Matriekvraestel op WhatsApp versprei

skool klaskamer skoolhoof

Argieffoto

ʼn Leerder van Gauteng het die matriek-wiskundevraestel aan leerders in Limpopo uitgelek.

Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, het gesê die leerder in Gauteng het die vraestel aan ʼn leerder in Limpopo gestuur om die antwoorde te probeer kry. Twee leerders aan Giyani High School het die vraestel verder op WhatsApp versprei voor dit Maandag deur matriekleerders geskryf is.

“Die leerder het ʼn volledige bekentenis afgelê wat sal help met die ondersoek vorentoe,” het Motshekga tydens ʼn mediakonferensie gesê. “Ek is diep teleurgesteld deur die ongelukkige voorval wat die potensiaal het om die geloofwaardigheid van die eksamen in twyfel te trek.”

Volgens Motshekga het die departement die saak by die Valke aangemeld vir verdere ondersoek.

ʼn Lewenswetenskappe-vraestel het verlede jaar ook in Limpopo uitgelek, ondanks veiligheidsmaatreëls wat die departement ingestel het.

Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, moes in 2014 die uitslae van 11 matriekeksamen-sentra in KwaZulu-Natal en sewe in die Oos-Kaap diskwalifiseer ná die grootste eksamenbedrogskandaal ooit in Suid-Afrika waar groepe afgeskryf het. Streng maatreëls is ingestel om seker te maak dat dit nie weer in die 2015-eksamen kan gebeur nie, het Motshekga in daardie stadium gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Raymond Bastone ·

Sien van kleins af oneerlik blikkies waar gaan dit heen

alex ·

skoolstandaarde is nou so laag dat selfs SONDER ‘n vraestel wat uitlek, almal steeds sal deurkom. Ek het onlangs ‘n geskiedenis vraestel vir matriek gesien. Ek was geskok oor hoe maklik was. Ek kon klomp goed sommer so, uit my kop uit, reg antwoord. En ek was 31 jaar gelede in matriek.

Charlton. Nelsn ·

Nee Die Voorgangers het hulle mos gewys hoe word dinge gedoen.Maar my kind mut als insit om te prestee.Ons kinders kom by niks in dis net die meerderheids groep wat wen.ons mut op die agter speun suig.

Ania ·

Nou hoe het die leerder in Gauteng in die eerste plek die vraestel gekry?

Janjien ·

Wow!! Kry die vraestel en dan moet iemand anders steeds dit vir jou uitwerk..

Pop ·

Kan ons raai raai rieps sleel en raai aan watter kant van die kleurspektrum die lekkasie plaasgevind het. Want ek weer sonder n sweempie van twyfel dat as dit n wit afrikaanse leerling was is hy geskors en sy naam aan die groot klok gehang. En matriek sou hy in der ewigheid nie geskryf gekry het nie. Diè een se sorry gaan aanvaar word in die naam van demokrasie en sy matriek met vleende vaandels deurkom

koos ·

net voor julle almal te veel klippe na die huidige stelsel in SA gooi: ek onthou hoe Broederbonders se kinders, NG dominees se kinders en prominente NP-lede se kinders se punte ook maar gekook is in die ou SA… My pa was KP en almal het dit geweet. Studiebeurse na skool was dus nie vir my beskore nie, alhoewel ek matriek ver bo-gemiddeld geslaag het.

zoom zoom ·

Almal slaag want hulle word benodig om te toi toi by varsity ‘s.
#exammustfall is volgende op die lys

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.