Matrikulant sterf dag voor matriekafskeid in ongeluk

Wiam Page. Foto: Facebook

Wiam Page. Foto: Facebook

ʼn Matrikulant is dood nadat hy Donderdag, ʼn dag voor sy matriekafskeid, met sy motorfiets teen ʼn motor gebots het in Welgelegen in Limpopo, het Beeld Saterdag berig.

Wiam Page (18), ʼn leerling aan die Hoër Tegniese Skool Tom Naudé, was Donderdag op pad huis toe, toe hy in Generaal Viljoenstraat teen die motor gebots het.

Louisa de Kock, ʼn ooggetuie, het aan Beeld gesê dat Page agter ʼn motor gery het toe die motor skielik remme aangeslaan het vir ʼn spoedwal. Page het toe na regterbaan geswenk om ʼn botsing met die motor te vermy. ʼn Ander motor het intussen uit die parkeerarea van ʼn slaghuis gery en voor Page se motorfiets ingery.

“Ek dink nie die bestuurder van die motor of Wiam het mekaar gesien nie,” het De Kock aan Beeld gesê. Die matriekafskeid het Vrydag plaasgevind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Gerhard Vermaak ·

Jammer vir die familie se verlies. Mag julle gou vertroosting vind.

PJ ·

Mag julle berusting kry uit Sy hand en die vrede wat alle verstand te bowe gaan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.