Matrikulant in sop oor video met apartheidsvlag

Southdowns College (Foto: Foursquare

’n Matriekleerder aan Southdowns College in Centurion word aangekla van boeliegedrag nadat ’n video van hom in ’n restaurant met die ou Suid-Afrikaanse vlag in die agtergrond op sosiale media versprei is.

Die leerder is Vrydag dissiplinêr by die skool verhoor nadat die skermgreep die afgelope twee weke soos ’n veldbrand onder leerders en onderwysers van die skool versprei het. Die video is in 2018 reeds geneem, maar is twee weke gelede deur ’n medeleerder aan dié privaat skool versprei. Die leerder se ouers het nou regshulp ingeroep omdat hulle glo hul seun word onregverdig aangekla van iets waaraan hy nie skuldig is nie.

Talle leerders en onderwysers was glo ontsteld en seergemaak oor die skermgreep. In die Twitter-plasing word daar na die vlag as die “onwettige apartheidsvlag” verwys en daar is ’n sirkel om die ou Suid-Afrikaanse vlag in die skermgreep getrek om dit te beklemtoon.

Gerhard Botha, die leerder se regsverteenwoordiger, sê volgens hom is die dissiplinêre verhoor onbillik. Die verhoor en klagstaat is onregverdig, onvolledig en ongesubstansieerd. “Die hele storie is ’n heksejag teen iemand wat onskuldig is,” sê Botha. Luidens die klagstaat word die leerder aangekla van boeliegedrag, intimidasie en vernedering.

Dié video is op 21 September 2018 deur die leerder se ma in die restaurant geneem. Die gesin was vir die langnaweek op pad na ’n natuurreservaat digby Bela-Bela in Limpopo en het by dié restaurant stilgehou op pad soontoe.

Die leerder is glo uitgedaag om die drankie te drink en sy ma het hom toe afgeneem. Volgens Botha het hulle met die neem van die video nie eens die ou Suid-Afrikaanse vlag in die agtergrond gesien nie.

Botha sê die leerder het op 24 September 2018 die video op sy WhatsApp-status gedeel. Die video het 24 uur daarna van sy status verdwyn. Die video is nêrens anders geplaas nie. “Dit was in dié tydperk van 24 uur dat iemand ’n skermgreep van die video moes geneem het,” vertel Botha.

Botha vertel sy kliënt het van die skermgreep te wete gekom en kon dadelik identifiseer waar en wanneer die video geneem is. Hy het ook sy graadonderwyser by die skool ingelig oor die skermgreep. Die hoof en onderhoof van die skool is daarna van die skermgreep verwittig. Hulle het ’n vergadering met die leerder byeengeroep.

Botha vertel die hoof en onderhoof het tydens die vergadering aan die leerder gevra hoe hy die kwessie gaan regstel. Botha sê hulle het vir die leerder gesê hy moet gaan dink oor die saak en dan in ’n verklaring skryf wat sy plan van aksie is om die situasie te beredder.

Botha vertel die skool het Woensdag 9 Junie die leerder en sy ouers in kennis gestel dat hy Vrydag 12 Junie dissiplinêr by die skool verhoor gaan word. Volgens Botha het die skool ’n lys aanklagte teen die leerder in ’n klagstaat uiteengesit.

Magalan Pather, die hoof van Southdowns College se hoërskool, het aan Maroela Media bevestig die saak teen die leerder word nog ondersoek en die proses van dissiplinering is aan die gang. Hy wou egter nie verder oor die saak uitwy nie en het gesê dit is nie geskik vir die skool om individuele dissiplinêre sake met die breë publiek te bespreek nie.

Botha sê met die verloop van die saak het die leerder heeltyd gevra dat sy skool se naam nie deur die modder gesleep word nie. “Die leerder is baie trots op sy skool en het niks gedoen om sy skool se naam sleg te maak nie. Wat my betref, het die persoon wat die skermgreep kwaadwillig begin versprei het wel die skool se naam in gedrang gebring. As jy net na die video sou kyk, is daar geen aanduiding dat dit ’n leerder van Southdowns College is wat daar sit nie,” meen Botha.

Botha sê die skool wil nie die persoon wat die skermgreep gemaak en begin versprei het, se naam bekend maak nie. Niemand is tydens die verhoor as getuies ingeroep nie.

Die dissiplinêre verhoor is nog aan die gang en die volgende verhoordatum moet nog vasgestel word.

Pather het verder in sy reaksie aan Maroela Media gesê die betrokke leerder sal die nodige geleenthede kry om die saak te bespreek en daaroor te besin om sodoende ’n oplossing vir die kwessie te vind.

“Ons dissiplineproses sluit wel die moontlikheid van strafsanksies in, maar dit bevat ook meer herstellende meganismes, na gelang van die individuele omstandighede. Hierdie omstandighede sluit ander gedrag en verslae oor die betrokke leerder in, asook sy bereidwilligheid om die uitwerking van sy gedrag op die inklusiwiteit van ons skoolgemeenskap te bespreek,” het Pather gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

74 Kommentare

SomeOne ·

kranksinnigheid om die leerder te vervolg, laat die ou koeie in die sloot

Phumba ·

Die ou Vlag is eers in 2019 verban. As die foto dan in 2018 geneem is, is daar mos geen gronde om te reageer nie.

Antjiepat ·

al was die vlag ook in 2020 verban is die skolier steeds onskuldig…

Anel ·

Wat ‘n heksejag! Het die kind homself nou doelbewus in ons vlag gedrapeer en kwetsende woorde gespreek? Laat die een wat dit versprei aangekla word. Hy is seker kwaad vir die kind van die vlag en nou dien hy so iets. Hoekom 2 jaar wag. Defnitief bymotiewe. So siek vir al die nonsens. As ek nou sê dat die heedendaags vlag my eer en waardigheid aantas want dit versinnebeeld vir my onderdrukking van my mense, wat dan!

BoerSonderRoer ·

Die enigste vlag wat my ontstel is die kommuniste se vlag en die ANC se vlag wat onskuldige vroue en kinders gebom het.

Johan ·

Wie gaan hul bietjie aanvat daaroor? Sal mense dit ondersteun om die ANC vlag te verban, ons voel dit “walg” ons.

Juls ·

Dit ruk nou hand uit. Alles wat deur regses / wittes gese word, word nou veroordeel, die linkses kan maak en breek soos hulle wil. Dit ruk nou regtig hand uit.

Johan ·

Wat kan ons daaraan doen! Dis n siekte wat die linkse massamedia nou al van die 60s af kweek. Hoe gaan ons dit keer mense, eks raadop. Die linkses gaan aanhou tot daar geen geregtigheid en rationele denke oor is nie.

Jessey ·

Heksejag vir goedkoop publisiteit. Draai dit altyd in Politieke gemors argumente. Ek het deur die “lockdown” op TV gesien hoe een vd ANC lede ‘n Blou, Wit en Oranje das dra terwyl hulle met hom ‘n onderhoud voer. Nou wat nou??? As ek die foto op sosiale media versprei gaan hy ondersoek word??? Petty gemors redes om mense se lewens te verwoes.

Hendrik ·

Die vlag hang in baie kroee en privaat versamelings. As hulle dan iemand wil aankla moet dit die eienaar van die vlag wees en nie n onskuldige lid (kind) van die publiek nie. (Inhierdie geval meer spesifiek die verspreider daarvan wat die eintlike kwaadsteker is). Gaan hulle nou ook mense begin aankla wat langs historiese monumente afgeneem word? Die hele bohaai oor die verlede is absoluut kinderagtig.

Tinus ·

Die arme leerder is onskuldig van enige enige gedrag, wat het “boeliegedrag” met dit uit te waai,so as ek n foto plaas waar ek in die weermag was met die ou vlag,” boelie” ek iemand? Die hoof en onderwysers jaag spoke op,hou julle by julle opvoedings taak,ek is seker die seun weet nie eers wat die ou vlag nou beteken nie….

marius ·

Boeliegedrag , intimidasie en vernedering is presies die basis waarop ‘n siviele eis kan berus . Geen aanvaarding van verskonings na die tyd nie .

Oujongvrou ·

Presies Marius. Die stomme kind word nou vervolg heeltemal onskuldig. Maak n voorbeeld van hierdie skool en sit n siviele eis namens die mense teen die skool in pro bono. Dan sal die snert hopenlik stop.

Joggie ·

As die skool so optree en dink dit is OK, is die kind in verkeerde skool!

ES ·

Sommer simpel – hy het dan nie eers agter gekom die vlag is agter hom nie. Die ou vlag is eers in Augustus 2019 deur die gelykheidshof as onwettig verklaar. Hierdie is bloot ‘n heksejag.

Termiet ·

Die massas het gesien dat ons te lamsakkig en lafhartig is om op te staan en saam te staan, nou teiken hulle die jonger geslag.

Johan ·

Wat verwag jy Hannes, dit is ons teen die wêreld. As jy nou n sneller trek vermoor jy ons allmal en die hof is maar min simpatiek en bitterlik beïnvloedbaar deur ons vyhande. Ons “staan baie saam” maar ons is net so oorweldig deur die oormag….ek veg elke dag vir ons plek, verstaan nie die “saamstaan” kommentaar wat so geaag gemaak word nie.

Termiet ·

Johan, vreedsame optogte in ons duisende. So staan ons op. Ons kan ‘n verskil maak sonder om ‘n seller te trek.

JohanR ·

Hierdie land is ‘n grap, ‘n ABSOLUTE grap! Lees vanmore dat die ANC wil die 2021 verkiesing uitstel tot 2024, maar dan will hulle net elke 5 jaar ‘n verkiesing hou vir nationaal/provinsiale en
munisipale saam. Maar wie staan hulle nou by in die besluit. Ja die klein boetie die EFF. Die ANC is die EFF, en die EFF is die ANC. Dink hulle is vrek bang vir die 2021 verkiesing omdat hulle Covid-19 soe sleg op gemors het, en weet hulle gaan sleg verloor. Weet nie hoekom die moet uitgestel word nie want die is nog 12 maande weg. Tyd vir opstand. Dink ons moet maskers, pantofels, hemde, klapmusse, handskoene, rugsakke ens ens ens in oranje, wit en blou begin dra! Let’s call it the “Colours Matter” movement.

Pieter ·

Dit is al wat ons blankes doen is praat en kla. Hoekom neem ons nie tandpunt in en staan saam en se genoeg is nou genoeg nie. Dit is van al die kla dat ons sit waar ons sit.

Magda ·

Pieter wat stel jy voor moet ons doen = se dan reel ons dit – Optogte na die skool toe dalk????

Toktokkie ·

Alweer Southdowns College. Verlede jaar is ‘n juffrou geskors omdat sy ‘n leerling slegte punte gegee het. Politieke skool!

Andre ·

Siestog, gee tog berading. En ‘n foto van die rasgedrewe vlag wat so gereeld halfmas moet hang.

Alleen Wolf ·

Ek is bly die ouers het regsverteenwoordiging, as hulle die saak wen wat behoort te gebeur hoop ek hulle vat die onbevoegde hoof en sy trawante siviel aan vir skadevergoeding vir kwaadwillige beswaddering van sy naam en integriteit. Praat van “Boelie gedrag”

Anon ·

Ag asseblief… Die kindertjies is nie te sensitief om ‘n bohaai oor ‘n vlag op te skop nie! Sensasie soekers! Dagvaar die rook uit hulle!

Pandora ·

Eerstens sou ek my kind onmiddelik uit die skool haal. As die skoolhoof en onderhoof so teenoor my kind optree sal ek woedend wees. Hy is net ‘n kind. Waarom moet hy nou die saak beredder?
Tweedens sal ek die persoon wat die foto versprei het aankla van naamskending en karakterskending, ongeag of dit nou ‘n medeskolier is. As jy dan nou grootmeneer wil speel, moet jy sien hoe die regte wêreld werk.
Derdens – hoekom hou mense aan emosioneel en geaffronteerd wees oor die verlede?? Dis ‘n stuk materiaal. Dis ‘n vlag. Lot se vrou het omgedraai en teruggekyk en ‘n soutpilaar geword – hoe lank wil julle nog aan die verlede vasklou? Julle hande is toe om die geskenk van die toekoms te ontvang. Daarom dat na meer as 20 jaar is ons land in gemors. Politieke snert.

Marius ·

Weer n skool wat oor reageer te vinnig sonder om AL die feite op die tafel te he . Dit is belaglik dat n vlag wat deel is van ons land se geskiedenis so iets veroorsaak . Dit is tyd dat mense groot word en die groter prentjie sien , en ook besef dit is nie net hulle in die land nie maar n groter spektrum . Shame .

Su ·

Van wanneer af word dit ‘n “apartheidsvlag” genoem? pleks hulle verkragters en moordenaars vang… nou hou hulle hul op met die sinnelose goed…

Michael 1 ·

Seker reg om die vlag n apartheid vlag te noem ek noem hulle vlag n terroriste vlag.

Pieter ·

Waar val die mense uit. Ek kom agter dat hulle baie bang is. Die vlag kan niemand niks maak nie. Ek dink die ‘wittes’ moet ook se ons soek nie n ANC vlag nerens nie want dit kraak ons af en maak seer. nes n blf of eff vlag/ Simbool – dit druk ons af en wys na moord en haat teenoor ons. ‘ Alles op die einde van die dag vorm deel van geskiednis en moet ons almal verdra en leer, veral uit die foute want niemand besit S.A of die aarde nie.’

Sarel ·

My vraag: Wie is kinderagtig in hulle optrede. Lom mask die naam bekend van die persoon wat dit versprei het indien hy/ sy nie te lafhartig is nie

Pnina ·

Sjoe, ek het nie die video gesien nie, maar as die outjie daar geëet het, klink dit darem baie armsielig van iemand om hom te vervolg. Hy was in ‘n RESTAURANT in ‘n ANDER dorp. Dis nie of daar so ‘n keuse van restaurante in klein dorpies is nie. Is dit net ek of word die mensdom net al hoe komminer?

Vlooi ·

In ‘n tyd soos hierdie moet ek eerlik wees dat dit absoluut naif is van die skool om enigsens optrede te wil neem in hierdie saak. Dit is weereens ‘n bewys van die enkelvoudige uitkyk in die lewe. Dit is 2 jaar terug, wat bereik die skool nou om enigsens optrede te wil neem. Is dit maar net om hulle beeld te polish

Deon ·

Die skool wen goedkoop publisiteit en punte by die voorheen benadeeldes.

Magda ·

Haal jou kind uit die skool uit – nie n skool om jou kind verder te laat leer nie, en ook n onregverdige skool, haal hom uit as julle kan en dan dagvaar julle die rook uit die skool uit – want die video is geneem in 2018 – voor daar enige iets oor die vlag ooit gese was. DAGVAAR DIE SKOOL

Spekkies ·

Is daar swart ouers op die beheerraad, vra maar net? Dat ‘n spul volwassenes so kleinlik kan wees. Genade waar gaan die wereld heen. Daar is soveel meer dinge om oor te redekabel wat meer ernstig is maar nou ja ons haal’ n seun uit oor ‘n vlag? Nou word die eetplek seker ook geteiken of sodra dit gaan oopmaak

BoerSonderRoer ·

“leerders en onderwysers was glo ontsteld en seergemaak”

Hoe? Waarvan?

Sterkte aan daai leerders em onderwysers want hierdie “perfekte” wereld gaan hulle nog ‘n hele paar keer ontstel en seermaak.

Kinders is stout, punt. Tik hom oor die vingers en beweeg aan.

Magda ·

WEET DIE LERDERS EN ONDERWYSERS DAT DIE VIDEO IN 2018 GENEEM IS – DUIDELIK IS HULLE NIE DIE WOORD ONDERWYSERS WERD NIE. SAL MY KIND DADELIK UITHAAL AS HULLE NIE EERS KAN SEKER MAAK VOOR HULLE SO N GROOT LEE LAWAAI OPSKOP NIE. ONDERWYSERS WAT EK NIE MY KINDERS WIL LAAT LEER NIE – DANKIE MAAR NEE DANKIE

Lynette ·

Ag nee jislaaik, nou sal ek Al wat n album, skoolalbum, geskiedenisboek, en enige Ander print waarin ek ooit by n ou vlag gestaan het gaan soek en verbrand? Of ek of jy dit Wil weet, of nie, ons is in, deel van en maak geskiedenis met Elke asemstoot. Dit help nie ons probeer geskiedenis uitwis nie, Dan word ons gedoem om dit te herhaal. Met permissie gesê ” Build a bridge and get over it! ” Soos ek dit sien is dit nou die onskuldige seun wat nou geboelie word deur die skool, definitief deur die een wat die skermgreep gestuur het. Ek is so jammer seun dat dit is hoe jy nou jou matriekjaar moet beleef, Asof Covid nie genoeg was nie. As jy Niks verkeerds gedoen het, tel op jou kop. Die storm in die tee koppie sal ook verbygaan. Sterkte aan jou en jou gesin.

Michael 1 ·

Belaglik,is ons nou n komunistiese land of n demokratiese land ,ek gaan vir my t hemp laat maak in my vlag se kleure.

Blikkantien ·

“Talle leerders en onderwysers was glo ontsteld en seergemaak oor die skermgreep.“ Ons leef in ‘n twilight zone.

Mel84 ·

Asof hierdie matrikulant nie genoeg het om oor bekommerd te wees te midde van ‘n pandemie in sy finale jaar, eksamens, onsekerheid in ons land..
Die vlag was in 2018 nog nie verban nie – so basta met hierdie storie!

Pierreli ·

Die nuwe vlag is vir my ‘n beeld van rassisme, korrupsie, misdaad, moord, en verwoesting. Niks om op trots te wees nie.

Magda ·

STEM 100% SAAM – DIE HUIDIGE VLAG STAAN OOK VIR SWART APARTHEID – HOEKOM MOET ONS DIT AANVAAR????

Daniël Hendrik ·

Dis nou net ‘n ‘gatkruipery’ om politieke korrektheid soos marionette slaafs na te volg.
Geen sprake van demokrasie nie; slegs nog ‘n vorm van kaderaandbidding: om van siek te word!!!

Daniël Hendrik ·

Wat het geword van ‘vryheid van spraak’, ‘vryheid van assosiasie’???
Volgende vryheid wat ons gaan verloor is ‘geloofsvryheid’.!!

Hoekom ·

Daar is nie sulke vryhede in ‘n kommunistiese land nie…

Morné ·

Apartheidsvlag my agterend!!!!
Die mooiste vlag wat daar ooit was en dit is en sal my geskiedenis bly.
As julle, die media dit kan sê van die ou landsvlag, hoe sal julle dan die huidige stuk lap beskryf?

Maretha ·

Ai tog! Dis die ou vlag van Republiek van Suid-Afrika! Die bont kombers is meer van ‘n apartheids en rassistiese simbool as wat daardie vlag ooit kon wees! Die rassiste voel so geintimideerd deur alles. Small things amuse small minds!

Nico ·

Mnr. Gerhard Botha vertel hulle die waarheid, was dit een van ander rasse het niks gebeur nie, die rede is omdat hy ‘n wit student is.

Alexander ·

Hoe siek het die wêreld nie geword nie. Om die arme kind te vervolg is absoluut belaglik. Daardie vlag het alles wat mooi en edel is verteenwoordig en God het in die era van daai vlag regeer. Onder die nuwe vlag word God gelaster en is korrupsie hebsug en moord aan die orde van die dag. Humanisme is hier die groot sondebok. En ongelukkig is ons tans onder die juk van humaniste, kommuniste en ateisme vasgevang. Ons kan maar net bid dat God ons uit hierdie gemors sal bevry.

david ·

Maroela–ek maak beswaar teen julle opskrif–“APARTHEIDSVLAG”..
Daardie vlag het was nie gereserveer vir die SA gedurende apartheid nie.
dit was ook die vlag gedurende die 2e wereld oorlog en ons deelname
aan die oorlog in Korea.
Ek dink ons misken en beledig SA soldate wat in die 2e wereldoorlog geveg het.

Agge nee ·

Hoe bang is ons tog nie, laat ons boelie deur ‘n skoolhoof en beheerraad. Die skoolgeld by hierdie skool is R20 000 registrasie en dan R10 000 per maand, maw hierdie skool laat ouers deur hulle nekke betaal om van alle klein dingetjies ‘n helse bohaai te maak. Laas jaar was dit die arme jong juffrou wat dit gewaag het om in ‘n arme bloedjie se boek geskryf het dat dit al 30 jaar na apartheid is. Hierdie hoof is regtig TE.

Stephan ·

Dit klink vir my na n storie wat n lekker na draai kan hê… en om te dink die hoof en onderhoof is veronderstel om darem seker slim mense te wees….maar duidelik dans hulle na pype…

Andrè ·

Ons ou apartheidsvlag het 10 000 maal meer respek as die nuwe apartheidsvlag

gatgogga ·

Ons vorige landsvlag word die apartheidsvlag genoem?
Noem ons dan die huidige een die korrupsievlag?

JJB ·

Ag hoe polities korrek…
Interessant hoe Southdowns kollege sy eie leerlinge jag om politieke punte aan te teken!
Pateties!
So broos as dit ons pas,
so boos as ons klap na “nie-my-ras” !

Adrian ·

Hierdie is ‘n 17/18 jarige onskuldige kind wat nié enige kwade “bedoelings of gedagtes” gehad het nie…!

AmY ·

Ek wonder wat sal gebeur as ek nou ‘n foto moet opsit waar ek as kleuter die ou vlag vashou?
Hy was maar net 16 jaar oud toe die foto geneem is…
Gaan maar julle ou foto’s met ‘n vergrootglas na voor julle dit iewers plaas.
Hierdie is totaal en al belaglik!!!

Lorna ·

Grote genugtig
Ek is siek en sat
As jy TV aan sit is dit net out youth day more arme nasie wat maar net nie oor die brug kom nie
Tydsberekening mooi of moet ek sê lelike ding
Meeste van die jong mense was nog nie eers n gedagte nie wat wou gebore hulle eie leiers faal hulle en dis nogsteeds lekker ou Jan se skuld

Petrus Johannes ·

Onderwysers en leerlinge word groot , moenie in als haat wil sien nie.Ek is trots op die ou vlag en die nuwe een stel SA bo vlae

Jack ·

Totaal belaglig. Dit is duidelik dat die anc kaders ook volop in ons skole teenwoordig is. Hulle werk saam om die haat in die land verder te versprei. Ek stel voor dat hulle almal vir sielkundige evaluasie om te bepaal of hulle geskik is vir hulle rolle.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.