Matrikulant doodgery ná laaste vraestel

Foto: Verskaf.

ʼn Matrikulant wat pas haar laaste eindeksamenvraestel geskryf het, is Maandagmiddag in Durban doodgery toe sy ná die eksamen huis toe gestap het.

ʼn Ander meisie wat saam met haar geloop het, is ernstig beseer.

Garrith Jamieson, woordvoerder van Rescue Care-ambulansdienste, het gesê die twee meisies het op die sypaadjie geloop toe die voorval plaasgevind het. “Die voorval het teen 12:15 op die M7-Oos oorkant die Southway-winkelsentrum plaasgevind,” het Jamieson gesê.

Toe paramedici by die toneel opdaag het hulle die wrak van die voertuig op die sypaadjie aangetref. “Een meisie het baie ernstige beserings opgedoen en is op die toneel dood verklaar. Die ander meisie is ernstig beseer en is op die toneel gestabiliseer en na ʼn nabygeleë hospitaal gehaas vir mediese behandeling,” het Jamieson gesê.

“ʼn Volwasse man is ook getref en het matige beserings opgedoen. Hy is ook op die toneel behandel voordat hy na ʼn hospitaal vervoer is. Die bestuurder van die motor het slegs geringe beserings opgedoen,” het Jamieson gesê.

Volgens Jamieson is dit nie duidelik wat veroorsaak het dat die bestuurder beheer oor die voertuig verloor het nie. Die polisie is besig met ʼn ondersoek.

Foto: Verskaf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Natasha kapp ·

Absolute tragedie. My hart gaan uit na haar ouers toe. Sterkte aan almal betrokke.

Ouma ·

Dis so hartseer! Sterkte aan haar familie. Woorde kan die seer nie beskryf nie.

Miekiw ·

Dit is so hartseer. Wil net vir almal naby aan haar se sterkte. Ek het ni woorde ni.

Ashley ·

Amen Ken. Ek weet, want ek woon in Los Angeles vir 25 jaar al. Nerens els in die Wereld meer voertuie op die pad as hier by ons. En alles verloop glad.

Susan ·

My gevoel ook! Niemand gehoorsaam meer die padreëls nie. Want almal doen dit mos, so hoekom nie ek nie!

Magda ·

Dit is so tragies – Sterkte aan haar ouers en speodige herstel aan die ander meisie en man wat beseer is.

Louise ·

Ek dink regtig Metro kyk na verkeerde goed.

Dis klein self dissiplines, bv. die verskil tussen verby steek en ry op ‘n stippellyn (rakende motorfietse); die verskil tussen aanpas by die verkeer; en my motor is vinniger as ander – want ABS breaking is nie dood-proof nie); die verskil tussen ‘n nuwe motor en nuwerige motor wat se nommerplate net afgehaal is; nie globes wat werk of nie werk, ens. op motorkarre nie. Wanneer sal ons Metro Polisie eendag wakker skrik?

Louise ·

150% reg. Ons bestuurders is pateties… En dit begin in ons onmiddelikke omgewings waar ons / woon

Botterblommetjie ·

My vriendin van Niew Zeeland het hier gekuier. Behalwe dat sy doodbang is vir ons hoë “crime rate” en dinge wat gebeur was sy geskok hoe mense bestuur. Sy sê daar word jy vinnig beboet en reëls moet toegepas word. Ek self sou verkies as ons almal by die reëls hou en mense vasgevat word as hulle wette oortreë. Dit hartseer dat ons ‘n polisiemag, wette ens. het, maar baantjies vir boeties ens. is die inding. Probleem wat korrupte amptenare ens. nie besef nie, die krimenele gaan more jou familie of vriende aanval…

Lynne ·

My broer woon in Australië en daar sal geen mens dit waag om die verkeersreëls te oortree nie. Dis ‘n algemene ingesteldheid wat al die inwoners openbaar. Om net een voorbeeld te noem: Geen maar geen voetganger sal ‘n verkeerslig oorsteek as die mannetjie rooi is nie. By ons hol voetgangers links en regs oor paaie en op plekke waar hulle glad nie veronderstel is om eers te wees nie!

Nicolene ·

Woorde het ek nie….. Ek kan myself nie indink hoe mens jou kind begrawe nie. Haar hele lewe het voor haar gelê en nou het sy tragies gesterf. Ons huil saam met die ouers en bid vir vertroosting.

Annemarie Swanepoel ·

As ‘n mens in ag neem die groot presentasie van ons populasie wat te voet of per fiets tussen werk, huis, winkel en skool moet beweeg is dit eintlik ‘n skande dat daar nie voorsiening gemaak word vir voetgangers en fietsryers nie. Dit is letterlik “vrek” gevaarlik om op ‘n hoofweg te stap – maar het hulle ‘n ander roete om te neem? Selfs in die dorpe en stede se residensiële gebiede is daar soveel voetgangers wat in die pad moet loop omdat daar net nie voorsiening gemaak is vir veilige “stappies” nie. Dan is daar natuurlik bestuurders wat geen gevoel of empatie toon nie en letterlik verby hierdie mense JAAG en hulle name noem omdat hulle “in die pad is”. Die sisteem is belaglik.
EK was self ‘n voetganger en fietsryer in Europa en daar was voorsiening gemaak hiervoor.
Soos met soveel ander “publieke diens lewering” kan ek net een vraag vra; is ons werklik verbaas dat daar soveel voetgangers dood gery word? Nee, ons is nie. Wie moet blameer word? Die bestuurder is natuurlik verantwoordelik vir sy eie veiligheid maar ook die van ander terwyl hy agter die wiel is maar die staat moet tog ook verantwoordelikheid dra. Sleg man sleg!

Tanya Kruger ·

My hart is ontsaglik seer vir hierdie ouers se pyn. Rus in vrede jonge dame, jy is nou ‘n engel kind.

Hester ·

Hoe verwerk n ouer dit. My hart huil saam die ouers en familie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.