Matthew Benson: ‘Ek is dankbaar die waarheid is uit’

Matthew Benson nadat hy onskuldig bevind is. Foto: Phillip Bruwer

Ná bykans nege maande in aanhouding is Matthew Benson (25) weer ʼn vry man.

Benson, die seun van ʼn boer van die Mooinooi-omgewing in Noordwes, is op 16 September verlede jaar in hegtenis geneem ná hy daarvan beskuldig is dat hy in Augustus op drie mans op sy ouers se plaas geskiet het.

Hy is op 29 September borgtog in die Brits-landdroshof geweier. Benson se regspan het daarna die hooggeregshof in Pretoria genader om teen die beslissing te appelleer, maar dit was onsuksesvol. Sy verhoor het op 28 Mei in die Pretoria-hooggeregshof begin.

Benson het tereggestaan op ʼn aanklag van moord, twee aanklagte van poging tot moord, dwarsboming van die gereg en die besit van ʼn ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie. Hy het onskuldig gepleit op al die aanklagte teen hom.

Die staat het aangevoer Benson het op 2 Augustus skote op Tebogo Ndlovu (24) en twee vriende, Benny Lerumo en Thabiso Shole, afgevuur. Die drie was aanvanklik omstreeks 08:00 op ʼn naburige plaas van die Bensons, waar hulle lemoene gesteel het. Daar het hulle glo besluit om skrootmetaal te gaan steel en is toe na die Bensons se plaas.

Die staat het aangevoer Benson het op die drie betreders geskiet en Ndlovu in sy regter bobeen getref. Lerumo en Shole het met hul gewonde vriend probeer vlug, maar hom agtergelaat aangesien hy te swaar was. Hulle het hom onder ʼn boom gelos en na ʼn berg gehardloop. Hy is sedertdien nog nie weer gesien nie. Daar is ook nog nie ʼn liggaam gevind nie.

Lerumo en Shole het dieselfde dag vir Ndlovu se ma, Martha Ndlovu van Majakaneng, van die skietery vertel, maar het vir haar “gejok” deur te sê hulle het lemoene gaan pluk. Martha het die volgende dag ʼn saak by die polisie aanhangig gemaak.

Lerumo, Shole en Martha Ndlovu is tydens die verhoor as getuies vir die staat geroep om te getuig.

Regter JJ Hattingh het Maandag uitspraak gelewer en Benson onskuldig bevind op al die aanklagte teen hom.

Hattingh het in sy uitspraak van 33 bladsye lank na die bewyse voor die hof verwys en gesê slegs een van die twee vriende, Lerumo, het Benson as die skieter uitgewys.

“Hy het die polisie aanvanklik na die naburige plaas geneem waar die drie eerste was en het aanvanklik voorgehou daar is op hulle met ʼn lang geweer geskiet. Op dié plaas het ʼn huiswerker aan die polisie gesê niemand daar besit ʼn geweer nie en die enigste mense met ʼn geweer is die Bensons. Dit het die ondersoekspan na die Bensons se plaas gelei waar Lerumo vir Benson as die skieter uitgewys het. Dit het waarskynlik ʼn ketting van gebeure in werking gestel waarin die beskuldigde valslik deur Lerumo as die skieter beskuldig is. Shole kon nie vir die polisie sê wie op hulle geskiet het nie,” het Hattingh bevind.

Hattingh het Lerumo as ʼn oneerlike getuie uitgemaak en punte uitgelig waar hy onder meer onder eed gejok het en ook sy weergawe van die gebeure drie keer verander het om by die staat se weergawe aan te pas.

“Hy is ʼn swak getuie sonder enige geloofwaardigheid. Hy het gejok deur te sê hulle is aanvanklik die dag na die plase om lemoene te steel, terwyl dit onder kruisverhoor aan die lig gekom het hulle is na die plase om skrootmetaal te gaan steel. Hy het ook aanvanklik gesê iemand het met ʼn lang geweer op hulle geskiet, maar het terselfdertyd aangedui die skieter het my sy hande gebal en uitgestrek na hulle gestaan, wat aanduiding is van ʼn skietmetode met ʼn pistool of rewolwer.”

Hattingh het Lerumo se getuienis heeltemal verwerp en bevind die staat kon nie bo enige redelike twyfel bewys dat Benson skuldig is nie. “Uiteindelik moet die regte persoon in die beskuldigdebank wees vir ʼn misdryf en dit kan nie in dié geval bewys word nie,” het hy gesê.

ʼn Duidelik tevrede Benson het ʼn vry man uit die hof gestap en is deur vele ondersteuners omhels.

Benson het ná die tyd aan die media gesê hy is bly dat hy ʼn vry man is en dat die waarheid uitgekom het.

“Die hele proses was ʼn baie emosionele rit, maar God het my deur dit gedra en ʼn sterker persoon aan die anderkant uitgebring,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Oujongvrou ·

Nge maande van hel. Dagvaar die NVG en polisie. Maak dit die moeite werd vir jou lyding.

Boerseun ·

Jip net so. Wie is die slim regter wat hom borgtog geweier het? Miskien moet Jethro Mosime die skade vergoeding betaal, en dalk ook die ma wat hom skuldig bevind het van staan spoor af, ”I welcome the court’s decision‚ but I am still pleading with the accused to give me my child’s body”

Andrea van Vuren ·

Onregmatige arrestasie en in tronk gegooi. Dagvaar hulle! Jy sal jou saak loshande wen!

Boerseun ·

Jip net so. Wie is die slim regter wat hom borgtog geweier het? Miskien moet Jethro Mosime die skade vergoeding betaal, en dalk ook die ma wat hom skuldig bevind het van staan spoor af, ”I welcome the court’s decision‚ but I am still pleading with the accused to give me my child’s body”

Pieter ·

Nou wonder ek of die Mnr Benson die staat gaan dagvaar. As hy dit doen, en slaag met so n eis, gaan dit weereens ons belastingbetalers wees wat die koste dra. Ek dink die staatsaanklaer, vorige regters, en vervolgings gesag se persone wat die saak gedryf het, moet persoonlik opdok vir enige eise.

As die regter deur die ooglopende teenstrydige kon sien, waarom het die vervolgindsspan dit nie raak gesien nie?

En laastens, die sogenaamde slagoffers was dan besig met doelbewuste diefstal. Waarom word hulle nie vervolg nie?

Chris Ws ·

Die “belastingbetalers” is by verre meer anderskleurig as blank.Doen bietjie sommetjies – alles wat gekoop word het VAT belasting op en wie koop die meeste?Wie gooi die meeste brandstof in?Nee wat laat die staat maar belasting geld vat vir ‘n eis.Die meeste belasting geld deur privaat persone betaal word deur Ramaphosa se volgelinge betaal.
Ek hoop hulle eis honderde miljoene rande van die minister van polisie EN van die regter wat agv rasisme sy borgtog geweier het.

Israel ·

Dagvaar die staat , dis al hoe hulle sal leer, 9mnd in die tronk is nie n grap nie, 1 mil vir elke maand

Ella ·

So bly vir jou mnr Benson.
Wees maar versigtig waar jy gaan. Ek dink jou veiligheid is in die weegskaal.
Neerlaag is nie iets wat maklik vergeet word in die land.

Internasionale strafhof ·

Laat die internasionale gemeenskap, die publiek, uitvind van die heksejag geborg geur die ANC EFF aliansie.

Koos de Meyer. ·

As daar twee of drie lieg en saam staan en jy is aleen dan vat hulle die leuenaar se woord al is jy onskuldig. Ons mede lands burgers kan maak soos hulle wil. Dankie vir ‘n regter wat nie onder politieke druk hom laat domineer nie. Ons moet meer sulke regters hê wat reg en geregtigheid laat geskied. Nou moet hulle daai getuies aankla vir meineed want hulle het onder eed gelieg. Stel sommer ‘n saak teen die regering vir onregmatige aan houding in.

TDW ·

Dis so Koos. Ek is net dankbaar hierdie jongman se lewe is nie verwoes agter tralies nie, maar 9 maande! Dis alreeds te lank, ek kan my net indink die hel waar deur hy is. Ek dink ons mense sê dit sal nie met ons gebeur nie, want ons is wetstoepassers, maar hierdie is weereens ‘n bewys hoe maklik dinge teen jou gedraai kan word. Witmense is op die oomblik die kwesbaarste, want niemand staan op vir wit nie, wit en man is nou verkeerd in die wêreld. En die wêreld draai vinnig sy rug op hierdie groep.

Boerseun ·

Regter Jethro Mosime moet ook saam die leunaars staan, hy self het die man skuldig bevind gebaseer op onbetroubare (en laat ons nie vergeet self erkende lemoen diefwe) se getuie.

PJC ·

Die feit dat hierdie ou nie borgtog kon kry in die laer of hoër hof nie wys hoe dinge besig is om uit te rafel in ons regstelsel. Sommige howe neem nou al besluite wat hulle na boendoe howe laat lyk.

Selfbeskikking ·

Dis waarom selfbeskikkingsonderhandelinge ons enigste hoop op oorlewing is.

Wonder net ·

Wonder steeds waar is die lewendige lyk. Dankie tog Benson is uiteindelik vry. Amein.

Marius ·

Selfbeskikking is die enigste uitkoms.. Luister net 702 en hou politiek dop.

Louise ·

Benson, ek is bitter bly vir jou onskuld en baie jammer oor jou 9 maande se bekommernisse. Dit moes ook ‘n groot finansiele las wees! Jy weet dit seker, maar beveilig julself nog meer, wraak is altyd by hierdie ander partye in hul gedagtes. Sterkte!

Johan H. ·

Lyk my daar is nog regters wat onpartydig is, Pradtig!!!Maar vie daarie doodskis 2 was die fonnis te lank,,Weer nie hoe slaap daaie een in die aand nie,Regters en die lot is ook maar net boekgeleerd, hoop nie hulle dink hulle is beter as die res van ons nie,,,, Weet nie wat gaan aan met daaaie gekniellery as n mens in die hof instap nie??

Lees mooi ·

Lees niemand anders raak dat die werker op die BUURplaas kon sê dat die mense langsaan die enigstes is wat vuurwapens het??? Vind niemand anders dit vreemd dat hierdie huiswerker baie goed ingelig is nie?

kas ·

Lees mooi,dit is so opvallend jy kan dit nie mis nie.My vraag is hoe weet sy wat op ‘n ander plaas aangaan.Hoekom het die huiswerker nie getuig oor haar kennis van die vuurwapen nie.

Theresa ·

Riemtelegram. Moet nooit die onderlinge gepraat onderskat nie. Ongelukkig doen baie mense en kom altyd 2e een of ander tyd met een of ander iets.

LB S ·

Wie weet wat sou van die arme man geword het as die Regter se van nie Hattingh was nie.

Penelope ·

Dankie tog Mnr Benson is vry. Dis hoekom ek se dat almal moet ophou om te vra dat die doodstraf terugkom…. Die regstelsel is so korrup en dit sou dan Mnr Benson se voorland gewees het, alhoewel hy eintlik onskuldig was. Dis gevaarlik vir sommige van ons, ons moet pasop waarvoor ons wens. Sterkte mnr Benson en familie. Wees net op jou hoede….

Herman ·

Vraag 1. Waarom word die selferkende betreders en diewe nie vervolg nie?
Antw. Omdat hulle swart is.
Vraag 2. Waarom word ‘n wetsgehoorsame burger op grond van hoorsê getuienis vervolg, waar hy na bewering, van die selferkende betreders en diewe, sy eiendom probeer beskerm het?
Antw. Omdat hy Wit is.
Hierdie is mos nou duidelike rassistiese wetstoepassing en hofuitsprake.
Dankie tog dat daar nog Regters is met redelike vlakke van intelligensie wat logiese gevolgtrekkings kan maak en geloofwaardige uitsprake kan lewer.
Ek doen ‘n beroep op Afriforum om hierdie jong man te ondersteun in sy eis teen die staat. Ek sal self ‘n bydrae gee om die koste te dek.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.