ʼn 19-jarige matrikulant is Dinsdag in hegtenis geneem nadat hy en twee vriende glo inwoners van Soweto geteister het.
“Die matrikulant en sy vriende het na bewering lede van die gemeenskap van geld en selfone beroof en hulle met ʼn vuurwapen gedreig,” het ao Kay Makhubela, woordvoerder van die polisie in Gauteng, gesê.
Die leerling is in Jabulani aangekeer en met ʼn R5-geweer betrap.
“Vier verskillende persone het elk ʼn saak van gewapende roof aanhangig gemaak,” het Makhubela bygevoeg. “Een van die persone het die tiener opgemerk en die seun huis toe agtervolg, waar die polisie hom in hegtenis geneem het.”
Die polisie is nog op soek na die twee vriende.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
5 Kommentare
Ek is bly hy gevang hy is nog jonk en kan hervorm word.
Net die SAP gebruik R5 gewere. Waar het hierdie rower sy R5 dan gekry??