leerders, ouers en lede van die gemeenskap om enige voorval van uitgelekte vraestelle aan te meld en diegene wat daarvoor verantwoordelik is, aan die lig te bring.”

Minstens 677 141 voltydse en 150 183 deeltydse kandidate neem deel aan die eksamen wat op 26 Oktober begin het en tot 29 November voortduur.

Matrieks kan nou registreer om ʼn SMS te ontvang sodra hul uitslae gratis op Maroela Media beskikbaar is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Mossie ·

Hoekom nog die moeite doen om vraestelle te steel. Hulle word in elk geval deur gesit of hulle 0 kry of nie

Ronnie ·

En julle weet natuurlik dat die tugmaatreëls wat ingestel is tydens die uitlek van die 2014 vraestelle teruggetrek is?

bakoor ·

Wiskunde is nie nodig as jy ‘n klipgooier of brandstigter wil word.

Gideon ·

Dit is al daardie wat so vraestelle se antwoorde gekry het, wat op Universiteit klippe gooi!

Scalla ·

verskaf dit voor die tyd, hul sal nog steeds nie slaag nie

Piet Pompies ·

Ons het hom ook gekry, hier volg van die moeilike vrae, 20+20=, 5X5=..

Veritas ·

Nou word die Valke se kosbare tyd gemors op iets wat die Departement van Onder-nie-so-wys-nie self behoort te kan doen. Hoe moeilik kan dit wees om die fout by die verantwoordelike persone te soek?

m ·

Kan amper nie dink dat dit die enigste vraestel is wat uitgelek het nie. Alhoewel, hierdie mense word in elkgeval op hope deurgesit………………

Helene ·

Waar is die mense wat dit opgestel het, het hul dit dalk nie gedeel met hul fam of kinders. Ook moontlik. Aĺles is moontlik

Uvonka ·

Hahahaha, kastig “geskok” en “teleurgesteld”, wat ‘n groot grap. Hoe simpel, dit is dan deesdae die norm. Ons Pres kan hulle ‘n ding of twee leer van wiskunde!!!!!!!

Johann ·

Ekt weer gehoor hulle het dit uitgevind toe iemand agterkom die “leerders” het die WISKUNDE vraestel met die ENGELSE vraestel se ANDWOORD BLAD beandwoord…rerig! So nou wag hulle om te sien of die “leerders” die ENGELSE vraestel met die WISKUNDE se ANDWOORDBLAD gaan andwoord! Al die betrokke “leerders” gaan dan BONUS pu te kry vir GESKIEDENIS want hulle dra geskiedkundig by tot GEDEKOLONIARISISERDERE KERIEKIELIELUMNS

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.