Matrikulant lol glo met leerders in koshuis

Argieffoto ter illustrasie (Foto: Pixabay)

Leerders aan die St. Michael’s School for Girls in Bloemfontein in die Vrystaat het vandeesweek aan ’n stille betoging deelgeneem nadat bewerings van beweerde seksuele wangedrag teenoor ’n matriekleerder geopper is.

Die beweerde wangedrag het glo reeds verlede jaar by die skoolkoshuis plaasgevind, maar het volgens die provinsiale departement van onderwys eers verlede maand onder die skool en departement se aandag gekom. Die departement wou nie besonderhede oor die aard van die klagtes bekendmaak nie.

Howard Ndaba, woordvoerder van die Vrystaatse departement van onderwys, sê ’n ondersoek na die bewerings is onmiddellik daarna van stapel gestuur en die betrokke leerder is geskors hangende die ondersoek.

Ndaba het gesê dit byk uit die aantal klagtes en die onlangse stille betoging deur leerders dat daar verskeie vermeende slagoffers is en dat die meerderheid van hulle in laer grade is.

Volgens Ndaba het die leerder se regsverteenwoordiger Woensdag tydens ’n verhoor voorgestel dat die leerder vrywillig die skool verlaat.

Die verhoor sou aanvanklik vroeër vandeesmaand reeds plaasgevind het, maar is later uitgestel omdat die betrokke regsverteenwoordiger nie beskikbaar was nie.

Die skool het Maroela Media Donderdag na die departement verwys vir navrae.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Werner ·

Dit is omdat ons kinders sielkundig moet grootmaak bring lyfstraf terug en die hele wereld Sal n beter plek wees tronkstraf help nie

Androclus ·

Ja baie waar,kinders was nog kinders toe ek nog ‘n kind was.

Erika ·

Daardie Kind is defnitief n Potensiele krimeneel Dit vertel jou gou omtrent sy Waardes in die Huishouding As Ons kinders grootgemaak is om verhouding met God te he sal daar reeds verskil wees

Skalla ·

Hoekom aanvaar jy dat dit n hy is? Is dit net mans wat dit doen? Dit is n meisieskool, ek twyfel sterk of daar enige seuns daar is.

Charmain ·

Nou verlaat die leerder die skool en gaan net eenvoudig voort met die gruweldade by die volgende skool, klink nie vir my na n oplossing nie!

Johanna ·

Liewe Ouers!!!
Seksuele wangedrag word nie met n pakslae reggemaak nie, nog minder met vrywillige skorsing.
Almal wat geraak word moet berading kry en selfs die mollesteerder ook. Die mollesteerder was beslis ook TE vroeg in haar LEWE seksueel bewus gemaak deur iemand wat haar misbruik het.
As die mollesteerder oud genoeg is moet geregtelike stappe geneem word en sielkundige waarneming verpligtend wees.
Mens vee nie hierdie tipe ding onder die mat in nie. Nooit nie!! Ouers van hierdie kinders moet hierdie saak baie HOOG op aanspreek.
Dit is presies wat die Roomskatolieke kerke doen, seksuele wandade word toegesmeer.
Waar is Lufusi nou??

Peetjie ·

En nou het hy die skool verlaat net om op n ander plek te gaan pla

Genis ·

Lesufi is besig met Whatsapp tender groepies vir die tenders…

Pieter J ·

As ń mens sien waaraan kinders blootgestel word in hierdie sogenaamde “moderne” era terwyl hulle nog nie emosioneel vowasse genoeg is hiervoor nie, is hierdie geen verrassing nie . Die kind se opvoeders is net so skuldig as die kind.

anko ·

Ek keur glad nie goed wat in die koshuis gebeur het nie, tog gebeur sulke goed en word stil gehou. Student het waarskynlik besluit dis nie vir my nie en gerapporteer.
Sommige kinders se huise is so klein, ouers en kinders slaap op een bed. Hoe moet die kinders leer wat is reg of verkeerd, hulle aanvaar dis hoe dit in die normale lewe gaan. Kinders is vandag (nie almal nie) vroeg ryp en word blootgestel. In vandag se lewe maak sommige kinders, kinders net om onderhoud te kry. Kyk hoe lyk sommige jonge dames se kleredrag – uitlokkend, boude word geswaai… Sien my raak en … Dank die Vader ek het nie meisiekinders nie anders was die hel los. My seuns het ek klein klein van die bytjies ens vertel en was en is steeds ordentlik met enige persoon, ongeag ouderdom. Indien hul “anders” sou wees, sou ek hul aanvaar het en dieselfde pad gestap het. Opvoeding en respek begin by die huis. Pakslae/sielkunde werk nie. luister nie. Straf: publieke dienste by weeshuise, hospitale ens

Jack ·

Die verval in die morele waardes waarmee ons kinders grootgeword het is aan die verbrokkel en jy sien dit nou reeds van laerskool leerders. Die oorsake na my mening is die totale vryheid wat kinders het met toegang tot selfone en dus die internet met al sy afskuwelikhede. Dit is vandag ons kinders se leerskool. Die ouers is grootliks te blameer vir hierdie verval. Jammer

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.