Max Sisulu bedank as ANC-LP

Pres. Zuma en Sisulu. Foto: GCIS

Pres. Zuma en Sisulu. Foto: GCIS

Max Sisulu, voormalige speaker van die parlement, het Donderdag as ANC-parlementslid bedank.

“Hy het vandag bedank as lid van die nasionale vergadering,” het Moloto Mothapo, woordvoerder van die ANC-hoofsweep in die parlement, in ‘n verklaring gesê. “Selfs al is dit ongevraagd, is ons nederig en dankbaar vir die uitnemendheid waarmee hy gedien het as die speaker van die vierde nasionale parlement.”

Mothapo het Sisulu bedank vir harde werk en toewyding waarmee hy Suid-Afrika gedien het. “Ons is dankbaar vir die voortgesette verbintenis wat hy as staatmaker van die ANC wys om die mense van Suid-Afrika te dien.”

Sisulu is twee ANC-LP om te bedank sedert president Jacob Zuma Sondag sy nuwe kabinet aangekondig het. Zuma het Sisulu met Baleka Mbete vervang. Marthinus van Schalkwyk, die voormalige minister van toerisme, het Maandag bedank.
Zuma het Derek Hanekom, die voormalige minister van wetenskap en tegnologie, as die nuwe minister van toerisme aangekondig.

Sisulu en Van Schalkwyk se toekomsplanne is nog nie duidelik nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.