Matrikulant glo tydens Rage-vieringe verkrag

Argieffoto

ʼn Tienermeisie is glo vandeesweek te midde van die gewilde Rage-vieringe in Umhlanga, KwaZulu-Natal, verkrag.

Lt.kol. Thulani Zwane, provinsiale polisiewoordvoerder, het Vrydag aan Maroela Media gesê die beweerde verkragting het Maandag in ʼn hotel in Umhlanga plaasgevind.

“Die 18-jarige meisie is na bewering deur ʼn 18-jarige verdagte verkrag. Die verdagte is aan haar bekend,” het Zwane gesê.

ʼn Saak van verkragting is by die Durban-Noord-polisie aanhangig gemaak, waarna die jong man in hegtenis geneem is. Hy moet binnekort in die hof verskyn. Zwane het gesê die saak is in ʼn sensitiewe stadium en meer inligting kan nie nou beskikbaar gemaak word nie.

Rage-partytjies het oor die afgelope paar jaar ʼn gewilde jaarlikse instelling vir skoolverlaters geword wat op kusdorpe landwyd toesak om hul matriekvakansie daar deur te bring.

Lees ook: Rage reageer ná matriekmeisie se ‘verkragting’

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Mike ·

Wens ouers van seuns en meisies kom tot hul sinne en weier dat hul kinders na sulke imorele geleenthede gaan.
Ouers……moenie jul kinders “drop ” nie….mens kry d indruk julle wil v hulle ontslae raak.

hehe ·

Regtig??? Kinders gaan een of ander tyd onder mamma se vlerk moet ui kom. Ongelukkig is ons wêreld so vieslik dat jy heel onskuldig SAAM JOU MA EN PA by familie kan gaan kuier en dieselfde kan gebeur.

Boeremeisie ·

Mike jy weet nie waarvan jy praat nie so sal aanneem jy het geen kind of kraai nie dat jy so stelling kan maak. Wag stel jy voor? Moet ouers hulle kinders vasketting. Gestel ek stuur my dogter op ‘n kerkkamp en sy word verkrag. Of ek stuur haar varsity toe en sy wors verkrag? Dit klink so al vir my asof jy die daad wil regverdig. Tipies weer een van daai wat soek sy daar. Patetiese argument. Hou op die blaam soek by victims en hulle families en lê eerder die blaam voor die deur van die verkragter wat net dink met sy klein brein in plaas van sy groot brein!

Pieta ·

So wanneer, volgens jou Mike, kan boetie of sussie hulle eie ding doen. 18, 20 25, 30, 40, 50, 60, 70 of 80 jaar.

Morkie ·

So dankbaar my dogter en haar vriendinne het nie belang gestel om te gaan nie.

MJ ·

Ek as destydse matriekleerling, wat toe klaar eksamen geskryf het… het self besluit om nie op so ‘n ‘vakansie’ te gaan nie.. was nog nooit spyt daaroor nie.

Mags ·

Ek het ook nooit op so vakansie gegaan nie. Is nie een dag spyt nie

Janine ·

Al loop ‘n meisie KAAL, is dit geen verskoning om jou soos ‘n bosdier te gedra nie. Maar, ek sluk swaar aan “verkragting” wanneer die doel van die byeenkomste absoluut daaroor gaan om snotdronk te raak. Soos jy sê, elke storie het 3 kante.

Morele verval ·

Stop hierdie tipe van gemors.Dit raak elke jaar erger soos morele verval groei.Ergste is dat die ouers hulle laat gaan en hulle is die mense wat n voorbeeld moet stel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.