Matrikulant sterf ná kar hom tref

Argieffoto.

ʼn Matrikulant is Dinsdag in ʼn Johannesburgse hospitaal dood nadat hy vroeër die dag naby die skool deur ʼn motor getref is.

Steve Mabona, woordvoerder van die Gautengse onderwysdepartement, het gesê die gr. 12-leerder aan Diversity High School in South Hills, Johannesburg, het die oggend uit die skoolbus geklim en is deur ʼn motor raakgery toe hy besig was om die pad oor te steek.

“ʼn Ambulans, lede van die metropolisie en die leerder se ouers is na die toneel ontbied. Die seun is na ʼn hospitaal geneem waar hy later aan sy beserings beswyk het,” het Mabona gesê.

Die departement bied berading aan al die leerders en onderwysers by die skool. Die departement bied ook die nodige ondersteuning aan die seun se familie en staan die polisie in hul ondersoek by.

Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys in Gauteng, het sy innige meegevoel met die leerder se vriende en familie betuig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

IK ·

In Amerika is alle skoolbusse toegerus met ‘n stopteken wat uitkom en sodoende alle verkeer stop totdat skoliere die pad veilig oorgesteek het. Eers nadat die bus vertrek het en die stopteken ingetrek is kan verkeer normaalweg voortgaan. Dalk té veel vir SA om dit toe te pas?

Mrs H ·

Absoluut, in SA maak hulke eerder “pothole” borde, voor hulle dit reg maak, wat ook eers gebeur as n motor afgeskryf is en mense omgekom het, of as dit nader aan verkiesing tyd is… Is daar iets soos n 4de wereld?

JM ·

Jy moet onthou, in Amerika is daar geld vir sulke busse maar in Suid Afrika is daar nie want dit word ge-pocket deur die ministers van die regering.

Tanzie ·

En die busse word in SA gebrand as daar net ‘n bietjie ongelukkigheid is..

TS ·

Dit is so hartseer baie sterkte aan sy familie en vriende. Hierdie is n tyd van afwagting vir n nuwe lewe en n nuwe verantwoordelikheid en dan gebeur sulke goed. Woorde is min!

Willie ·

Skool tereine in die ou dae was heilig, die parker plakke was gerespekteer… Die land van ons het geen meer dissipliene nie, geen sin, kyk in die Stede loop in die middle van blok oor, taxi’s laai af waar hulle wil… dis baie sad eindelik…

Elsje ·

In Panorama weg Roiihuiskraal klim kinders ook uit die bus en moet oor die pad loop. Ek voel so jammer vir die ouers.

Robert ·

Elsje: die dissipline ontbreek by die bus bestuurders waar hulle moet. Ek sê nie almal nie maar in baie gevalle. As die busse sal stop waar hulle moet en daar is pligs getroue patrollies om die kinders oor die pad te laat gaan dan kan dit werk. Hier is SA stop die meeste net waar hulle wil en dan is daar groot krokodil trane as iets verkeerd loop. Nie lank terug stop ‘n bus om die enigste passasier af te laai en raai wat, hy stop in die middel van ‘n “slipway” en toet help nie want hy is in beheer. Voor die owerhede hulle stem dik begin maak met soortgelyk en ander onwettighede nie sal dinge nie verbeter nie. Soos party mense sê die wet is vir party daar om dit te breek en die owerhede uit te daag.

SNEL ·

Spoed om skole moet minder wees vroeg oggend en as die skool uitkom en hobbels moet aangebring word. Ongerieflik vir almal, maar ons kinders se veiligheid is van belang. Hier is n onskuldige kind dood. Ek sê nie die bestuurder het gejaag nie, maar 60 om skole is te vinnig, nie genoeg tyd om stil te hou nie, hulle moet dit 40 maak met begin en einde van skooldag.

JSG ·

My simpatie met wat gebeur het. My vraag is egter. Geen padveiligheid word meer op skool vir kinders geleer en net by sekere skole is nog skolier patrollies. Het al geleer om wanneer ‘n stilstaande skoolbus nader om amper verby te kruip met my motor. Kinders hardloop net eenvoudig van die blinde kant van die bus oor die pad sonder om links of regs te kyk. Stem volkome saam dat spoed beperkings naby skole moet geld, maar selfs teen 20 km/h kan dit noodlottig wees en los nie die probleem van kinders wat blindelings oor ‘n pad hardloop op nie.

zunette du toit ·

So hartseer in die fleur van sy lewe – sterkte aan die familie

Irene ·

Mense is laaks gaan kyk by skole hie hulle jaag sit meer hoppels by skole groot mense gee nie om vir kinders wat uit skole kom nie hulle is net gevaar vir almal

Spoedvarke ·

Ek sir vie die laaste 5 jaar elke middag by my kinders se skool en wag….en KYK… hoe mense verby die skool jaag.
Ja SELFS DIE OUERS wat nounet hul kind opgelaai het, sal met n spoed wegtrek terwyl Mamma nog op haar selfoon probeer om die huiswerk groepie te WhatsApp, want boetie het sy huiswerkboek in die klas vergeet….
Mense gee nie om vir die veiligheid van kinders nie!

Waarom ·

Ek dink nie die kinders alleen kan blameer word nie. Dis nie te sê dat dit die slagoffer se skuld was nie. By my kind se laerskool, parkeer ouers aan die kant van die voetoorgang en in die pad self, want hulle is haastig en te lui om te loop wanneer hulle hul kinders gaan afhaal. Hulle hou die verkeer op. Kinders kan dus nie altyd sien of daar ‘n motor aankom nie. Dis tragies dat ‘n jong lewe verby is.

M ·

Ek het al baie kinders gesien wat loop of fietsry met oorfone in albei ore. Dis baie gevaarlik, want hulle kan nie hoor as ‘n kar aangery kom nie.

JSG ·

Hier in die Weskaap leer hulle al van jongs af om net eenvoudig oor die pad te loop sonder om te kyk. Gelukkig vir hulle is die Kaapse bestuurders al gewoond daaraan. Sê nie dis wat in die geval gebeur het, maar oor die algemeen is kinders impulsief en kyk en dink nie voor hulle iets doen. Veral jong kinders. Om dié rede is skolier patrollie baie belangrik by enige skool wat in ‘n stad of besige dorp is.

JSG ·

Hier in die Weskaap leer hulle al van jongs af om net eenvoudig oor die pad te loop sonder om te kyk. Gelukkig vir hulle is die Kaapse bestuurders al gewoond daaraan. Sê nie dis wat in die geval gebeur het, maar oor die algemeen is kinders impulsief en kyk en dink nie voor hulle iets doen. Veral jong kinders. Om dié rede is skolier patrollie baie belangrik by enige skool wat in ‘n stad of besige dorp is.

Hannelie ·

Ek stem 100% saam jou JSG. Hier in die Wes-Kaap moet jy maar op die uitkyk wees vir voetgangers, hulle kyk nou nie eens links of regs nie, loop net. Want hulle weet jy SAL stop. Tot iemand eendag nie gaan stop nie……

Sandra ·

Ek simpatiseer met die ouers, maar mense, ek sien elke dag kinders wat 200m voor die voetoorgang oor die pad loop, en jy as motoris, moet eenvoudig net stop! daar is ‘n beampte aan diens vir die voetoorgang, maar het hy die mag om die jong mense, nie kleintjies, nie aan te spreek omdat hulle padreels verontagsaam?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.