Matrikulant aan meisieskool neem eie lewe

skool-skoolskoene-onderwys

(Argieffoto)

Die Wes-Kaapse departement van onderwys is geruk ná die dood van ’n matrikulant aan die Rhenish Girls’ High School in Stellenbosch. Dié 18-jarige leerder het Dinsdag glo haar eie lewe geneem.

Bronagh Hammond, woordvoerder van die Wes-Kaapse departement van onderwys, sê die departement is “geskok en bedroef” om te hoor van die gr. 12-leerder wat haar eie lewe geneem het.

“Die departement se senior amptenare het Dinsdag die skool besoek om ondersteuning te bied. Al die gr. 12-leerders van die skool gaan ook die nodige berading ontvang.”

Kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, het bevestig die omstandighede rondom die leerder se dood word ondersoek en ʼn geregtelike doodsondersoek is geopen.

Die skool wou nie Woensdagoggend kommentaar lewer nie.

Die departement doen ʼn beroep op alle ouers en lede van die gemeenskap wat weet van leerders wat sielkundige hulp benodig, om die departement se Safe Schools-kontaksentrum by 0800 45 46 47 te skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

thejudge ·

Ek sou sê BAIE relevant vir ander leerders by die skool.

Vanessa ·

Ai die arme kind. Hulle het geweldige stress. Ek bid vir almal naaste aan haar. Mag Jesus julle die krag gee om deur die moeilike tyd te kom.

Cecilia ·

Dis so tragies. Hoe desperaat moes daai arme kind gewees het om selfdood as enigste uitweg te sien.
Sterkte aan d ouers en moet jul asb nie self verwyt nie. N mens sien nie d tekens raak nie. Ons is nie sielkundiges nie dus probeer j j kind op d beste manier ondersteun. Maar d keuse het by haar gele.
Sterkte

Adrie ·

Dis so verskriklik hartseer! Innige simpatie aan die ouers, vriende en onderwysers.

Niklaas ·

Baie tragies en ek voel vir die arme ouers. Wonder of dit nou weens boelies of studiedruk was ?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.