Matrikulant vas oor skoolmaat se moord

skooldasʼn Matrikulant van Whittlesea in die Oos-Kaap is in hegtenis geneem nadat hy ʼn skoolmaat met ʼn skerp voorwerp doodgesteek het net voordat hulle Dinsdag ʼn eindeksamenvraestel sou skryf.

Ao. Namhla Mdleleni, polisiewoordvoerder, het gesê die voorval het omstreeks 09:00 by Hoërskool Abambo in Mchewula plaasgevind.

“Die 23-jarige verdagte het na bewering sy 18-jarige vriend by die skool aangerand en met ʼn skerp voorwerp doodgesteek,” het Mdleleni gesê. “Volgens die voorlopige ondersoek het die twee matrikulante glo gestry. Dit is nog nie duidelik waaroor die woordewisseling gehandel het nie.”

Die polisie het reeds beslag gelê op die vermeende moordwapen.

Die verdagte is in aanhouding en word aangekla van moord. Hy het Donderdag in die Whittlesea-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

AmY ·

Ja ai. Dis wat gebeur as mans van 23 nog op die skoolbanke sit. Plaas dat die blikskottel ‘n werk gaan soek, nou maak hy skoolkinders dood. Nou gaan hy boon-op nog op die belastingbetaler teer.

Nina ·

23. Pfffttt… Matrikulant. Waar in jou lewe? Wel, ek sê absoluut niks verder nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.