Max du Preez verlaat mediagroep na verskoning oor Zuma-rubriek

Max du Preez. Foto: Twitter

Max du Preez. Foto: Twitter

Die joernalis Max du Preez het aangekondig dat hy nie langer rubrieke vir die Independent Media-groep sal skryf nie omdat hulle om verskoning gevra het vir ʼn rubriek waarin Du Preez vir president Jacob Zuma gekritiseer het.

“Ek het my verbintenis met die Independent Media-groep beëindig en sal nie langer ʼn weeklikse rubriek vir hulle koerante skryf nie,” het Du Preez op sy Facebook-blad aangekondig. Hy het ook ʼn afskrif op Facebook geplaas van ʼn brief wat hy aan Karima Brown, uitvoerende redakteur van Independent Media, gestuur het.

Du Preez het in die brief gesê die maatskappy het die verskoning gepubliseer om Zuma en die ANC tevrede te stel. “Julle het nie eers die ordentlikheid gehad om vooraf vir my die verskoning te stuur of my in te lig dat dit gepubliseer gaan word nie. Ek het gedink my verduideliking sou julle oorreed het dat ʼn verskoning in die geval ʼn bespotting sou wees,” het hy in die brief geskryf.

“Ek skryf ʼn rubriek vir ʼn groep met ʼn leierskap wat ek nie meer respekteer nie. Ek voel besmet weens my verbinding met die Independent Media-groep. Dit is tyd om weer te vertrek. Ek sal my eie verlede verraai as ek dit nie doen nie. Ek sal nie langer ‘n rubriek vir julle skryf nie.”

Du Preez se rubriek is op 30 Desember gepubliseer en was getiteld: “Zuma – SA’s one-man wrecking ball”. In die rubriek het Du Preez gesê die Suid-Afrikaanse Inkomstediens en die Valke is die “nuutste slagoffers” van Zuma se “sloping van die demokrasie”. “Die verwoesting wat deur Zuma veroorsaak is sal jare neem om te herbou, selfs al sou hy môre sy amp verlaat.”

Die presidensie het die rubriek as “rassisties en verstommend” beskryf. “Die stuk getuig van vooroordeel en rassisme gegewe die wyse waarop mnr Du Preez die president beskryf het.”

Du Preez het ook in sy brief aan die Independent Media-groep verwys na foto’s van Brown en Vukani Mde, die groep se redakteur oor opinie en ontleding, waar hulle ANC-klere aangehad het tydens die party se 103de verjaarsdagvieringe Saterdag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

JZ ·

Ek is nie baie lief vir Maxs nie,maar vir eenkeer het hy die waarheid geskryf oor die president, daar is min mense behalwe die Anc wat iets van JZ dink ,n verleentheid vir SA en n bespoting in die buiteland.Ek sou ook die selfde doen om nie meer vir so n koerant wat swig voor die ANC se druk oor hulle nie van die waarheid hou nie.

Paul ·

Max, Dit gaan heelwat meer vereis as een ou ligstraaltjie van onverwagte waarheid in jou polities korrekte loopbaan voordat ek sal glo dat daar regtig iets goed in jou politieke sienings kan wees.

Henry ·

Foeitoggies
Nou waar gaan die ou Jan Salie nou sy PK pennevrugte publiseer?
Snik!

HEVW ·

Party mense doen tog teen alle verwagtings soms die regte ding. dit het maar lank geneem. Baie geluk. Wat is die volgende stap?

boer ·

Wat probeer hierdie veraaier nou eintlik doen , g@tkruip,
by die blankes? Jy is nie deel van ons nie ou max

david ras ·

Ek bespeur ‘n lekker stuk Graad een biteerbekkigheid. Die laaste paragraaf van die berig se eintlik alles : Brown en kie was by die ANC se groot paartie en Max was nie uitgenooi nie ! So nie het hy nie ook ‘n ANC t-hempie pasella gekry nie !!

Hendrik ·

Somehow “I told you so” just doesn’t quite say it…

Jan ·

Nou gooi Marx sy speelgoed uit die kot ! Word ‘n draadsitter Marx, nie die linkses of regses soek jou !

Dirk ·

Wat ‘n mors van ‘n witvel, eers kruip hy g@t by die ANC deur week vir week onwaarhede op te maak teen die Polisie, soveel so dat die vrye weekblad toegemaak is omdat daar te veel eise teen hom was. Toe die nuwe kiesers oorneem word hy geignoreer want selfs hulle haat ‘n verraaier. Hy maak nou staat op die feit dat dit jare later is en mense vergeet, nuusflits Kusiet liefhebber (veral vir die vroue) Solank ons lewe sal ons onthou.

Willie ·

Lekker!! Kry vir jou du Preez! Hoop daar gaan nog baie hel van jou boeties en sussies op jou kop los bars.

Asjas ·

Ag shame, hy en FW moet maar mekaar se Facebook maatjies wees :-) he he !

Nefie ·

‘n Gebreekte horlosie is ook 2 keer ‘n dag reg. Hy moes mos voor als geweet het Brown en kie is maats met die ANC.

Jorrie ·

Wel – Voel ek amper beter dat Du-Preez ook besmet kan voel. Feit is – hoeveel blankes gemoedere het hy besmet met sy uitlatings vir hoeveel jare? En dan kry hy ook nou wat hy help teel het. Enige iets wat onwettig is en waarteen ‘n wetsgehoorsame burger sal spreek sal altyd onmiddelik as rassisties uitgeskreeu word – welkom in korupte Afrika wat nooit sal verander nie. Nooit! Daarvoor het die liberales gesorg! Deel nou maar daarmee!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.