Matrikulant verdrink tydens matriekafskeid

Argieffoto (Foto: places.co.za)

ʼn 18-jarige skolier het Saterdag by ‘n lodge in Rustenburg, Noordwes tydens die skool se matriekafskeid verdrink.

Ongeveer 48 leerlinge van die Lethabong Secondary School in Soshanguve, vergesel deur drie van hul onderwysers, het hul matriekafskeid by die vakansieoord gehou.

Tlhalefang Mahumapelo het sowat twee ure ná hulle by die vakansieoord aangekom het, in ʼn swembad verdrink.

Die Gautengse departement van onderwys het ʼn span ontplooi wat Sondag reeds met berading begin het.

“Dit is baie hartseer om ʼn doodsertifikaat uit te reik, in plaas daarvan dat die ouers ʼn gradeplegtigheid vir hul kinders bywoon,” het Panyaza Lesufi, Gautengse LUR van onderwys, gesê. “Ons betuig ons innige meegevoel met die familie en die skool in hierdie hartseer tyd.”

Lesufi sal Maandag die skool en die Mahumapelo-familie besoek.

Maroela Media het vroeër berig die voorval het by Sun City plaasgevind. Steve Mabona, woordvoerder van die departement van onderwys, het intussen gesê die voorval het by ‘n lodge in Rustenburg plaasgevind, en nie by Sun City soos die LUR vroeër berig het nie. “Die plan was dat die leerders Sondag Sun City sou besoek, en dit is waar die verwarring ingesluip het. Ons vra om verskoning vir enige ongerief,” het Mabona gesê.

*Die berig is gewysig sedert dit oorspronklik gepubliseer is om Mabona se kommentaar by te voeg. – Red

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Penelope ·

RIV. Baie sterkte vir die familie. Dis moeilik om ‘n oog oor almal te hou, maar mens moet maar altyd sekermaak almal kan wel swem. Baie hartseer.

Karien ·

So baie kinders, hoe moet mens toesig hou. Kinders moet ook weet as hulle nie kan swem nie om nie te diep in te gaan nie. Waar was maats en ander kinders om nie te sien iemand is in nood nie.

Gesiggie ·

My innige meegevoel aan die ouers, dit is baie hartseer, wat veronderstel was om n vreugdevolle dag te wees en toe gebeur dit en ja hierdie kind was amper klaar met skool en sy ouers moes sy gradeplegtigheid bywoon… maar nou moet hul deur al die hartseer gaan.

Ig ·

Waar was die lewensredders? Iemand gaan die skuld kry? Baie sad!

Maljan ·

Innige simpatie. Ek wil nie hoës, poep of skinder nie, maar… Lekker matriekafskeid met belastingbetaler se sweet nê.

Rerig ·

Is dit rerig die eerste ding wat jou gedagtes formuleer? Bewaar jou siel die dag wanneer tragedie persoonlik aan jou deur kom klop. Hoop dat iemand jou meer simpatie en medemenslikheid betoon, oh heilige, ontasbare “belastingbetaler”

Sowaar ·

Is dit dan verkeerd om die verkeerd in n tragiese situasie raak te sien @rerig? Dink jy die ouers sou self betaal het? Dan durf jy onheil oor n ander uitspreek? 18jariges is al volgens die ANC volwasse genoeg om self skuld aan te gaan. Hoe verklaar jy die feit dat die een nie eers weet hy kan nie swem nie? Hou kinders weg van qat hulle nie kan hanteer nie. Of gaan volunteer om hulle op te pas @rerig.

Trol ·

Maljan ek stem saam. Innigste medelye. Belastingbetalersgeld in aksie. As hulle nie weer wou oes waar hulle nie geplant het nie, het die tragedie nie gebeur nie. Pleks het hulle maar die Carlton gekommandeer vir die matriek afskeid. Ek wonder hoeveel sakgeld het hulle gekry. @ Rerig jy moet gaan “kinders” oppas. Jy kon n lekker gratis naweek geoes het plus die kinders sou veilig teruggekom het

humor ·

Op laerskool het ons koshuiskinders gereeld Saderdae gaan swem. Ek het geweet ek kon nie swem nie en het in die vlakkant baljaar en nooit in die diekant ingespring nie.

Micheal Harry ·

Dit is negatiewe kommentaar soos”belastingbetaler” is om van siek te raak.Jy is nie beter as Andile van BLF en sy kommentaar van Hoërskool Driehoek nie.Voêls van eenderse Vere .

V Cronje ·

Innige medelye aan sy ouers. Liewe Heer plaas n wag voor ons lippe. Dankie Vader vir U beskermde hand oor my familie

Caroline Amrouni ·

Dit is baie maklik om te verdrink sonder dat iemand dit agterkom. Ek was saam met vriende se dogtertjie in die swembad. Die volgende oomblik sien ek sy verdwyn onder die water sonder om n geluid te maak. Gelukkig kon ek haar betyds uit kry.

JackyG ·

Sjoe party mense darem….. ja meskien is die belastingbetaler se geld…. Wie sal weet!!! Meskien het Sun City sit geborg vir die kinders…. wie sal weet, maar een ding is verseker maak nie saak wie se geld dit is nie. Dit is n jong kind in die vleur van sy lewe wat oorlede is. Hy het ook n ma n pa en familie…. innige meegevoel….

Mandie ·

Skole genereer self fondse vir iets soos uitstappies of n matriekafskeid. Ek is by n no fees publieke skool. Die geld wat deur die departement toegeken word aan skole mag slegs vir instandhouding en onderrigmateriaal gebruik word. Hierdie is n tragiese geval en politiek behoort nie hier ingesleep te word nie. Sterkte aan sy ouers.

Plattelander ·

Hier in die platteland word busvragte laerskoolkinders gereeld na die “omliggende” dorpe op n Vrydag gebring. Dan staan hulle ry voor die plaaslike supermarkte om in te kom. Ek het eendag met eenv van die onderwysers gesels. Volgens haar word n skool in kennis gestel om 100 kinders van n bepaalde ouderdom uit te soek. Elke kind kry (glo) tussen R500 en R700 sakgeld. Die busse word betaal maar sy kon my nie sê wie betaal dit nie.

SjN ·

Tragies, op 18 berus besluit by enige individu, nie meer n kind, ek dink Lesufi moet hom eerder toespits op instelling van swemlesse as afbreking van taalregte.

Sarel ·

Dit is tragies die verlies aan jong mens se lewe en die leemte wat dit meebring in sy ouerhuis.
Maar regtig , Matriekafskeid by Sun City?? Wys net weer hoe belaglik hierdie jasrlikse funksie geraak het. Hoeveel minderbevoorregte kinders kan deur daardie fondse geassisteer word? Skole en ouers moet dringend hierna kyk

Niklaas ·

Dis tragies dat so n vreugdevolle gebeurtenis so eindig (ek is seker daar was nie langer vertoef daar deur die groep nie). Tog wonder ek ook hoe die skool so n duur naweek kon bekostig of wie was die hoofborg.

Melanie ·

Ek persoonlik dink hul moet swem weer n vak op skool maak! My innige aimpatie met die familie in die hartseer tyd . Daai seun moes gevrees het en verbete geveg het om te bly lewe en dan kom daar skobbejakke soos party lesers en gee sulke swak komentaar.. baie siek van julle.. sterkte aan di gesin ,onderwysers en leerlinge..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.