Max du Preez sluit by News24 aan

Max du Preez. Foto: Twitter

Max du Preez. Foto: Twitter

Die voormalige rubriekskrywer vir die Independent Media-groep, Max du Preez, gaan by die span van News24 aansluit.

“Ons is opgewonde om ʼn ‘huis’ vir Max aan te bied,” het Andrew Trench, hoofredakteur van News24, Donderdag in ʼn verklaring gesê. “Sy reputasie vir die waarheid, sy passie vir persvryheid en sy kaliber joernalistiek maak hom een van die bestes, en presies die soort mening wat ons by News24 wil hê.”

Du Preez sal ʼn weeklikse rubriek skryf en die eerste rubriek sal Dinsdag gepubliseer word.

Hy het gesê dit is ʼn voorreg om ʼn stem op News24 te hê. “Ek gaan my bes doen om seker te maak dat my gesprekke met lesers op News24 sal help om gesonde, streng debatte te stimuleer, en om ʼn bydrae te maak tot ʼn ingeligte openbare mening,” het Du Preez gesê. “Dit is noodsaaklik as ons, die mense van Suid-Afrika, ons vryheid en demokrasie wil sien blom.”

Du Preez het uit die Independent Media-groep bedank nadat hulle om verskoning gevra het vir ʼn rubriek waarin hy vir president Jacob Zuma gekritiseer het

Hy het sy bedankingsbrief aan Karima Brown, uitvoerende redakteur van Independent Media, openbaar gemaak en gesê die maatskappy het die verskoning gepubliseer om Zuma en die ANC tevrede te stel.

Du Preez se rubriek, “Zuma – SA’s one-man wrecking ball”, is op 30 Desember gepubliseer. In die rubriek het hy gesê die Suid-Afrikaanse Inkomstediens en die Valke is die “nuutste slagoffers” van Zuma se “sloping van die demokrasie”. “Die verwoesting wat deur Zuma veroorsaak is sal jare neem om te herbou, selfs al sou hy môre sy amp verlaat.”

Die presidensie het die rubriek as “rassisties en verstommend” beskryf. “Die stuk getuig van vooroordeel en rassisme gegewe die wyse waarop mnr. Du Preez die president beskryf het.”

Du Preez het ook in sy brief aan die Independent Media-groep verwys na foto’s van Brown en Vukani Mde, die groep se redakteur oor opinie en ontleding, waar hulle ANC-klere aangehad het tydens die party se 103de verjaarsdagvieringe.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

jakoos ·

N24 moet maar net sy feite goed nagaan!
En ek voorspel die “liefdesverhouding” gaan nie hou nie!

Koeiseun ·

Die teken van ‘n goeie joernalis is as almal vir hom kwaad is. Die regses haat hom. Die ANC haat hom. Nie al die verkramptes hou van hom nie, maar hy het deur die jare bewys dat hy kan roer waar te roer is. Vrye Weekblad was een van die beste koerante ooit (en my regse vriende het dit lekker in die geheim ook gelees.)

Maar Max by News24/Naspers? Wel, daar is seker nie baie opsies in SA nie, maar Naspers? Hoop hy word minder gesensor.

Dave ·

Dit klink nie asof jy weet wat die woord ‘verkrampte’ beteken. Geen ‘verkrampte’ se smaak is sò swak as wat jy dit laat klink nie.

Paul ·

Nou kan die polities korrektes weer lekker saamboer en ‘n paar planne bedink om die gehate Afrikaners weer ‘n hou of twee op die kop te slaan.

david ras ·

Max nou by Naspers ? Ek hoop hy skryf net in Ingels. Naspers is now really scraping the bottom of the barrel !

Willem ·

Per Max se artikel in die M&G 30012015 oor FW:

“On February?2 1990 he took his quantum leap. You be the judge of whether he jumped or was pushed.

The strongest argument offered on why De Klerk should have received the Nobel peace prize was his role after 1990. He tirelessly crisscrossed the country and addressed NP meetings, Broederbond meetings, church councils, business people, academics and citizens to sell his plan for negotiations to his constituency. He even called a white referendum to secure a mandate for the negotiations, well knowing that, if that vote went the wrong way, it would end his career.

Would that be an argument to have a street named after him?”

Max du Preez is an award-winning political journalist and founding editor of Vrye Weekblad.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.