May en Ramaphosa praat oor grondkwessie

Theresa May, die Britse eerste minister, besoek die ID Mkhize Secondary School in Gugulethu as deel van haar besoek aan Suid-Afrika (Augustus 2018). Foto: Phandulwazi Jikelo/ANA

Theresa May, die Britse eerste minister, sal met pres. Cyril Rampahosa oor Suid-Afrika se grondhervormingsplanne gesels tydens haar dag lange besoek aan die Afrika-land.

May het sakeleiers van beide lande Dinsdagoggend in Kaapstad toegespreek en gesê die Verenigde Koninkryk ondersteun al vir ʼn geruime tyd grondhervorming wat op ʼn wettige en deursigtige manier gedoen word en wat deur ʼn demokratiese proses daargestel is.

“Dit is ʼn kwessie wat ek teenoor pres. Ramaphosa geopper en met hom bespreek het toe hy vroeër vanjaar in Londen was en ek sal later vandag weer met hom daaroor praat. Ek verwelkom wel die uitsprake wat hy reeds gemaak het dat grondhervorming benader sal word met die sosio-ekonomiese gevolge in gedagte,” het May gesê.

Theresa May, die Britse eerste minister, besoek die ID Mkhize Secondary School in Gugulethu as deel van haar besoek aan Suid-Afrika (Augustus 2018). Foto: Phandulwazi Jikelo/ANA

Sy het bygevoeg dat daar reeds aansienlike belegging van die Verenigde Koninkryk (VK) in Suid-Afrika gesien kan word en dat daar wesenlike geleenthede vir die toekoms is. “Ek het ʼn aansienlike sake-afvaardiging saam met my gebring wat oor ʼn wye reeks sakebedrywighede strek – van finansiële dienste tot landbouprodukte, vervaardiging en infrastruktuur, asook tegnologiemaatskappye.

“Soos ek gesê het, ons kyk na die hele Afrika, want as mense wil belê, wil hulle seker maak dat hulle lande die soort stabiele aspek het waarna beleggers altyd soek,” sê May.

May se besoek aan Suid-Afrika sal na verwagting grootliks fokus op hoe handelsverhoudinge geaffekteer sal word wanneer haar land binnekort die Europese Unie verlaat.

Dit is May se eerste besoek aan Afrika as eerste minister en sy sal ook Kenia en Nigerië as deel van haar Afrika-toer besoek. May se kantoor het die afgelope naweek gesê die toer is ʼn unieke geleentheid “vir ʼn werklike globale Brittanje om in aanloop tot Brexit te belê en saam met Afrika-nasies te werk ter wille van gedeelde voordele”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

Cheers ·

Sy gaan hom geld gee om te HELP om teen wit boere te veg in die hof … die BRITTE Kan nie vertrou word nie . MAY allermins .. HOEKOM mag TRUMP niks se nie maar die tannie word met OPE ARMS IN SA ONTVANG? Maak maar jou somme .. hulle is hier om teen die wit boere te help baklei

Anoniem ·

Gaan heuning smeer om die mondjie !!!nie die harde werklikheid praat nie

Hennie ·

Theresa May moet die moeite doen en gaan kyk hoe lyk dit op die plase wat reeds oorgeneem is. Sy keur grondhervorming goed maar ken gladnie die aard van die mense aan wie dit toegeken word nie.

pieter ·

Miskien moet sy ons geskiedenis gaan naslaan, wat dingaan gedoen het. Mens vetrou niemand nie veral nie in suid afrika nie. Dit is maklik om iets te belowe as jy betaal word of geld kry maar om dit gestand te doen . Jammer may om jou teleur te stel nie hier nie.

Jadelaoch ·

So nou wil dieselfde Engelse wat die boere in konsentrasiekampe gegooi het kommentaar lewer. Dieselfde Engelse wat immigrante toelaat ennie omgee of hul eie mense vernietig word nie. Slim baie slim.

Boeta ·

Sommige Suid Afrikaners is tog so lief vir die Britse Koningshuis snert.
Sit vasgenael voor die TV vir troues ens.
Het Britanje AL OOIT vir Suid Afrika omverskoning gevra en kompensasie aangebied vir die Boere Oorlog toe hulle net hulle vet pienk handtjies op ons minerale regte wou kom le.
Natuurlik ondersteun hulle grond hervorming want nou kan hulle vir Ramp- Maposa help om verder ons land te vernietig en te verplunder.

Adrie Hoffmann ·

Het die vrou enige idee waarvan sy praat?? Kom bly hier vir ‘n ruk Juffrou May dan sal jy ‘n ander deuntjie sing.

bgj van der westhuizen ·

Theresa may weet jy wat jy se niemand is gekant teen grond hervoming nie ons is gekant teen grond net te vat en nie te betaal daar voor nie doen jou huis werk voor jy praat

CG ·

Tydens die Tweede Vryheidsoorlog het die Britte ‘n verskroeide-aarde beleid gevolg. Ongeveer 30 000 plaashuise is afgebrand en/of met springstof vernietig; landerye en boorde is vernietig en 100 000de plaasdiere is doodgemaak. 40 dorpe, insluitende ‘n aantal kerke, is ten volle of gedeeltelik vernietig. Die bevolking is na konsentrasiekampe weggevoer en nagenoeg 32 000 Blankes en 20 000 Swartmense is as gevolg hiervan dood. Dit was weliswaar meer as ‘n honderd jaar gelede, maar moenie verwag dat ‘n Britse Eerste Minister enige boer of Boer se belange nou hoog sal ag nie.

AmY ·

Ek dink die Engelse is al vir langer as ‘n eeu jaloers daarop omdat ons Afrikaners uit die as opgestaan het, en alles weer opgebou het ná al die skade wat hulle met hulle oorlog aangerig het.
Nou wil sy ons ‘ terug betaal.’
Suur druiwe dalk?

Ek het nuus vir haar ; Ons sal wéér uit die as opstaan, selfs al word ons huise en plase weer afgebrand.

Jean ·

Ok maar kruipers……het sy dalk met boere organisasies gesels…..het nie n clue wat hier aangaan nie..

Rika ·

Nee wat die tannie is clue loos miskien moet mense direk prente en stories vir haar British amb stuur en hul begin oorval met regte inligting.

Lizl ·

Die Engelse het `n geskiedenis van grond roof, hoekom sal sy nou nie fout vind met dit nie?

Jerry ·

Engeland se Theresa se investering in die Suid Afrikaanse ekonomie kom op n goeie tyd vir alle Suid Afrikaners, uitgesluit natuurlik AfriForum en die se Theresa, wie dit ten doel gehad het om dmv halwe waarhede buitelandse investering te ontmoedig. Afri-Forum het dus op hulle eie stoep gebollie en kan nou net hulself blameer dat hulle doppie geklink is! Julle het gewys dat julle die naam, Afrikaner, nie werd is nie en daarom mag julle voortaan julself nie beroep op die Afrikaner en sy belange nie, maar slegs op julle lede en die se belange! Nag, ou slimmes!

Paul ·

En die kolonialiste word nou met ope arms ontvang, want die belofte van ryksom wat in sulke vrae op die land neersak word afgewag. En ek het tog ‘n idee hulle sal vir haar ‘n stanbeeld oprig, rooi baadjie en al.

Kryger ·

@Jerry – sover ek weet beteken “doppie geklink” dat ‘n persoon of organisasie dood is… Ek dink nie Afriform was ooit so sterk as vandag nie.
Afriforum se doel was nie om investering te ontmoedig nie – hoe op dees aarde het jy dit gekry uit bewusmaking van grond vergrype en moorde op boere?
Jerry klink nou nie eintlik vir my na ‘n Afrikaner naam nie, maar anders as die mal aktivisme se onlogiese sienings kan ek of Afriforum niemand ont-Afrikaner nie. Afrikaner is ‘n geboortereg, of jy nou van die persoon hou of nie, hy/sy bly nog steeds ‘n Afrikaner. Afrikaners is die goed en die sleg. Ek glo (baie) meer goed as sleg.

Lizl ·

Ek verwag niks anders van haar nie, hoekom sal sy simpatie oorhou vir `n boerevolkie wat haar voorgeslagte op hul herrie gegee het. Engeland skuld ons vir 26000 vroue en kinders. Wanneer gaan iemand die ou Queen voor die Wereldshof daag vir hulle oorlogmisdade???

Staak ·

Stel n leis saam met almal se eiendom daarop war onteiening steun soos die britse ambesade en ook ander regerings eiendom, saam met almal binne ons grense, die onder ons soos die melkboer wat Malema so loof en die bestuur van Agri SA, daar is baie van hulle en le daai leis voor ou Cyril vir onteiening,
Hierdie kan net n wen wen wees, die wat onteiening sonder vergoedinf steun offer hulle eiendom op en ons wat dit nie steun nie verloor ook nie ons grond nie.
Almal wen en n burgeroorlog word afgeweer, maar begin by die ondersteuners.

Marie ·

Namibië het n skadevergoedingssaak teen Duitsland by die wêreldhof ingedien vir skade tydens die Duitse bewind in Suid Wes.Dit is tyd dat ons Afrikaners die Engelse ook tot rekenskap roep.Sy behoort haar te skaam om haar voete hier te sit.

danie * ·

Koningin 1 het nie verniet die anc gestig nie – hulle gebruik ons eie mense om ons uit te wis. Want voor die press terug keer na sy land styg die plaasmoorde , hulle het nooit vrede gemaak nie? Gan terug in die geskiedenis. God slaap nie – ONS MOET BID!!!

Adam ·

Wat ‘n kombinasie!! May het nie antwoord vir Brittanje se probleme nie en Cyril nie vir SA se probleme nie. Praat van twee afvlerk duiwe.

Pieter h ·

Is om van siek te word. Die x HOOF koloniale moondheid van die wereld kom hier om CR En kie te ondersteun! Haar land is in n gemors nou wil sy hier kom handel dryf en nou is ANC haar pelle e praat sy saam. Dank Vader ek het geen familie in haar ou landjie nie. En het ook nie n Britse voertuig nie. Kry maar lekker vir jou Me May CR En kie gaan jou ook later teleurstel.

Cornelia ·

Dankie aan al die organisasies wat namens die getroue, ware Afrikaner, onverpoosd arbei en stry vir die wat nie blind kyk en doof hoor nie. Dankie Afriforum, Solidariteit, Sakeliga, VF+ TLU en almal wat oor die breë front veg om die Afrikaner volk se noodtoestand aan te spreek met woord en daad. Ware leiers se integriteit word gerespekteer. Hulle wen “veldslae” deur die regte stappe te neem op die regte tyd. En dit doen hulle nie blindelings nie. Afriforum en VF+ se bewusmakings projek rondom die fyn beplande aanslag op ons lewe, erfbesit en die waninformasie en ontkenning daarvan van die huidige meerderheids regering, plaas alle rolspelers in die afdwing van so ‘n riskante waagstuk, in die beskuldigde bank. En Engeland het geén graspol ontsien om sy vingers in haas elke volk se oë te steek nie. Die res ken ons. Maar die bittereinders uit die Afrikanervolk, wat ‘n hart van hoop, geloof en gebed handhaaf, sal nie teleurgestel uit dié oorlogsone terugkeer nie. Hou goeie moed. Kyk nie links of regs nie. Hou koers, want u ken die pad.

Andre ·

Jerry, jy maak seker n grap jy kan seker nie jouself regtig glo oor wat jy kommentaar gelewer het nie.

Nikita ·

Die Britte het die boerevolk destyds as hardkoppig beskryf. Wat gaan aan…ewe skielik kom kuier hele paar hooggeplaastes van ander lande hier. Britanje kry mos minerale vanaf ons land af en daar is glo klomp ander klein minerale waarvan ons gewone mense nie eers van weet wat gemyn word wat saam met goud en platinum uitkom en gaan die land uit. Als in ANC se hande. Nou hou Vinkel en Koljander vergadering. Nee, ek vertrou nie hierdie vrou nie. Klink my die Engelse is nog besig met ons.

Thys Muller ·

Die Engelse se slagspreuk geld nog steeds ” Remember Majuba”

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.