Matthew Benson-moordverhoor begin in Pta-hof

Matthew Benson. Foto: Molaole Montsho / ANA

Matthew Benson (24), wat daarvan beskuldig word dat hy op drie mans op ʼn plaas in die Mooinooi-omgewing in Noordwes geskiet het, se moordverhoor begin na verwagting Maandag in die hooggeregshof in Pretoria.

Benson, die seun van ʼn plaaslike boer, wie se borgtogaansoek op 29 September deur die Brits-landdroshof van die hand gewys is, word daarvan beskuldig dat hy op 2 Augustus skote op Tebogo Ndlovu (24) en twee vriende afgevuur het toe hulle glo op sy pa se plaas naby Mooinooi skrootmetaal wou steel.

Ndlovu is glo tydens die voorval in die been geskiet. Sy vriende het hom opgetel en probeer weghardloop met hom, maar glo agtergelaat aangesien hy te swaar was.

Hulle het hom onder ʼn boom gelos en na ʼn berg gehardloop en hy is sedertdien nog nie weer gesien nie. Daar is ook nog nie ʼn liggaam gevind wat by sy beskrywing pas nie.

Benson staan tereg op ʼn aanklag van moord en twee aanklagte van poging tot moord. ʼn Poging om teen sy mislukte borgtogaansoek te appelleer is vroeër in die Pretoria-hooggeregshof van die hand gewys en hy is sedert sy inhegtenisneming in aanhouding.

Lees die vorige berigte oor Matthew Benson op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

Hanna Hoekom ·

Watter snert is dit nou nie: die arme man gaan nou op hoorse verhoor word! En word borgtog geweier bloot op n ooggetuie se woord…

Cherokee ·

As ek die syfers reg onthou Hanna, het sowat 63% van die kiesers, waarkuwings geïgnoreer en daarvoor gestem tydens die referendum.

Andre ·

Ja Hannah, hierdie is ‘n klomp snert soos jy sê. Benson word in hegtenis geneem en kan nie borg kry nie, maar die man wie die blanke vrou op die motorfiets tromp-op geskiet het is nie eens in hegtenis geneem nie!

Tokkel Op Een Snaar ·

Ai tog Cherokee, nou sê vir my wat dink jy sou gebeur het as die nee-stemme gewen het? Dink jy WERKLIK dat ons dan geen probleme sou gehad het nie?

baskitaar ·

mense soos cherokee en die selfhelper, selfbeskikking, met sy volkstaat, lewe inn gekkeparadys.

Doen die regte ding ·

Stem net reg dan sal hul minder reg he om besluite te neem en dit sal verander. Sit op die draad en hou dan op met kla.

Attie ·

cherokee ek stem saam jou 100% as nee stemme gewen het sou dit nie baie erger wees as nou nie ons bly nou in n oorlog zone waar ons Geen se het nie

Nettie ·

Waar daar nie ‘n lyk is nie ….. kan daar tog seker nie ‘n moordverhoor wees nie, of sit ek die pot nou heeltemal mis?

Cherokee …. Goddank, ek is van die 37% wat “NEE” gestem het in 1992. Weliswaar polities-oningelig genoeg (omdat ek nou nie eintlik geweet het waarvoor daar gestem word nie) het ek maar gestem soos my ma en pa gesê het ek moet stem. Met Apartheid en geen stemreg vir anderskleuriges nie, het die destydse NP-regering probeer verhoed wat nou aan’t gebeur is: totale anargie, wan-regering, bloedvergieting ens. ens.

Overgesetsynde en desnieteenstaande, sou ons in ‘n bloedige burgeroorlog gedompel gewees het as die “JA”-stem destyds níé gewen het nie. SA was tóé in ‘n betreklik-bedenklike situasie, maar ons is weinig beter af vandag! Ons het destyds maar net gehoop dat die “Madiba-power” sou hou, wat toe nou nie gebeur het nie.

Ons is ge”Zoooooooma” tot in die verderf in!

Chris Ws ·

Kom ek vertel jou wat sou gebeur het.Hier sou ‘n burgeroorlog uitgebreek het wat gou verby sou wees want ons weerbare manne was gereed daarvoor.Dan was die land die sterkste ekonomiese land in Afrika sonder geweldadige betogings en stakings soos vandag.
Die buitewereld was daai tyd al bang vir ons want ons het kern wapens gehad.Maar die tyd van die jingos kom!

Blits ·

Mense soos julle wat ons in die stadige uitmoor proses het, in 1994 sou ons darem n kans kon staan omdat al die waperns in ons besit was nou nie meer nie.
Arme blindes sien ook net wat hulle wil of eerder wat in hulle gesigte gedruk word, kan nie voor hulle sien nie

Haan ·

@baskitaar jy kryt diegene wat selfbeskikking wil handhaaf uit as gekke, tog bied jy nog minder oplossings as hulle… Wat maak dit jou? Dis jou volste reg om te glo wat jy wil, maar dat jy dit nodig ag om hul strewe as sinneloos te bestempel wys vir my dat jy nie werklik die konsep van n demografies-gekonsentreerde meerderheid in hul eie land begryp nie. As jy nie in die lewensboot wil klim nie, staan dan ten minste net uit die pad uit sodat dié wat wil, kan.

Al ·

Hierdie ongeregtigheid moet stopgesit word. Gisteraand op Carte Blanche het ñ kenner ruiterlik erken dat kriminele meer regte het as wetsgehoorsame burgers. Dit moet gestop word.

kas ·

Die berigte is misleidend,was dit op sy plaas of sy pa se plaas.Hoe weet hulle die man is dood.Wat se bewyse bied die staat om moord te bewys.As die polisie nie seker is of die man dood is nie hoekom bied hulle ‘n beloning aan om die man op te spoor.Sekerlik het die ooggetuies gesien die man lewe nog en hulle het hom laaste hanteer.As sy lewe nie in gevaar was nie hoekom het hy geskiet.

kas ·

Die oorspronklike berig dui aan dat Benson net ‘n windbuks in sy besit gehad het en die man met ‘n wimdbuks geskiet is.Kan iemand vir ons laat weet of dit reg is.Daar word van geen ander geweer melding gemaak nie.Kan jy dan doodgaan van ‘n wond in die been deur ‘n windbuks.Watse ballistiese toetse is gedoen.Kan jy dan aangekla word vir moord as daar nie ‘n lyk is en die oorsaak van dood nie beskikbaar is nie.Dit maak nie sin nie gegewe die feit dat daar sprake is dat die man nog lewe.

Theresa ·

Moord?? Wie is dood? Waar is die liggaam? Is dit a g v die skoot? Mense is angstig omdat daar nie genoeg beskerming is vir burgers van hierdie land nie. Skiet jy, is jy verkeerd, skiet jy nie, los jy heel moontlik jou gesin sonder ‘n gesinslid. Dis ‘n gemors waarvoor besluitnemers ‘n groot deel skuld aan het.
Hierdie man is heel moontlik onregverdiglik toegesluit en word beskuldig van iets wat waar bewys word??????? Regskenners op hierdie forum – wat mis mens hier?

HP ·

Wanneer jy optree op ‘n toneel van misdaad is jy blootgestel op die toneel. Die misdadiger kry die voordeel van die twyfel en jy die verdediger sit met alles wat kan en mag verkeerd loop. As die lyk verdwyn het jy ‘n probleem, as die ondersoek nie slaag het jy ‘n probleem, enige tegniese rede wat daartoe kan lei draai 180 grade om en ontplof in jou gesig,,,,,,. want in hierdie land is net vredeliewende wetsgehoorsame burgers.

marous ·

En borg word geweier op welke gronde ? Sy lewe is klaar vernietig al word hy onskuldig bevind!

Pop ·

Hopenlik het die jongman n goeie regsman om die spul gou uitmekaar te haal. Dis absoluut n heksejag.

thinus ·

Dit is ongelukkig maar ‘n kenmerk van liberales en ‘verligtes’ om net die ‘menseregte’ van die oortreder raaksien as hy in hul teikengroep val, en maklik die streng bepaling van reg en geregtigheid alewig vertroebel met humanisme. Dit is omdat die streng privaatheid van eiendom verkrag word dat misdadigers so lekker oes deesdae. Wag maar tot dit jou beurt is Baskitaar dan sien ons wie slaat die kitaar in hierdie gekkeparadys!

Oom Kalahari ·

@baskitaar, vele lewe liewe in ‘n gekke paradys met hul sefhelp skema en selfbeskiking as in ‘n duiwels moordadige hool.
@Cherokee, stem met jou saam in jou stelling, maar was daar enige ander keuse as wat die vorige regime se heuning kwas en lee beloftes wat opgedis is om te stem. Daardie dag het Mnr die Laksman die valbyl op ‘n eens vooruitstrewende volk laat val.
Hierdie jongman Matthew Benson word ge-ettiketteer vir ‘n daad wat nie bewys kan word oor dooie persoon nie en waarom is daar nog nie familie wat vorendag gekom het met vermiste persoon/identikit nie. So wil hul graag plaasboere op alle maniere te nakom en veral op kleur gebasseer om hul van hul plase/grond te verdryf deur vrese in te boesem.

Mk ·

Jaaaa … want meerderheid van die skelms sit in die parlament en die “high chairs” – so die skelm sal altyd die upperhand hê – korrupte spul, almal van hulle!

Vanessa Moore ·

Volgens my kennis, loop jy nie op ander mense se privaat eiendom rond nie, veral ook nie in vandag se lewe nie. Die boere vrees vir hulle lewe. JY HOORT NIE OP ‘N VREEMDE MENS SE GROND NIE, wat soek jy daar. Ons loop nie in jou jaard rond nie. Dis hoekom daar strate is. Julle soek aspris vir moeilikheid.

Han ·

Vanessa, ek stem VOLKOME saam met jou! Die oortreders is uitdagend.

Trudie ·

Dis darem vreeslik. Die wittes word verhoor en die ander wat plaasaanvalle en moorde pleeg kom skot vry. Wat n wonderlike Suid Afrika

Lana ·

Vanessa, jy’s 100 % reg. Die eerste vraag moet eintlik wees – wat soek die persoon daar en nie – hoekom het die ander ou geskiet nie.
As daardie ou nie op ‘n plek was waar hy nie hoort nie, was daar nie nou ‘n hofsaak nie. Dan’s dit mos duidelik wie se skuld dit is.

Harry ·

n Sogenaamde skelm gaan beslis nie baie kilometers loop om 20 kg se skrootstaal te dra en net R20-00 daarvoor te kry nie, terwyl hy sy lewe daarvoor waag nie? Die skelms het altyd die beste goeie verskoning wat hulle kom doen het toe hul jou genader het – hul sal nooit erken dat hul jou eintlik probeer doodmaak en beroof het nie? Wat doen mens as jy alleen is en drie onbekende persone nader jou – jy maak alarm deur te lawaai en skiet waarskuwingskote indien moontlik – die skelms vlug gewoonlik, maar as hul nie vlug nie, dan beter jy veg vir jou lewe! In hierdie geval beweer die skelms dat hul makker raakgeskiet is en toe “verdwyn” het – enige persoon kan so ‘n bewering maak en selfs iemand vooraf vermoor, maar vir jou die skuld gee hoekom hierdie persoon nie meer gevind kan word nie?

Lana ·

Presies, Harry. Die skelms sal mos nooit erken dat dit eintlik ‘n plaasaanval was om te moor, martel en roof wat toe vir hulle verkeerd uitgewerk het nie!!
Net so MIN as wat daar op die oomblik bewyse is dat die boer die een skems gedood het, net so VEEL bewyse is daar dat die skem deur sy makkers gedood is. Verder vra hulle – “is hy ooit dood?”
BELAGLIK

Lana ·

Stem saam. Mens speel ook nie met mense wat oortree en daar is om jou eiendom en lewe te bedreig nie.

Andre ·

Wie se sy mede kriminele het hom nie saam gevat en steek hom weg nie. Wie se hy is ooit raakgeskiet.

Reguit ·

Slim liberales wat met hulle baskitare dink besef blykbaar nie dat hulle lankal in ‘n hool van ‘n gekkeparadys leef nie.

Tokkel Op Een Snaar ·

Chris Ws, niemand wou hê dat dinge moes uitdraai soos dit het nie maar elkeen wou die beste vir ons almal gehad het. Die vorige regering het ons ook maar baie gebreinspoel en het die SAUK, die publikasies en die rolprente beheer. Dat apartheid baie lekker was vir baie blankes, is nie altemit nie. Maar ongelukkig is ons ver in die minderheid en kan ek nie sien hoe die nee-stemme ‘n oplossing kon bied nie. Inteendeel. Oorlog was nog nooit ‘n oplossing nie en veroorsaak oneindige fisiese en sielkundige ellende. Om te dink dit sou gou verby wees is debatteerbaar en is glad nie ‘n waarborg nie. Vra maar vir oud-president Bush! Hulle het gesê die Irak-oorlog gaan 4 dae duur en toe duur dit 8 jaar! Israel se oorloë hou net nooit op nie. En so kan ek aangaan.
Die ja-stemmers wou oorlog vermy en het geglo dat dit die beste oplossing is en om appartheid te beïndig, onvermydelik is. Niemand kon ‘n Zuma en ‘n Malema en Bell Potinger voorsien nie. Niemand het geweet dat so baie blankes uit die land sou vlug nie. Niks is eenvoudig nie en om verwyte rond te slinger, help niemand nie. As die nee-stemme gewen het, kon die ja-stemmers ook nou lekker verwyt het. Wat nou met ons gebeur, is baie sleg en ek kan verstaan dat sommiges voel dat oorlog ‘n beter en vinniger oplossing sou bied, maar dis baie onwaarskynlik.

thinus ·

Tokkel op een snaar, jy het ‘n goeie punt: ons wou maar net die beste uitkoms vir almal he. (So ook die apartheids beleid, met afsonderlike ontwikkeling en eie bestuur!)
Maar waar jy verkeerd is: ons het PRESIES GEWEET wat nou gebeur en wat nog gaan gebeur in SA. Ja ons het ‘n ZUMA voorsien, ja ons het misdaad en uitmoor voorsien, ja ons het grondgryp en oorneem van skole en unieversiteite voorsien. Ja ons het die vertrapping van Afrikaans en ons universele regte voorsien. Maar die MEERDERHEID wou ons nie glo nie en weier steeds om dit te erken.
WEL dis nou te LAAT!
Was ons verkrampte, konserwatiewe en rassisties ge-oormerkte groep maar net die geleentheid gegee om in ons eie stukkie land, met ons eie regering in ons eie ‘verlede’ te leef – in vrede (en goed geskei) met ons bure. Dan kon die res maar meng en jel en transformeer en toyi-toyi soos hulle wil, en vir ons lag (of huil) van buite af.
Ons het al BAIE oorlog in SA se geskiedenis beleef, ja elke keer met groot verliese en tragedie, maar dit is die prys van VRYHEID.
Ons vryheid is weggegee (dobbel) maar nou betaal ons die volle prys daarvoor!
So of ons oorlog sou gehad het of nie, die gevolg bly dieselfde, behalwe dat ons nou nie meer die kans vir ‘n oorwinning het nie!

kas ·

Wat my pla is dat daar nog nooit ‘n vermiste persoon saak aangegee is nie.Die familie soek na hom maar meld nie so ‘n saak aan nie.Hoekom kry ek die idee dat sy mede diewe meer weet as wat hulle wil voorgee.Wie gaan hom opspoor en die belonings opeis.

Zumie ·

Vir wie in die werklikheid belangstel..
Dit gaan broekskeur met die staat om hulle saak te probeer bewys en hulle getuies laat hulle in die steek.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.