Matrikulante se eksamen deur brand ontwrig

Die Tshwane-nooddienste is omstreeks 08:00 van die brand ingelig (Foto: Nkhanedzeni , Twitter)

’n Groep matrikulante van Pretoria kon nie Maandagoggend hul wiskundevraestel skryf nie nadat ’n brand uitgebreek het in die gebou waarin hulle die eksamen sou aflê.

Die matrikulante sou hul tweede wiskunde-vraestel by die Tshwane City College in die middestad skryf. Dié private onderwysinstelling is op die vyfde verdieping van die Karl Kling-gebou in Madibastraat, Pretoria, geleë. Die gebou bestaan uit onder meer kantore.

Die brand het in ’n kantoor op die derde verdieping van die gebou uitgebreek.

Volgens Thabo Charles Mabaso, woordvoerder van die Tshwane-nooddiens, is die nooddiens omstreeks 08:00 van die brand in kennis gestel.

“Brandbestryders het na die derde verdieping gehaas en kon daarin slaag om die brand vinnig te blus,” bevestig Mabaso.

“Matrikulante wat op die vyfde verdieping eksamen geskryf het, moes die gebou weens die rook  verlaat. Amptenare van die skool het vergader om ’n alternatiewe plek te reël waar die leerders hul eksamen kan skryf.”

Volgens Mabaso is ’n man vir rookinaseming behandel en per ambulans hospitaal toe geneem.

“Die oorsaak van die brand word ondersoek.”

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Shakespeare ·

Kaders wat nie kan bybly nie brand alles af om tot hulle vlak te daal.

Marius ·

Ek ruik n rot. Seker brand gestig om die eksamen te mis , en nou kry almal die kinders jammer. Siestog.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.