Max Price deur betogende studente aangerand

Max Price

Max Price

Max Price, visekanselier van die Universiteit van Kaapstad, is Vrydag deur betogende studente aangerand.

Price en twee lede van die universiteit se uitvoerende komitee het die middag met ʼn groep betogende studente vergader buite die Bremner-gebou. Volgens Gerda Kruger, woordvoerder van die universiteit, het Price ʼn ander vergadering gehad om by te woon, maar die studente het hom voorgekeer. “Hulle het hom omsingel en hom gestamp en aan hom getrek. Hy het probeer wegloop maar is twee keer geslaan.”

Polisiebeamptes het tussenbeide getree en Price en sy kollegas probeer help. “Die situasie het ongelukkig geëskaleer en die polisie moes skokgranate gebruik om die groep uiteen te jaag. Die visekanselier en sy kollegas is hierna terug in die gebou ingeneem.”

Argieffoto: AP Photo/Schalk van Zuydam

Argieffoto: AP Photo/Schalk van Zuydam

Volgens Kruger het die betogers later ʼn sokkerwedstryd op ʼn veld daar naby ontwrig. “Van die betogende studente se gedrag is heeltemal onaanvaarbaar en onwettig. Dit was met dr. Price gebeur het kom op aanranding neer.”

Price het egter later aangekondig dat die akademiese program Maandag hervat sal word. Volgens Price hoop hulle om die akademiese jaar teen 2 November te voltooi.

ʼn Bakkie wat aan die universiteit behoort is Vrydagoggend vroeg aan die brand gesteek buite die Geologiese Wetenskappe-gebou. Die polisie was op die toneel en ʼn 500 ml-bottel wat na petrol geruik het, is op die toneel gevind.

Die universiteit het intussen ook strafregtelike klagte by die polisie aanhangig gemaak nadat ʼn groep betogende studente Woensdag die kampusveiligheidsdienste se kantoordeur afgebreek en personeel gedwing het om die kantoor te verlaat. Een van die studente is in hegtenis geneem. Die aanklagte sluit kwaadwillige saakbeskadiging en intimidasie in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Jakes ·

Dr. Price het nie te lank gelede sy eie seun aangespoor en ondeursteun met die vreedsame betogings, né.

gatiep ·

Hoe kan die poliesie so wreed wees met die vreedsame studente dis maar net hulle manier van gesels.

GI ·

Dit is goed dat die polisie met skokgranate ingegryp het. Hulle sou hom half dood gemartel het en dan aan die brand gesteek het. As die mob-mentaliteit eers posvat is daar geen keer nie. Bly jy is nou veilig Max Price! Dankie SAP.

Piet Snot ·

Hoe dan nou, GI? Dis presies die optrede wat Dr Price nog heeltyd aanmoedig.
Hy’t gesê die studente se optrede is reg. Hoe durf die polisie nou ewe skielik ingryp?

GI ·

Het julle dan nou ook die mob-mentaliteit? Tyd om dit te verhef tot eerste wereld mentaliteit anders gaan julle saam die mob onder.

Maria van Dieweeck ·

Maar hy is mos n ondersteuner van die groep, dan nie?

Knikkebollen ·

En die studente eis nou dat nie net privaat sekuriteit nie, maar ook die polisie van die kampusse moet af?

McK ·

Ek hoop Mr Price en die Universiteit gaan strafregtelike sake oopmaak teen die skuldiges.

Raymond Bastone ·

Sluit die deure en jaag hulle huistoe dan kan hul sien waar kry hulle geleerdheid want die kinders raak nou afgesaag

Oosie ·

Gerda Kruger, dit kom nie neer op aanranding nie, dit IS aanranding. Hoop julle maak ‘n voorbeeld van die betrokke studente en vervolg hulle strafregtelik. Hierdie eiegeregtigheid moet nou einde kry.

Johann ·

Wat hier gebeur het is heeltemal onaanvaarbaar. Daar moet met rasse skrede met strafregtelike prosesse teen die misdadigers opgetree word. Dis ook belangrik dat ons ‘n akkurate profiel gegee word van die oortreders, veral die leiers. Die vraag ontstaan of die leiers en medepligtiges enigsins studente is en, indien wel, of hulle enigsinds ‘n kans het om deur te kom, om nie eens te praat van gradueer nie.
Natuurliks skitter ons regering in hul afwesigheid en is die gebrek aan leierskap skreiend.
Studente wat moet klasloop en eksamen skryf, sowel as hul dosente en toesighouers, behoort deur die polisie beskerm te word en toegelaat te word om hul reg tot studie in redelik normale omstandighede te kan uitoefen. Intussen moet die belhamels ten minste uitgewan word.

Jacques ·

Meng jou met die semels en die varke gaan jou vreet…….

CAV ·

Wou nou net presies dieselfde sê, toe sien ek jy my voorgespring √

Knikkebollen ·

Die laaste twee weke het dit duidelik geblyk dat die EFF sterk agter die stuur van fees must fall ingeskuif het. Wat ins hier het, is die EFF se ‘1976 Soweto Uprising’. En daar is bitter min wat die owerhede daaraan kan doen sonder om as aggressors af gemaak te word.

gert ·

Price was mos trots op sy seun wat saam betoog het en het op nasionale tv bevestig. En nou? Nou word hy aan die hakskeen gebyt. Kry vir jou Price .Kry vir jou. Wat jy saai sal jy maai. Volgende een sal seker lamsak Wim wees.

gerbrandt ·

Price was so trots op sy seun wat saam betoog het en nou? Wat jy saai sal jy maai. Jy hoef nie n Prof. te wees om dit te weet nie. Kierinkies braai.

Irene ·

Wit mense kam gern mening lig nie dan wil hulle alles ontwrig

Flippie ·

Max Price se seun moet seker baie trots voel op sy pêlle wat sy pa so rond geruk en geklap het. Die saak is immers groter as die individu – of hoe?

Willie ·

Die polisie sal die spul moet vasvat. Dit is besig om anargie te raak. Genoeg is genoeg om te betoog is een ding maar my en almal se belastingeld sal weer moet opbou waar die w+%@$#s als afbrand en breek.

Jakoos ·

Hierdie dinge moet alles gebeur sodat die ANC-regering in 2019 verslaan kan word. Die mense met die stemme sien hierdie dinge en besef al hoe meer dat die huidige regering totaal magteloos is om die situasie te bestuur. Dit sal hulle duur te staan kom.

Nici ·

Dis as daar nog iets oor is om te regeer in 2019. Klink net gans te ver vir dit wat nou aangaan.

Nici ·

Wetteloosheid en Anarargie gekweek met die mentaliteit van mense soos Max Price wat dink die stert kan die hond swaai. Shame on you Prof jy moet baie trots wees.

Emma ·

Ja Johann die Regering skitter nie net in hul afwesigheid nie, maar wat het geword van die spesiale ondersoek kommissie wat deur die regering saamgestel is. Mens het teen dié tyd al resultate verwag
want die land is aan die brand!

John ·

Nog ‘n Max… Hulle hou skynbaar nogal baie van baie aandag… baie…

Cornelia ·

Price is die oorsaak van die val want hy het dit aangevuur. Nou is hy aangeval deur sy maatjies. Meng jou met die semels ……………Was mos pro betoger en het selfs die Rhodes standbeeld laat gaan. En nou Price waarmee sit jy nou? Met niks en sonder respek.

thys ·

Wie sou nou ooit kon raai dat daar konflik sou wees tussen #feesmustfall en max price? ?

Johann Marx ·

Nie te lank terug nie was daar ook ‘n man wat gedink het onderhandelinge is beter, en het selfs sy wapen BUITE die vergadering gelos…..Ek dink sy van was Retief. Piet Retief……Leer mens dan NIKS uit die geskiedenis uit nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.