Matrikulant wat kaalfoto’s vir neef stuur, glo afgepers

Joernalis neem foto (Foto: Argief)

ʼn Matrikulant van KwaZulu-Natal word glo afgepers nadat sy naakfoto’s van haarself vir haar neef gestuur het.

Die 17-jarige slagoffer se ouers, wat in Durban woonagtig is, het Reaction Unit SA (Rusa) Saterdag om hulp genader nadat hul dogter groot bedrae kontant by hulle kom bedel het.

Dit het toe later uitgekom dat haar neef dreig om naakfoto’s van haar te versprei, sou sy weier om duisende rande aan hom oor te betaal.

“Die meisie het haar ouers in trane vertel dat haar neef haar tydens ʼn WhatsApp-gesprek gevra het vir foto’s van haar bolyf,” vertel Rusa. “Hy het later vir nóg foto’s, dié keer van haar sonder enige klere aan, gevra. In ruil vir die foto’s sou hy vir haar selfoondata koop.”

Die slagoffer het uiteindelik 15 foto’s gestuur. In drie van die foto’s was sy heeltemal kaal.

Die meisie het aan Rusa gesê dat sy baie na aan haar 24-jarige neef is en hom as ʼn broer beskou. Haar ouers én die neef se ouers is familie van mekaar. Hulle is dus baie naby verwant.

Die meisie het verder erken dat sy die foto’s al weke gelede gestuur het en reeds geld aan haar neef en dié se vriend, vir wie die foto’s aangestuur is, betaal het.

“Haar neef het aanvanklik tussen R150 en R550 geëis, maar later op tot R5 000 aangedring om te keer dat hy die foto’s verder aanstuur.”

Volgens Rusa het die slagoffer geweier om ʼn saak by die polisie aanhangig te maak en bloot gevra dat Rusa die verdagtes vermaan.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Niklaas ·

Ek glo nie daai ouer pare gaan Kersfees saam spandeer nie. Dar is nou taamlik groot skade wat familie betrekkinge betref. Neef was besonder gewetenloos

Anton ·

Ek verstaan sy was onnosel maar daai nefie kan dankbaar wees sy is nie my dogter nie

Johanna ·

Wat n wrede manier om n les te leer. Die verskil 24 -17. N 24 jarige moes baie beter weet . OP daai ouderdom is dit Pornografie en seksuele uit buiting. Hy behoort vervolg te word……punt.
Kinders op baie jong ouderdom is verslaaf aan Internet en sal enige iets doen vir Airtime.
Ouers…..weet julle aat julle kinders doen agter toe deure?? Dit bly die ouer se verantwoordelikheid.

Vonkprop ·

Tree die POPI act dan nie in met hierdie geval nie? En sover ek weet is dit tans ‘n kriminele oortreding om enige foto’s digitaal te deel sonder die toestemming van die persoon?

E ·

Dat jy jouself respek vir data kan verkoop. Dit gaan die verstand te bowe. En die neef, as hy en sy sg. vriende dit kan doen, waar sal hulle stop? En dit jou eie familie.

Hasie ·

Van die meisies stuur die fotos some net so . Ek het 3 seuns en dit wat ek al gesien het wat hul my kom wys het sal jou tot in jou siel skok .Hul maak vriende op sosiale media en so by die derde / vierde dag kom daardie fotos deur . Elke keer het die seuns die meisies se nommers delete .Ouers kyk en beheer nie en vertrou blindelings.Ek het my seuns vroeg gewaarsku oor wat daar buite aangaan en dank die Vader hul is daardeur

E ·

Ek stem, ‘n ouer kan nie 24 uur ‘n dag ‘n kind se foon/tablet/laptop monitor nie. En dit is erg as jy hulle beskerm teen pornografie en hulle eie tydgenote sulke goed doen.

Jack ·

Wel ek is jammer sy was eenvoudig baie dom om te dink hy wil net die kiekies he om na te kyk. Sy sal ook haar morele waardes moet opknap want daar is baie skelms daar buite.

Kattebol ·

Ek verdoem wat die neef gedoen het, maar meisiekind, as hy soos ‘n broer vir jou is wat besiel jou in die eerste plek om naakfoto’s aan hom te stuur!!!

piet ·

Persoon moet aangekla word of die slagoffer nou klag wil le of nie. Dis in gemeenskaplike belang dat hy aangekla word.

JohanR ·

As daai eerste uitstuur gebeur het dan is dit soos ‘n veldbrand….twee stuur na vier, en vier stuur na agt, en agt stuur na sestien ens. Naderhand het 200 mense die video en kyk lekker. Hoop baie tieners lees hierdie berig en leer daaruit?

Janine ·

Soos ‘n broer… In my 43 jaar het ek nog NOOIT gevoel om kaal fotos aan my broer of neefs te stuur nie. Vir lugtyd maak dit nog meer belaglik, man! Voed jul verdomde kinders op. Punt.

Peetjie ·

Ek vra net … Is dit REGTIG haar neef of iemand wat hom voorgedoen het as haar neef?

Rooikopheks ·

So hartseer, hoe kan jy jou niggie so uitbuit? Het jy geen gewete nie?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.