Mauritius-tragedie: ‘My lieflingkind ek mis jou al klaar’

Mundolene Vosloo

Mundolene Vosloo

“Jou broers mis jou ook vreeslik baie, hulle huil hulself aan die slaap oor verlange na jou.”

So het Mike Vosloo, pa van Mundolene Vosloo (17) wat Woensdag in Mauritius dood is, hulde gebring aan sy dogter. Vosloo het op Maroela Media se berig oor Mundolene se dood gereageer en geskryf hy weet sy dogter is nou by liewe Jesus. “My kind, ek mis jou geweldig baie al klaar, al jou opgewondenheid, jou smiles, jou energieke lewe want jy was oorvol van lewe, jy het smiles op mense se gesigte gesit sonder moeite, jou terggees en als, jy was my rots want jy was super sterk in moeilike tye.”

Mundolene is Woensdag by die Hotel Riu Creole in Le Morne dood. Sy was saam met haar pa, stiefma en twee broers met vakansie. Sy het die aand inmekaargesak en ʼn dokter by die hotel het haar ondersoek voordat sy dood verklaar is. Die polisie was kort hierna op die toneel en dit het glo aan die lig gekom dat Mundolene en haar stiefma, Marietjie Vosloo, in ʼn argument betrokke was. Vosloo het haar na bewering geslaan en sy is in hegtenis geneem.

“Jy gaan met jou jeug vele vreugde in die hemel vir baie gee want dis wie en wat jy is. My lieflingkind, jy het ʼn juweel van ʼn hart gehad en ek is dankbaar dat die Here jou vir ons vir die tydperk gegee het, jy is inderdaad ʼn blessing vir almal. Ek mis jou vreeslik erg baie en ek lief jou met my alles. Jy is en sal vir altyd by ons wees in ons harte waar jy hoort tot in ewigheid,” het Vosloo geskryf. Maroela Media het Vosloo om kommentaar genader waarop hy versoek dat die gesin se privaatheid in dié moeilike tyd gerespekteer moet word.

Vosloo het verdere navrae na sy regsverteenwoordiger in Mauritius verwys. Adv. Yahia Nazroo het aan Maroela Media gesê sy kliënt wil nie in dié “geweldige moeilike tyd vir sy gesin” kommentaar lewer nie.

Newsfeed.mu berig die nadoodse ondersoek na Mundolene se dood het getoon sy het bloeding op die brein gehad. Volgens die artikel was daar geen teken van sigbare beserings nie. Bloeding op die brein kan die gevolg wees van fisieke trauma of natuurlike oorsake.

Die Franstalige Le Mauricien het berig Marietjie Vosloo het Donderdag in die hof verskyn. Die saak is tot 13 Oktober uitgestel en sy bly in aanhouding.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

88 Kommentare

Carol ·

Kon een klap dit veroorsaak. Ai ek voel jammer vir daardie hele gesin. Sterkte mag God julle krag en vertroosting gee.

MARTIE ·

Nee ek glo darem nie een klap kon dit veroorsaak nie, daar was dalk fout en die klap was die trigger. Shame dis vreeslik erg.

Veronica ·

Dit het verlede jaar met my gebeur. Dis ‘n subarachnoid hemmorage. Bloeding tussen die skedel en brein. Twee professors by UCT het aan my geopereer. Ek dink nie die klap het dit veroorsaak nie. Die swakheid in die aar was al klaar daar. Die klap het dit miskien ligwegs vererger.

Annelize ·

Innige meegevoel met hierdie tragedie. My hart is saam met julle seer. Mag al die mooi herinneringe by julle bly en vertroosting bring. Mag ons Hemelse Vader julle styf vashou. Baie sterkte. Rus in Vrede mooiste meisiekind??

Engela de Klerk ·

Wie klap ‘n kind teen die kop in ALLE geval! Wie slaan ‘n kind wat ‘n tiener is! Hemel, hierdie vrou was duidelik buite beheer. Ek is só ontsteld oor die pragtige dogter se dood.

Columbiana ·

Daar is geen verskoning om ‘n kind te klap nie en dit nogal teen die kop. As jy nou regtig nie jou humeur kan beteel nie het die liewe Heretjie tog boude gegee. Hoekom is dit onaanvaarbaar om ‘n volwassene te klap/slaan maar aanvaarbaar om ‘n kind te slaan. Wat ookal die omstandighede Marietjie gaan sukkel om.met haar gewete saam te lewe sy gaan altyd dink “what if”. Sal haar mense haar ooit regtig kan vergewe? Vergewe mens ooit regtig iemand wat betrokke is by jou kind se dood. Eerlikwaar dink nie ek sou kon nie. Swaar tye lê voor

Ore ·

My hart gaan uit na die Pappa en boeties wat agterbly. Besef die stiefma met watter skuldgevoel sy gaan sit vir die res van haar lewe? Selfs ‘n ligte klap teen die kop kan skade veroorsaak. Laat my wonder of sy dit nie op ander kere ook gedoen het waarvan die Pa nie weet nie. Jaloerse stiefma wat die mooie meisiekind as ‘n bedreiging gesien het.

martien ·

Ek stem saam jo. Die fisieke aanranding was beslis nie die 1ste keer nie. Maar hoekom het die “nou treurmade” pa nie iets gedoen aan die aanrandings op sy kind nie???

Sandra ·

Mense voor ons oordeel en aannames maak kom ons eers die feite kry sy het dalk die kind elders op die liggaam geslaan en die kind het dalk haar balans verloor of gekoes en haar kop hard teen iets gestamp. Dis so baie tragies kom ons wag vir verdere inligting voor ons net beskuldig. Sterkte aan die familie

Columbiana ·

Maak dit saak waar sy die kind geslaan het? Ironies hoe mense crazy gegaan het oor ou oom wat aangerand is en nooit verskoning gesoek het vir die gespuis se optrede nie maar hier word daar gesoek vir verskonings omdat dit ‘n kind is.

Net ek ·

@ Columbiana jy praat nou met twee tonge. Vroeër het dit geklink of jy die tik op die agterstewe goed keur.

Columbiana ·

Nee “Net ek” wat ek gesê het is as jy regtig nie jou humuer in toom kan hou nie (implikasie jy kan jouself nie beheer jy is ‘n swakeling) kan jy seker op die boude slaan. Maar in esse is enige mens wat ‘n kind slaan in my opinie ‘n.lafhartige buffel

Cindy ·

Gaan Google Maria Vosloo Mauritius.
Volgens daardie berug het Maria Vosloo haar stief dogter teen die kop geslaan tydens n argument.

BEE ·

Dit was my dogter se vriendin, en haar stiefma het haar gereeld af gekraak, sleg gese en hardhandig behandel. Moenie haar pa oordeel nie, daar is sekere omstandighede wat julle nie van sal weet nie. Mike was baie lief vir sy dogter en hy was haar held. Marietjie was jaloers en humeurig. Kyk na die feite, maar dit is nie vir ons om te oordeel nie. Die oordeel kom God toe.

Gert ·

Stadig mense, moenie ontstel raak of kwaad raak voor julle die feite het nie. Gaan maak ‘n koppie tee en raak rustig.

Ashlee ·

Sekerlik was hier veel meer as n klap. Vaderland, wat gaan aan met ons Suid-Afrkaners? Selfs met vakansie, weg van ons “midaad” landjie is doodslag aan die orde van die dag tussen familie. Het dit n leefwyse geword?

Lance ·

n Sewentienjarige meisie is defnitief nie meer n kind nie en ek kan nie glo dat n ouer so laag kan daal om haar kind so in die openbaar te verneder nie – Stiefma of te nie. As jy bereid is om dit in openbaar te doen dan was dit sekerlik ook nie die eerste klap teen die kop nie…Waar was die Pa in die dinge?? Dit is eenvoudig net iets wat nooit moes gebeur het nie. Innige simpatie aan familie.

Drina ·

Baie jammer om te hoor! My innige simpatie aan di familie n vriende. Ma sy nu by Onse Vader. N sal nooit weer pyn. Hartseer. Of verdriet ervaar ni. Rus in vrede liefiekind. Nu is daar nog a helder ster aan di Hemelruim gevoeg.

Corne ·

My innige simpatie aan die Pa & Boeties. Voorwaar n mooi roosknoppie gepluk ….. die hartseer kom nog. Wees sterk vir mekaar, Jul het mekaar nou baie nodig….Liefde Corne & Seuns

T ajacobd ·

Daar word duidelik in die berig gesê dat daar geen sigbare letsels aan haar was nie. Tragies.

Liza ·

My innige simpatie aan haar Pa en regte ma en boeties….. Mag ons Vader julle daardie vertroosting gee elke dag, en weet sy is veilig nou waar sy is by haar Hemelse Pappa Vader.
En dan ‘ geen stiefpa of stiefma’ sal die voorreg he om aan my kinders te slaan nie , o my genade ek sal dit nie toelaat nie….. waar was haar pa kon hy nie iets doen nie …..Wie gee haar die reg om dit te doen…… Normale mense praat dinge uit en dan was daardie pragtige kind al reeds 17 jaar oud en is nie meer klein nie…..dis net onaanvaarbaar……..

Pieter Wagner van Warmbad ·

Ons innige meegevoel met die afsterwe van ‘n pragtige kind. Sy was destyds in die kleuterskool by Judy en Johan Van Vuuren wat haar as ‘n besondere kleuter beskou het. Hulle harte is saam met julle seer. Warmbad Gemeenskap moes gister om die graf staan van ‘n 20 jarige seun wat ‘n pragtige lewe gelei het maar onverwags weggeneem is na motorfiets ongeluk.

Baie sterkte vir julle. Mag julle ook berusting vind.
Pieter Wagner van Warmbad

piet ·

Daar’s hy Gert, daar moet altyd ‘n persoon wees wat bietjie nugterheid na die tafel bring. Ek het alles oor hierdie geval gevolg en moet se, “die feite is maar skraps”. Ek is steeds baie jammer vir Mike – ek kan my nie indink hoe hy voel nie.

Lucille (Rood) Swart ·

My innige simpatie aan die familie en vriende van die prag kind. Dit is harseer om te moes verneem dat daar nog ‘n jong kind weggeneem is. Dit is so hartseer.

Ek kan net vir julle bid vir berusting en troos in hierdie moeilike tyd. My hart gaan uit na julle.

Net nog ‘n moeder.

Tant Koba ·

Dit is verskriklik. Wys vir ons hoe lyk die Marietjie Vosloo wat in die hof verskyn vir hierdie pragtige meisiekind se dood.

rb ·

@tant Koba google Maria Vosloo Mauritius dan sal jy sien hoe Marietjie lyk

Koos Koek ·

Hoe slaan jy ‘n kind teen die kop????? Ouers moet leer dat slaan kweek net meer geweld. Daar is baie beter maniere om jou kind te tug as om geweld te gebruik. Daar is baie maniere om ‘n kind iets te leer sonder die gebruik van geweld.

Sharon ·

Dis presies wat ek ook sit en dink. Sy is al so te sê volwasse en die stiefma. Ok, ons weet nie die geskiedenis hier nie…maar sê hulle dit was ñ fisiese argument?

Veronica, hoe het dit met jou gebeur? Was jy ook geklap en deur wie?

Ansie ·

As jy reg slaan slaan n klein vroutjie n groot man met n sagte klap dood. Ek hoop nie sy is skuldig nie en dat dit natuurlike oorsake is. My innige simpatie aan pappa en boeties.

Ansie Geldenhuys ·

Die gemis van ‘n geliefde kind is bitter seer en hou nooit op nie. Gister was dit 2 jaar dat ons kleinseun oorlede is, op 19 jaar en wel aan sy hart. Ek glo dit maak nie saak waaraan hul sterf nie, oumas en oupas, sowel as ouers is nie geprogrammeer om hul kinders en kleinkinders aan die dood af te staan nie. Dit is vir altyd ‘n lee kol in jou liggaam.

Francios ·

AG kom nou Sandra lees die berig sy is teen die kop geklap

rika bruwer ·

Almal wat so speurder speel… een hou op jou ‘slaap’ kan dood maak. Gaan google Temple Blast. Marietjie het Mudolene 14h00 met ñ glas by die swembad gegooi toe hul ñ onder onsie gehad het. Marietjie is op kamer toe. Teen 16h00 was Mudolene en haar broer in die restaurant voor portaal area en Marietjie het haar een hou geslaan. Haar broer het die pa gaan roep. Sy is dood verklaar.
Dink nou eerder aan die pa wat in ñ VREEMDE land met ñ kind in die lykdhuis en vrou in die tronk sit en 2 seuns wat baie ontsteld.
Die familie lees jul kommentaar en moenie oordeel nie.

J ·

Rica Bruwer. Gaan lees asb die berig wat n Mauritius koerant geplaas het. Die stiefma is 34 jaar oud. Het haar n paar keer teen die kop geklap en toe sy val toe skop sy haar. En toe loop sy weg. Ek hoop Maria Vosloo se familie lees dit. Ek voel jammer vir die dogter se ma en broers

Poplap ·

Nee magtig J jy maak nou die storie op soos jy aangaan. Mauritiua koerante berig net dat daar geveg was en dat sy geslaan is. Niemand sê niks van geskoppery nie

Sharon ·

…waar lees jy hierdie detail? Sommer 2x op een dag haar stiefdogter fisies bykom? Eers met ñ glas gegooi en toe weer later slaan teen die kop? Dit klink net af!!!! Anger issues…

J ·

Poplap. Gaan google dit op Maria Vosloo Mauritius. Hoekom sal ek snert uit my duim suig. Dan praat die koerant snert en jy was daar op Mauritius

rb ·

Langs jou kop is ñ sagte plekkie in afrikaans noem jy dit jou slaap. in engels your temple
The temple is a proven weak point of the human skull and with enough force you can kill a person in one shot. The best delivery of this death punch would either be a powerhouse hook with the middle knuckle aimed directly at the temple, or if you have them on the ground a straight punch to the temple with everything you got should do the trick. At the very least the hit will cause a lot of pain and disorientation, if more power is added it can cause loss of consciousness and blindness, and if you are a beast with the right punch it can be fatal.

antji somers ·

Mense, waarom wil elkeen sy eie weergawe vd storie vertel.
Wat ni reg is ni, is dat di pa en die 2 boeties sonder ń dogter en sussie sit. As elkeen wel ń bydae wil maak, bid liewerste vir die pa en boeties. Dit sal soveel meer beteken pleks van jul negatiewe kommentaar teenoor die stiefma en mekaar.

Ook n stiefma ·

Ek is ook n stiefma en het n stiefdogter. Ek kan jul een ding se n stiefdogter kan jou tot die uiterste dryf. Jy is mos nie haar ma nie en hoe durf jy dus jou mening lug. Hardloop met elke storie na daddy toe en las n stertjie aan. So ook die stories by haar ma. Elke keer byt ek op my tande en ek het ook al gevoel ek gaan haar nek omdraai. Sys vandag 23 en nog steeds so moedswillig. Ek kry die idee dat dit jaloesie is. Ek praat nie die daad goed nie maar ek bid vir krag dat ek nooit hierdie kind te lyf sal gaan nie.

Ano ·

Dog dis net ek – ALMAL skel die stiefma – maar het julle ‘n idee watse hel kan stiefkinders jou lewe maak. Op die end stap jy liewers uit jou huwelik want die bloeitjies is terrors!!!

Net 'n mamma ·

Ek lees almal se kommentare en het gewag vir wat jy se, “Ook ‘n stiefma”. En ek verstaan dit. Ek sit aan die anderkant, ek is ‘n mamma van ‘n 17 jarige dogter wat vakansies by haar pa, stiefma en boeties gaan kuier. Ek kan jou belowe ek het nog nooit ‘n slegte woord van haar pa of stiefma voor haar geuiter nie, maar sy en haar stiefma was soos vet en vuur. Ek is die hele tyd wat sy daar is op my kniee wat ek bid dat dit net moet goed gaan. Kinders is nie dom nie en ek het eindelose gesprekke met my kind gehad dat sy haar pa se keuses moet respekteer. Haar antwoord aan my was duidelik, hierdie vrou het ons gesin opgebreek en sy sal nie van haar hou nie. Vandag na baie jare gaan dit beter, maar steeds is dit touch and go. Een ding is verseker as jy aan my kind raak, wat nog te se klap of met ‘n glas gooi, dit sal jou laaste wees!

BEE ·

Sy was ‘n pragtige kind. Dit is die hele probleem, sy het nie na pappa toe gehardloop met alles nie. Marietjie was jaloers en humeurig. Het die kind altyd af gekraak en sleg gese. Sy sou tot voor maats vir haar se hoe sleg sy is en op haar skree vir geen rede nie. Alle stiefkinders is nie dieselfde nie en wie is suppose to be om die volwassenes te wees? As julle nie die besonderhede en agtergrond ken nie, bly eerder stil

Brad ·

Watter uiterste snert. As jy die bloedjies nie kan hanteer nie, moenie met die man trou nie. En maak nie saak wat nie, niks, maar NIKS kan haar optrede regverdig nie. Klaar en gedaan.

Sputnik ·

Vir ‘n vrou wat die verantwoordelikheid van ‘n ma aanvaar, al is dit dan ‘n sogenaamde stiefma, om enige ander vrou met ‘n glas te gooi en later te slaan (al is dit een hou, bly dit een te veel), is verregaande. Laat my dink aan hoe ek as jeugdige op die plaas gesien het hoe een dronk vrou van ‘n plaaswerker ‘n leë wynbottel teen.’n ander een se kop stukkend geslaan het – klink soos dieselfde kaliber mens. Tragies! My innige simpatie!

Sputnik ·

Maar dan sal ek ook goed glo dat sommige stiefkinders baie groot selfbeheersing deur ‘n stiefma of -pa (-broers/-susters) vereis, soos geskets deur “Ook ‘n stiefma” hierbo. Mens wens dit niemand toe nie. (Ek praat in die algemeen, ek sê nie dit was die geval hier nie).

Columbiana ·

Verstaan nie mooi nie. Jy date mos man lank voor jy trou so jy sien dan mos eerstehands hoe die kinders is. Noudat jy getroud is is die kinders ewe skielik ‘n pyn en maak jou crazy. Hoe werk dit dan nou.

Sally ·

Natuurlik kan n harde klap teen die kop bloeding veroorsaak. Hierdie vrou se agressie het sy met geweld teen die dogter se kop toegepas met rampspoedige gevolge. Ek het geen simpatie met haar nie. ….sy moet die gevolge dra. As ek daai kind se moeder was het sy met die leeu wat in elke normale moeder teenwoordig is te doen gekry.

Magaretha ·

Hy wat geen sonde het nie, gooi die eerste klip. Tog snaaks dat nie een Suid Afrikaner skielik al ooit hul humeur verloor het nie. Dinge loop soms skeef en ons weet nie wat daartoe aanleiding gegee het nie.Ons is nie veronderstel om altyd bitsig te wees en te veroordeel nie. Weet eers wat was die feite en dan steeds wees dankbaar dis nie jy wat in die situasie is nie. Hoekom is mense so harteloos en sonder genade vir andere? So jammer vir die vrou wat hiermee moet saamleef.

Columbiana ·

Miskien moes jy eerdeŕ sê so jammer vir die kind wat nou dood is. Hierdie gesanik van oordeel kom jou nie toe nie, elke liewe keer as daar ‘n misdaad is raak regtig afgesaag. Jou simpatie vir die vrou is vreem. Slaan jy ook jou kinders teen die kop en probeer nou die daad te regverdig?

Kry jou huis in orde ·

As jy ‘n kind met glase gooi en teen die kop klap is die Heilige Gees nie in jou nie. Jy verniel nie ‘n kind nie, jy bederf ‘n kind. Jy vernietig nie ‘n kind nie maar wen die kind oor met liefde. Die pa moes sy huis in orde gekry het, mag dit ‘n les wees vir elke man en hoof van die huishouding wat sulke dinge toelaat!

Liza1 ·

Kon dit nie beter stel nie! Pappa JY is verantwoordelik! Jy het hierdie vrou in jou huis in gebring!

BEE ·

Dit is nie die pa se skuld nie. Hou op om klippe te gooi as julle nie die omstandighede ken nie. Met die maatstaf wat jy oordeel sal oor jou geoordeel word. Mike was onsettend lief vir sy Mundolene en hy was haar held. #KryJouHuisInOrde en #Liza1, hoop julle word nie geoordeel sonder feite nie

ada ·

Skei die vrou.Los haar in die tronk
Vlieg terug SA toe met jou dogter se liggaam en jou ander kinders en probeer die hele tragiedie verwerk en vertroosting vind .Gee jou pragtige dogter n soentjie van my af al ken ek haar nie. Net die Here kan julle help op hierdie pad. Dink aan julle.xxx

Veronica Wisniewski ·

Klaarblyklik het sy beswyk aan ‘n subarachnoid hemmorage. Dit het verlede jaar met my gebeur. Bloeding tussen die brein en die skedel. Dit kan fataal wees maar in my geval was ek baie gelukkig. Twee professors by UCT het aan my geopereer. Baie ingewikkeld en nie baie mense oorleef so iets nie. Niemand weet eintlik hoekom dit gebeur nie. Maar trauma in the nek en kop area kan die situasie met die are vererger. Sterkte.

ekkke ·

Kyk hier! Dit is baie sad wat gebeur het maar kinders kan joutot die uiterste dryf! Almal is nie engeltjies nie en dryf jou somtyds tot verby logies dink! Moenie altyd die ouers die skuld gee nie! Ek leef met so enetjie onder my dak! Die liefde en geduld wat daardie kind kry en alles net so in haar ma se gesig terug gooi raak party te veel vir selfs my om te hanteer en ek is n ouma van ses pragtige kleinkinders!!!!

Die hel wag vir jou ·

Jy moet regtig siek en gevoelloos wees om die fout by ‘n vermoorde kind te soek. Asof sy dit verdien het om vermoor te word. Hoe laag en gemeen.

Theresa M ·

My kommentaar was in antwoord van wat Tante Koba gese het, maar ek sien haar kommentaar is intussen verwyder.

Broeder ·

Wat het Eileen Wournos se voorkoms te doen met wat sy gedoen het? Baie. Maak oop jou ogies en SIEN, moenie net kyk nie. LUISTER, moenie net hoor nie.

Stiefkind ·

My vroegste herinneringe is van my stiefma wat my onder koue water hou om my by te bring nadat sy my disnis geslaan het. Ek is al 40 en ek hoor soms steeds haar stem in my ore skree. Voor pappa kon botter nie in haar mond smelt nie. Jammer dat ek nie simpatie het vir Maria Vosloo nie.

Liza1 ·

Ek is so jammer! My kind se presies dit, voor haar pa kan botter nie in stiefma se mond smelt nie, maar boetie as pappa nie daar is nie…. Sy vee tot my kind se boodskappe aan haar pa uit op sy foon, as ek hom bel en vra hoekom reageer hy nie dan se hy maar hy het nie so ‘n boodskap gekry nie???

Arizona ·

Gooi met n glas en toe weer n klap. Ek gee nie om wie wat se of hoe moedswillig n kind of stiegkind is jy doen net nie wat hierdie stiegma gedoen het nie. As die pragtige meisiekind se dood veroorsaak het hoop ek sy vrot in die tronk

R van Graan ·

Ek gaan nie oordeel of klippe gooi nie, maar ek wil dit tog se……ek het die beste “of both worlds” gehad. My kinders se Stiefma is die jaloerse een, beheer vraat en behandel my kinders so sleg. Ek het ook 2 stief dogters gehad….by dit bedoel ek STIEF dogters, die mees manupileerendste Kinders wat ek ken, skinder, jok en bedrieg die orde van die dag……beste is die Pappa en ek is geskei agv sy kinders, hulle het seker gemaak hulle boelie ons uitmekaar. done and dusted!

Sela ·

Wel van Graan as ek sien hoe negatief jy teenoor die dogters van jou ex-man ingestel was, is dit maar ‘n goeie ding dat daai huwelik op die rotse is, voor die kinders nog skade opgedoen het.

Ano ·

Sela, hoekom loop jy nie bietjie in R van Graan se skoene nie? Stiefkinders kan jou lewe HEL maak!

Pieter ·

As dit nie werk nie, werk dit nie. Stel tog jou kinders eerste. Jy is al wat hulle het.

Poplap ·

Nou maar hoekom trou jy dan met ‘n man wat kinders het? Jy is mos nie blind nie of hoe? Gehoop die man slaan op die geons neer en aanbid jou voete en gooi net sy kids weg? Dillusional much of sie spreekwoordelike voorbeeld van die bose stiefma

Sela ·

Ano hoekom kry julle nie bietjie die Here in jul lewens sodat julle in liefde en vrede kan lewe nie? As God afwesig is in ‘n huis word daar so tekere gegaan. Van Graan wou as volwassene op kinders se vlak vuiste bal, terwyl sy hulle op die regte pad moes lei. Nog steeds blameer sy hulle vir haar verbroude huwelik. Blind is nie die woord nie!

Antie ·

My man het 2 seuns uit sy 1ste huwelik, die oudste een is ‘n kompulsiewe leuenaar, hy het vir my in my gesig gesê dat hy soveel poef (hy het ander woord gebruik) tussen sy pa en my sal veroorsaak dat sy pa my moet los. Die jongste een het weer gesê (toe ek swanger was met ons kind) as ons trou, loop hy weg, Dit het ek wel met sy pa opgeneem en vir hom gesê dat ek eerder op my eie bly, ek gaan nie ‘n wig tussen hulle indryf nie. Toe hy sy seun konfronteer oor dit, word daar gesê ons lieg, totdat my seun gesê het hy sal ‘n getuie bring wat dit gehoor het. Toe verander sy deuntjie baie vinnig en sê hy het net ‘n grappie gemaak. Vandag het ek en sy jongste ‘n goeie verhouding, hy het my omverskoning kom vra en gesê hy was glad nie gewoond aan ‘n liefdevolle huishouding nie. En wat ek so gelees het van hierdie tragedie, sê die stiefma sy was ‘n “bad tempered teenager”, ek stem NIE met dit saam nie, want almal praat van die liefdevolle meisie wat uit haar pad uitgaan om ander te help en jy sal nie in skielik in ‘n “bad tempered teenager” verander nie. glo sterk dat stiefma baie jaloers was op die liefdevolle verhouding tussen pa en dogter en seuns.

Kobus 4e ·

Die meeste van julle is regtig n klomp huigelaars. Ek wonder wat julle sal doen as julle in soortgelyke omstandighede is?

Columbiana ·

Watter omstandighede verwys jy na Kobus?
Die stiefma wat die kind aangerand het;
Die pa wat duidelik geweet het iets is fout en niks gedoen het nie (gaan lees sy epos aaarin hy self sê die vrou was baie lelik met die kind;
Die kind wat dood is;
Die kind wat dood is se ma?
In wie se skoene wil jy nou eintik hê moet ons onsself indink?

Kraai ·

Volgens berigte het sy die kind 4 keer teen die kop geklap en ook geskop. Oor handdoeke.
Nou beswadder die internasionale media Afrikaners se kultuur van geweld. Kyk jy na sommige van die kommentare wat sulke barbaarse optrede goedpraat en verskoon, is hulle reg.

whatever ·

Nie ek of jy of enigiemand het al ooit in hierdie mense se skoene gestaan…….. hou op veroordeel, asseblief mense?

Veronica ·

Sharon, nee, niemand het my geklap of aan my geraak nie. Dit het net sonder waarskuwing gebeur. Ek het inmekaar gesak maar was nog nie bewusteloos nie. Na ‘n MRI het hulle vasgestel wat in my kop tussen my skedel en brein gebeur het. ‘n Artery (vertebral) het so te se geskeur en bloed het in die area versamel. Ek was so te se in ‘n koma.

Nie ń Stiefma ·

Ek het ni stief kinders nie… en ek sal MY EIE kinders asook ENIGE kind beskerm en liefhê …….. maar soms wil ek my eie iets aan doen.. en di wat sê hulle het dit nog nooit oorweeg nie JOK.
Ek bid meer vir geduld as krag.. want ek het ni “BAIL MONEY” om saam met krag te gaan nie. Ongelukkig (en totally simpel) was dit nou ń glas waarmee sy die kind gegooi het, en toe later geslaan het. Niemand weet of sy die kind teen di kop geklap het nie.
Dalk het die kind haar sleg gesê en sy is hard deur die mond / gesig geklap. Sy kon dalk balans verloor het of sy kon van die erge woede ń aar bars. Vir al wat ons weet, het sy ń mediese kondisie wat gepaard gaan met die bloed op die brein. En die argument en hou het dit getrigger. Niemand weet nie. Ek ook nie. Punt is… mense dit het gebeur. Dit het ń tragiese einde. Tensy iemand die stiefma ken en haar manier, het geen een die reg om die stiefma te stenig nie.
Die pa is verpletter asook die familie en vriende.

Ook n arme stiefma ·

Ek is ook reeds vele jare n stiefma. Mense wat geen ervaring het van om n ander – steeds lewende ouer – se kind en vernaamlik n dogter groot te maak nie, moet asseblief nie die stiefma veroordeel voordat al die feite nie vasgestel is nie. Om een of ander onverklaarbare rede tree pappas nie op wanneer hul prinsessie ombeskof met die stiefma raak nie. Ek het baie erg deurgeloop onder my stiefdogter se skerp tong. Gelukkig vir my eie sielsvrede het ek haar nooit verbaal of fiesies aangeval nie. Laasgenoemde is net die Here se genade, want sy’t alles in haar vermoe probeer om my lewe hel te maak. Eers na jare kon n professionele sielkundige haar pa tot insig bring.

ada ·

Dit is duidelik dat “ook ney n stiefma” en ander soos sy nie volwasse genoeg is of was om kinders reg te behandel nie. Hulle wou net die pa he en nie die kinders nie.

LEIGH ·

ek is ‘n stiefma vir ‘n tweede keer. dis nie maklik nie, maar deur baie gebed, volharding in geloof, en deur Jesus se leiding, het ek hul vertroue, respek en liefde gewen. vandag, na my en my ex man se egskeiding, is ek steeds baie nader aan sy dogter(tans 26jaar oud) as wat hy, as pa, is, sy vertrou my selfs meer as vir hom.
my tweede man se kinders, al volwassenes, is egter ander saak, maar ek het hul ook oorgewen, net deur geen bedreiging in te hou met hul verhouding met hul pa nie, en opregte belangstelling te toon, liefde en aandag te gee aan hul en hul kinders. kere wat houdings ens, seergemaak het, nie elke keer na pappa toe gehardloop het daarmee nie, eerder daaroor gebid en God gevra om te help die verhouding tussen my en hul te verbeter.
GEEN kind, hoe oud of jonk ookal, verdien om so geslaan te word nie, ongeag stief of eie.
innige simpatie aan Pappa en Boeties, mag Jesus jul baie styf vashou in hierdie tyd, jul dra en vertroos.

Mathys ·

Did stiefma was seker jaloers op die pragtige kind. Die dogter was seker al n paar keer deur die stiefma aangerand. Die pas moes bewus daarvan gewees het en het niks gedoen nie. hoop hy kry ook tronkstraf want die deeler is so goed soos die steeler. Wou seker sy kant probeer skoonhou met sy hartroerende brief aan Maroela. Dit is egter te laat. Die ander kinders salwel met die waarheid uitkom.

BEE ·

Mathys, jy veroordeel sonder om te weet waarvan jy praat. As jy hulle geken het en bewus was van die omstandighede sou jy 10x dink voor jy Mike veroordeel. Lewer eerder kommentaar oor iets wat jy weet van. Geen volwassene gooi ‘n kind met ‘n glas, gaan kamer toe en gaan dan terug net om weer skoor te soek nie.

pieter ·

Die pa en stiefma moet albei tronkstraf kry. Dit is kindermishandeling in die ergste graad. Stiefma’s is nie opgewasse vir hierdie taak nie.Hulle het nie die opleiding of deernis daarvoor nie. Pa’ wat dit toelaat dat hulle kinders mishandel word is ewe skuldig. Jou brief en pleidooi het nie op my gewerk nie. Sorry .

Self n stiefma ·

Versigtig Pieter om te veralgemeen dat stiefmas nie opgewasse is vir die taak nie. Menige stiefmas het reeds jarrre se kindgrootmaak ervaring agter die rug voordat hul n stiefma geword het.

Seepbox ·

Interresant hoe al die kommentaar van die “ook n stiefma en nog n stiefma en arme stiefma’s en en en”, net kommentaar lewer oor watse “hel” stiefkinders HULLE gee? ….. Snaaks dat nie een van julle genoem het dat julle dalk verstaan en meegevoel het vir die emosionele hel wat ‘n kind moet deurgaan wat nou skielik deur ouers se egskeiding moet gaan en dan later ook met nog n ma moet sit nie … sulke dinge kan nie net eenkant toe geskuif word nie. Party kinders verwerk nooit so iets nie en ongelukkig stap jy as stiefma oop oe in so iets in en gaan eerstehands met hulle emosies te doen kry…

Bokka ·

Ek lees so deur al die kommentare en tog oog opvallend ‘n saak het twee kante… Ek het n stiefma gehad wat regtig uitgegaan het om my en my broers se lewe hel te maak…. Maar sy kon dit nie regkry nie… Want van kleinsaf het ons die Here in ons harte gedra. Vandag is ek self ‘ n stiefma en ek kan vir jul se dat ons is baie erg oor mekaar en staan mekaar by. Sy sal eerder na my toe kom voor sy na haar pa toe gaan oor iets. Waar liefde van God is kan geen mens dit breek nie…. Daar is stiefma’s en kinders en stiefpa’s en kinders wat baie goed oor die weg kan kom net omdat hulle dit met opregte liefde doen en God is deel van hulle huise…, Baie sterkte aan die Volsloo gesin en famielie. Mag regtigheid geskied uit God se hand ….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.