Matthew Theunissen moet nou dié stappe volg

Matthew Theunissen

Matthew Theunissen

Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (MRK) het die uitkoms bekend gemaak van sy ondersoek na ʼn haatspraak-klag teen Matthew Theunissen se beweerde rassistiese uitlatings op Facebook.

Volgens die MRK is daar Dinsdag ʼn versoeningsvergadering gehou . ʼn Klag is op 3 Mei teen Theunissen by die MRK aanhangig gemaak nadat hy in reaksie op Fikile Mbalula, minister van sport, se onlangse verbod op sporttoernooie weens transformasie, uitlatings op Facebook gemaak het.

“So no more sporting events for South Africa… I’ve never been more proud than to say our government are a bunch of K–S…yes, I said it so go and f–k yourselves you black f–ing c–s .” [sic], het op Theunissen se Facebook-profiel verskyn.

Volgens die MRK het Theunissen onmiddellik reageer op die kommissie se pogings om met hom kontak te maak en het hy reeds in die openbaar om verskoning gevra. “Die partye het tydens ʼn versoeningsvergadering byeengekom waar Theunissen ingestem het tot spesifieke remediërende optrede in reaksie op sy oortreding. Dit is aangeteken en in ʼn skikkingsooreenkoms vervat.”

Theunissen sal as deel van die skikkingsooreenkoms tussen drie en ses maande lank gemeenskapswerk doen in ʼn arm benadeelde area van Kaapstad. “Hierdie ervaring is bedoel om Theunissen bewus te maak van die behoefte aan transformasie en die uitdagings van arm benadeelde gemeenskappe in Kaapstad.”

Theunissen moet ook navorsing doen oor anti-rassisme, diversiteit, transformasie en verdraagsaamheid in die algemeen. Hy moet ook woedebestuurterapie ondergaan. “Al die regstellende stappe wat deur Theunissen ondergaan word is vrywillig, sonder vergoeding, en op sy eie koste.”

Die partye het ook ooreengekom dat Theunissen nie langer enige diskriminerende of aanstootlike taal sal publiseer of kommunikeer nie en vir die volgende 12 maande nie sosiale media sal gebruik nie.

Lees alle vorige berigte oor Matthew Theunissen op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

TTh ·

Wat ‘n klug, hoop die ANC, EFF en SAKP rassiste word ook nou voor die hof gedaag en vinnig gevonnis vir hul haatspraak en ander anti-blank uitlatings – die transformasie wat so heilig is is niks anders as omgekeerde rassisme nie!

JB ·

Watwou….die MRK is die ANC en hul is die toonbeeld van rassisme!!

Ander Koos ·

Hierdie klink omtrent soos die verhale van indoktrinasie en breinspoeling uit die ou Sowjetunie en ander kommunistiese lande. Maar ja, die anc wil mos SA soontoe vat

Kort ·

En watse stappe moet die ou wat kill whites t hemp gedra het volg?

Rosa ·

What is good for one must be good for the other. Hoekom word daar nie opgetree teen rassistiese opmerkings teen wit mense nie?

Koos ·

Diskriminasie teen wit mense ……moet dit net nie op Facebook of Twitter sit nie leer mense leer hieruit.

Apie ·

Snaaks dat sake teen witmense so spoedig afgehandel word. Die mrk is rassisties!!!

Grap ·

En wat van die swart tshwane polisieman en die Witbank polisieman en die twee wat die kelnerin nie wou ‘n foutjie gee en die swart man by Wits met die kill the whites hemde ens ens

Pieta ·

Ai, ek voel dié uitbarsting van Matthew was verkeerde, en het nie ‘n probleem dat hy moet verantwoordelikheid aanvaar vir dié onbesonne daad nie. Dit lyk egter of die straf meer gaan om hom te verneder, eerder as om versoening en begrip te bring. Ek verstaan (en deel tot ‘n mate) sy frustrasie met die minister se standpunt. As ons ver reën Woord oggend moet wees op alles terreine, moet daar mos meer blanke verteenwoordiging in oorwegend swart spanne en organisasies wees. Moenie mense indruk in spanned as dit nie hulle belangstelling soveel is nie. Daar is baie huishoudings waar rugby geëet, gelééf en geslaap word, waar rugbywedstryde en drieë aan tafel weer herleef en bespreek word. ‘n Kind uit só huis het ‘n voorsprong, maar hulle kom hoofsaaklik uit blanke huise. Gee die ander wat speel, en goed speel hulle geleentheid in die spanne, maar moenie dit forseer nie – dit het tot gevolge dat alles spelers van kleur met ahterdog bejeën word. Minister, gee meer geleenthede, ja, ek stem saam daarmee, maar op die oomblik diskrimineer jy! Daardeur benadeel jy sport, Suid Afrika, en ook rasseverhoudinge!

Boetman ·

Presies wat FW en sy trawante belowe het: Wigte en teenwigte. Alles ten gunste van die regeerdes van hierdie land. Geen wonder Ceril en sy maats het gevra om ‘n paar minute alleen te gaan staan en lag vir die onnoselheid van die Afrikaner leiers nie!

lagwekkend ·

wat het geword van regverdigheid? daagliks. weekliks sien jy op nationale tv dieselfde aanmerkings. het dit hierdie week twee maal in n “road rage” voorval eervaar. maar dit haal nie die sosiale platforms nie. gaan kla by n verkeersbeampte. “hearsay” I have to see the situasion to comment. ons land is in n groot verval

Roger ·

Die MRK, nes die OVK, is albei bondgenote van die regeerders….hul handelswyses is eensydig en selektief. Geen vertoue nie.

Kaspaas ·

“Never bite the hand that feeds” – dit is hoekom die mrk/ovk/anc sinoniem is. Daar word deur die ANC vir hulle voorgeskryf hoe om op te tree.

Flippie ·

Die Menseregte kommissie is ‘n klug. Dit is ‘n instelling wat ingestel is om witmense te verguis en te verneder.

Die amptenare van die MRK behoort hulle te skaan vir hul eenogige en onbetaamlike diskriminasie teen blankes.

J ·

Kill the boer kill the farmer is aanvaarbaar. Hy het nie moord aan gehits soos die ANC en EFF nie. En dit is presies wat gebeur boere word vermoor. Maar niks gebeur met hulle nie. Ek hoop Matthew gaan veilig wees waar hy sy straf moet uit dien ???????

Siestog ·

Rapes ek stem, ek sal hulle in hulle m..r stuur. Ek’s baie lief vir die middelvinger. Ek het my meestergraad in “signs” .

Jos ·

Ek lees nêrens dat daar die MRK teen swart en ander kleurige rassiste optree nie.
Ek sou net vir die MRK gesê het dis my menslike reg dat daar konsekwent opgetree word en dat hulle uitspraak dus onwettig is en dat hul optrede ook rassisme is want volgens die grondwet is blankes net so geregtig teen rassisme en haatspraak. Ek sal net my alie aan MRK afvee soos wat hulle eie maatjies maak. Penny was wys. ek sou nie eers verskoning gemaak het nie. Die MRK het geen reg om vonnise uit te spreek nie want hulle is nie ‘n hof nie en daar is geen wet wat rassisme strafbaar verklaar nie en dis hoekom hul eie rassistiese maatjies hul alies aan die MRK afvee.

Landing ·

Julle kommentare het meriete. Hierdie “organisasies” en incompetent mense wat sulke besluite neem se salarisse word deur ons belasting geld betaal.

Emile ·

Rassisme is rassisme, ongeag van wie dit kom en mense moet met die gevolge saamleef.

Wat het bv geword van Oudtshoorn raadslid, Vuyiswa Bhefile Ka Hlazo se FB uitlating:
““You know I can’t wait for the day the majority of this country would say ‘we have tolerated enough your white s*** racist tendencies. This is our country and I pray my Ancestors must let me leave to experience that day. I will with no mercy cut their tongue out with a machete and I will enjoy to hear them begging for forgiveness and watch them cross the boarders with their belongings. We have tolerated enough and I really dream about the coming of such a day and hour my ancestors will spare me to see such a day (sic).””

Kan die MRK hom dalk ook aan iets skuldig bevind, maar anders as om boetegeld in nog ‘n ANC-koffer in te betaal, sy R150k aan Helpende hand skenk?

Ander gevalle ook van toepassing.

hans ·

Vertrou die politieke party war voor in die koor gesing het teen Matthew Theunissen sal nou met die selfde ywer druk op die MRK uitoefen om die sake waar swartes kwetsende goed kwyt geraak het onmiddelik te verhoor.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.