Mauritius hef reisverbod vir SA’ners op

‘n Uitsig oor Long Beach in Mauritius. (Foto: Verskaf)

Lus vir ʼn eilandvakansie? Goeie nuus is dat Suid-Afrikaners nou weer na Mauritius kan reis nadat dié land sy reisverbod Vrydag opgehef het.

Die regering in Mauritius het vlugte na en van Suid-Afrika op 29 November verlede jaar opgeskort kort nadat die Omikron-variant van die koronavirus in Suid-Afrika geïdentifiseer is.

Die besluit het menige mense se vakansie- sowel as emigrasieplanne in die wiele gery.

“Ons is baie bly dat Suid-Afrikaners weer na Mauritius kan reis. Covid-19 het aansienlike druk op alle lande geplaas om die regte ding te doen en ons bedank Suid-Afrikaners en die Suid-Afrikaanse reisbedryf vir hul geduld in dié verband,” het Arvind Bundhun, direkteur van die Mauritius Tourism Promotion Authority (MTPA), gesê.

Volgens hom sal die Mauritiaanse gesondheidsowerhede nou ook derde versterkingsdosisse prioritiseer vir diegene wat reeds twee dosisse van die entstof teen Covid-19 ontvang het.

Die inenting van kinders tussen 15 en 18 jaar is glo ook goed op dreef.

Bundhun sê voorts dat gesondheidsowerhede vol vertroue is dat hulle die onlangse toename in infeksies kan bestuur en sal voortgaan om wetenskaplike advies hieroor te volg.

“Sanitêre protokolle regdeur die Mauritius-gasvryheidsbedryf bly op die hoogste standaarde, wat verseker dat die plaaslike gemeenskap en internasionale gaste maksimum beskerming teen die virus kry. Besoekers kan vakansies na Mauritius bespreek met ’n hoë mate van vertroue dat hul reise aangenaam en veilig sal wees.”

Kommersiële vlugte na en van Botswana, Namibië, Zimbabwe, Eswatini (Swaziland), Lesotho, Malawi, Mosambiek en Zambië kan ook van Vrydag af hervat word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

4 Kommentare

jongste oudste gewildste
Marius

Baie mense het hul werk verloor en sukkel net om te oorleef. Alles is duurder sodat sekere mense hulself kan verryk. Wie het nog geld oor om vakansie te hou ?

ChrisR

Nee wat….Hulle het ons geblok……so laat hulle sonder ons geld…….boycott hulle maar nou.

Piet parys

Snaaks sodra lande se ekonomie in gedrang is maak hulle nuwe voordelige regulasies om die Vakansie ganger se GELD te skep