Matrikulant neem eie lewe

Argieffoto

’n Matrikulant aan ’n hoërskool in Krugersdorp aan die Wes-Rand het Woensdagmiddag sy eie lewe geneem. Die matriekeindeksamen het Donderdag afgeskop.

Steve Mabona, woordvoerder van die Gautengse departement van onderwys, sê die 17-jarige leerder aan die Kagiso Secondary School het homself glo by ’n vriend se huis om die lewe gebring.

Die presiese omstandighede wat tot sy dood gelei het, is nie in dié stadium duidelik nie.

Die departement het reeds ’n span traumaberaders na die skool gestuur om ondersteuning aan die skoolgemeenskap te bied. Sy familie word ook bygestaan.

Panyaza Lesufi, Gautengse LUR van onderwys, het ook sy medelye uitgespreek.

“Dit is jammer en betreurenswaardig dat ’n leerder besluit het om sy eie lewe te neem. Ons wil ons innige meegevoel aan die familie, vriende en die skoolgemeenskap gedurende hierdie moeilike tyd van rou betuig.”

Die departement doen ’n beroep op matrikulante wat gedurende die eksamen onder stres en druk verkeer, om die Kinderhulplyn by 0800 055 555 of 011 645 2000 te skakel vir hulp.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

SomeOne ·

sterkte aan familie
ai dis so jammer, eksamen stress was sekerlik te veel gewees

minniemuis ·

So baie hartelose mense ….. dan verstaan mens amper hoekom kinders dit doen neh Essie

Gogga ·

Ek dink dis een van die mees gevoellose opmerkings wat iemand kan maak. Dit is net so verkeerd. In die vervolg probeer iets soos….
Innige meegevoel aan die ouers en naasbestaandes van die leerling.

Androclus ·

Ai dis nie ‘n lekker storie nie,God sal alleen weet die hoekoms en die waaroms daaragter.
Sterkte aan die familie

Casper ·

Ai,tog so jammer.Hy was aan die begin van grootmens word en sy hele lewe het nog voorgelê.

Adrie ·

My hart huil! So innig jammer vir die familie. Hoe verskriklik hartseer :-(

Eltan ·

Baie hartseer…dat n jong mens geen ander uitweg sien nie…mens sal nooit weet wat hom/haar oortuig om oor te gaan tot sulke dade nie…maar ek raai dat ons swak belyd in die land, werkloosheid, min tot geen vooruitsig vir n blink toekoms, hoe krimenele statestiek, ens ens…en alles wat die regering aan raak en laat flop n groot dryfas was agter so besluit…

Annette ·

Dis baie tragies dat `n jong mens op die drumpel van sy lewe so sonder hoop voel dat hy sy eie lewe neem. Diegene naby aan hom sal altyd wonder of daar iets is wat hulle kon doen, om dit te verhoed. Moenie die uitwerking wat die grendelstaat op mense se gemoed gehad het, as moontlike bydraende faktor buite rekening laat nie. Daar is soveel druk op die jeug en dit was ‘n moeilike jaar vir almal. Baie sterkte aan die familie en vriende.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.