Matriekvraestel lek uit

skool klaskamer skoolhoof

Argieffoto

Die departement van basiese onderwys het bekend gemaak dat ʼn matriekvraestel in Limpopo uitgelek het.

Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, het tydens ʼn mediakonferensie gesê die departement het omstreeks 06:00 Maandagoggend verneem dat die tweede vraestel vir lewenswetenskap uitgelek het. Alle Gr. 12’s om 09:00 dié vraestel geskryf.

Motshekga het aangekondig dat ʼn taakspan onmiddellik op die been gebring is om ondersoek in te stel na hoe die vraestel uitgelek het en wie almal daartoe toegang gehad het en voorstelle te maak oor die geloofwaardigheid van eksamens in die distrik en hoe die uitlek van vraestelle in die toekoms verhoed kan word.

Die minister het ook ʼn oorsigspan aangestel om, in samewerking met die provinsiale eksamenspan, die vraestelle wat nog geskryf moet word, te beskerm. Die skole wat onder verdenking is, word intussen onder “kwarantyn” geplaas.

Intussen word die skool wat onder verdenking is en die onderwysdistrik waarin dit val, nou ook onder eksamen-kwarantyn geplaas. Dit beteken leerders van die skole se vraestelle sal geoudit word om die leerders wat moontlik gekul het, te identifiseer. Die polisie en die Staatsveiligheidsagentskap sal die departement bystaan in hul ondersoek.

Die uitslag van die ondersoek kan onder meer bepaal dat leerders by die betrokke skole of leerders in die distrik of alle leerders in die provinsie, versoek kan word om weer die eksamen te skryf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Moeksie ·

Ag ja – dit gebeur elke jaar – en daar gaan nog vraestelle uitlek – watch the space. En raai wat – dit gaan volgende jaar en die jaar daarna WEER gebeur. So what the h…..

Jaco ·

Geagte Min. Motshekga,
Miskien moet u begin deur SADTU in geheel onder kwarantyn te plaas.
Kwaliteit van onderwys sal oornag aansienlik verbeter.

GES ·

Sekere skole se personeel integriteit en sekuriteit is so swak dat die vraestelle sommer direk aan die leerders gestuur kan word.

Weet dit gebeur ·

Sommige klein privaatskole bespreek sommer openlik die nasionale graad 11 vraestelle met leerders en dis nie skole van kleur nie!! Dis so onregverdig teenoor die res van die land se graad 11’s wat moet aansoek doen vir keuring by universiteite.

Thea Gerber ·

Ek is die hoof van ‘n groot privaatskool vir swart leerders. My onderwyser het die Saterdag voordat die Graad 11’s “Life Sciences” geskryf het, heeldag met hulle twee vorige vraestelle deurgewerk, 2014 en 2013 s’n. Maandag kom hy woedend na my kantoor om vir my te wys dat die 2013 vraestel net ‘n nuwe datum bygekry het, verder is dit presies dieselfde vraestel. Dit is terloops ook in Limpopo. Nou sit ons met ‘n omgekeerde probleem. Leerders wat die hele jaar bitter swak gedoen het, se nuwe-ou vraestel gaan hulle laat deurkom, en hoe de donkie kry ons hulle deur Graad 12? Ek is seker daar is iewers iemand wat lekker geld verdien het vir die nuwe vraestel wat hy opgestel het vir 2015. Twee minute se werk vir ‘n fris betaling. Verander net die datum.

Peet Schabort ·

Waar is ons geleerde Lesufi wat die skoolhoofde wil rondskuif?
‘n Baie beter plan is om die hele skool ook rond te skuif en dan natuurlik die skoolhoofde apart.

Onderwyser wat anoniem moet bly ·

Ek sal graag wil sien wat die uitslag van die ondersoek gaan wees. Kan ek voorspel dat, soos in die verlede, die fluitjieblaser geskors gaan word en dat die skuldiges niks gaan oorkom nie.

Johnny ·

Staatsveligheid ondersoek die saak? Wow, Nooit geweet gelekte eksamen vraestelle is so gevaarlik nie, bedreig staatsveligheid? Net in Afrika

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.