May gee voorwaardelike ondersteuning vir SA se grondhervorming

Britse eerste minister Theresa May en pres. Cyril Ramaphosa (Foto: Kopano Tlape/GCIS)

Grondhervorming is goed vir stabiliteit en sake in Suid-Afrika, het pres. Cyril Ramaphosa Dinsdag gesê.

Ramaphosa het die regering se gedagtes oor planne om grond sonder vergoeding te onteien, breedvoerig verduidelik tydens ʼn gesprek in Kaapstad met die Britse eerste minister Theresa May en ʼn afvaardiging van die Verenigde Koninkryk.

“Dit is vir ons belangrik om [grondhervorming] te bespreek, omdat dit stabiliteit sal verhoog. Ons beskou dit as ʼn platform waardeur ons ook ekonomiese groei kan bevorder. Sodra hierdie belangrike hulpbron aan meer mense beskikbaar gemaak word, word dit ʼn platform vir groei,” het Ramaphosa gesê.

Ramaphosa het voornemende beleggers in Suid-Afrika gerusgestel dat onwettige grondgrype nie die resultaat sal wees van watter maatreëls ook al die regering instel om grondhervorming te bewerkstellig nie.

May het gesê die Verenigde Koninkryk ondersteun grondhervorming slegs op voorwaarde dat dit wettig en deur ʼn demokratiese proses gedoen word.

Die Britse eerste minister se kommentaar is in skrille kontras met die Amerikaanse Donald Trump wat onlangs op Twitter geskryf het: “Die Suid-Afrikaanse regering gryp nou grond van wit boere.”

May en Ramaphosa het ook Dinsdag ooreengekom om ekonomiese vennootskappe te verstewig terwyl die Verenigde Koninkryk voorberei om volgende jaar die Europese Unie te verlaat. “Die VK is een van Suid-Afrika se grootste handelsvennote met meer as £9 miljard verlede jaar en ons het ingestem dat ons moet beplan hoe ons dit in die toekoms gaan verhoog, terwyl die VK voorberei om die EU te verlaat,” het May gesê.

Sy het haar doelwit benadruk dat die VK teen 2022 Afrika se grootste G7-belegger moet word. Dit begin met onderhandelings vir ʼn ekonomiese vennootskapooreenkoms (EPA) met die Suid-Afrikaanse Doeane-Unie (Sacu), sy ledestate en Mosambiek, sodra die EU-SAOG se EPA nie meer op die Verenigde Koninkryk van toepassing is nie.

May en die afgevaardigdes is van voornemens om drie Afrika-lande te besoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

58 Kommentare

Paul ·

En die kolonialiste word nou met ope arms ontvang, want die belofte van rykdom wat
in sulke vrae op die land neersak word afgewag. En ek het tog ‘n idee hulle sal vir haar
‘n standbeeld oprig, rooi baadjie en al.

MYNHARDT ·

Ek stem. Gaan oor geld. Maar ‘Brittanje’ is dalk ‘n beter belegging vir ‘ons’ in SA as die ander moonthede? Ek het my gedagtes aangaande Brittanje verander. Dit gaan nou oor soveel meer. As dit indirek lei tot beter stabiliteit, ‘so be it’. Maar geen van ons kan werklik die volle implikasies voorspel nie. Ai tog, soveel magte op aarde en in die hemele (an ander plekke).

Her ·

Ja die Ingelse kan jy not minder vertrou. De La Rey x 2 Sal jy die boere kom lei!!

sweiz ·

En as dit nie wettig is nie verander ons net die grondwet om dit wettig te maak ,dankie tog Presedent Trump is nie so ruggraat loos soos die populistiese antie nie.

Rynhardt ·

Grondhervorming is goed vir stabiliteit en sake in SA????????Daar word seker bedoel grondroof????????Theresa May,u ondersteun grondonteiening solank dit wettig geskied en demokraties is??????????Goeie genugtig,SA is lankal nie meer n demokratiese land nie.Anc en SAKP gebruik sy meerderheid om blankes van alles te onteien!Dit is julle Britte wat gehelp het om n Anc/SAKP regering aanbewind te bring van SA!????Nou kan mense verstaan hoekom die Britte nie vir May kan aanvaar as hul leier nie!???????????????

MYNHARDT ·

May het haar woorde versigtig gekies. Ons moenie die moontlikheid van ‘n ‘meer’ positiewe effek by die venster uitgooi nie.

Thinus Oosthuizen ·

May, moet versigtig wees! Die Britse Regering en nie eers die Koningin is bo die reg nie, en moet nie Brixit gebruik om die Britse Ekonomie te red deur die London beurs en Britse eiendom te bekom in Suid-Afrika nie? Rex Lex Lex Rex? Die Wêreld Bank, nog die VN, soos ons regering kan die begrip tyd defineer waarop hulle kastig rentes hef nie? En waarvolgens hulle dus hulle bevolking belas nie? Dws Slawe handel? Haar King James het mos die KJV laat vertaal? En is dit nie deel van 1 Sam 8 nie? Sy sal deur haar eie wet vervolg word?

Snowball ·

She May not have all the facts….wettig (as grondwet verander is dit wettig) en demokraties (negeer weereens die minderheid se regte). Kan maar net hoop Brittanje is so net tegemoetkomend teenoor SA vlugtelinge na die VK as die paw-paw die waaier ontmoet.

Antiestabliesment ·

Wie wil VK toe gaan as die immigrante daar reeds die Britte op straat begin aanrand?

Willem ·

Nou weet ek nie so mooi nie, my kop is nou al skoon suf gedink, aanvaar ons nou dat ons ‘n kolonie van Engeland was, weer met hulle betrekkinge wil aangaan om te proe, terwyl ons ‘n kolonie van China in wording is? Rusland, Indië en Brasilië staan ook in die ry.

Willem ·

Als in die verlede was dan mos nou nie negatief nie. Twiet Zille, twiet.

Klip in die bos ·

Die Britse kolonialiste het dit al aan die boere in 1902 gedoen met hul versroeide aarde projek deur lord Kitchener.Die boere het teen kolonialisme baklei ,maar nou is ons die sogenaamde kolonialiste. Geen bekentenis deur Britania of vergoeding ontvang na die oorlog. Die boere het terug gekeer na niks.Hulle het nou al meer 2 keer vir hul plase betaal, belasting,kapitaal ,bloed en sweet en plaasmoorde. Theresa May sal seker ook ontken dat dit absolute volksmoord was. Sy sien ook nie hierdie een raak nie .

John ·

Brittanje kan eenvoudig nie haar hand uit die slaaibak hou nie. En die heeltyd is dit glo Rusland wat hul neus in alles druk. Die kakies glo steeds SA is ‘n onderdaan van die queen en haar toestemming moet vra. Om te se vergoeding sal betaal word vir grond wat gegryp word, beteken nie die boere gaan teen markwaarde vergoed word nie.

Jannie ·

N gesplete tong praat altyd die waarheid vir die oningeligte persoon. Die oningeligte persoon sal altyd glo dat die inligting van die gesplete tong afkomstig is die wasrheid is. Moet hulle nooit vertrou nie.

Thinus Oosthuizen ·

May, nog die huidige regering kom die Beginsel vir Ewige vrede na soos deur die Internasionale Vredesorganisasie en die VN, reeds in 2008 erken het, Immanuel Kant se Perpetual Peace se ses Voorlopige Beginsels en is n bedreiging vir Wêreld Vrede asook Volksmoord! Dink die Britte werklik die Boere het verloor? Soos Thatcher saam met Pik Botha by Mount Etjo in Suidwes ons uitverkoop het het hulle banke onwettig met die ANC geheuel. Die JSE is op die London beurs gelys en by FIX geregistreer? Newton – King het mos op die President se vergoedingskommissie gesit tydens die sogenaamde Staatskaping? Wat gaan die effek wees as Suid-Afrika en Afrika ‘n 999 Biljoen Pond van die Koningin persoonlik eis sowel as die Beurs en Banke sowel as hulle aankla vir volksmoord? ? Ek wonder wat gaan hulle sê as Interpol hierdie lasbriewe bestel wat voorberei word vir lewering aan die Britse Ambasade?

Wonder maar net ·

Wonder of mooi aan haar verduidelik is van hoe dit gedoen gaan word?

Haan ·

Engeland jou dae is getel. Die gruwelike verraad van jou verlede haal jou nou in.

Ans ·

Besoek die Vroue Monument in Bloemfontein en beleef wat Britanje voorheen aan ons Boerevolk gedoen het. Dit spreek vanself waar hul prioriteite lê.

Paul ·

Dit is hoekom sy Guguletu en ander swart woongebiede besoek en nie die Vrouemonument nie. Die klomp het so tekere gegaan oor Trump se inmenging in SA, maar nou is hulle doodstil.

Johan ·

Ramaphosa het voornemende beleggers gerusgestel dat onwettige grondbesettings nie sal plaasvind nie….dit gebeur dan nou!!!
Julius Malema moet aangekla word vir aanhitsing en opsweping….hoogverraad. Hy is nie verhewe bo die wet nie. Ramaphosa moet hom in die bek ruk

hb ·

En wat gaan Trump (of enige ander land) nogals vi ons doen. Skrik wakker julle leef in n droomwereld. Ons staan alleen in hierdie gemors

Bert ·

Ons het die gemors self veroorsaak deur JA te stem in 1992!!!

HPV ·

Bert , kan jy weer sê. Dit is ook duidelik dat die berig deur min wat hier kommentaar lewer met aandag gelees is.

Hoc est bellum ·

Mugabe het ook in die tagtigerjare vir Brittanje gelieg en die Britte het alles geglo. Die Geskiedenis herhaal homself. Ramaphosa lieg ook vir die Britse besoekers en hulle glo hom so waar as wragtig.

Klok gaan lui?? ·

Die afgelewerde klok ….so asof daai klok sàl lui maw. hulle gaan bangkrot raak, wie? Goeie vraag… May het wel storie(klok) gehoor lui..
van onteiening maar het nie idéé (waar bel hang).
Klink soos klok..maw NIKS op aan te merk nie.

Andre ·

Sy het haar eie land in die gemors gedompel met onwettige emigrasie sy wil seker nie alleen onder gaan nie. Kon Zimbabwe nie red nie wat soek sy nou hier ?

Willem ·

Net minerale soos in die koloniale tyd. En CR sal dit nog gee ook.

Janine ·

Solank die geld onaangetas bly, kan die eiendom en die eienaars van hierdie eiendom na die maan vlieg! Lus vir ‘n Derde Vryheidsoorlog antie Theresa? Ons wag nog vir ‘n verskoning vir die Tweede een!

Walter ·

Vandaag dinsdag 28 08 2018 Minister May van engeland in Zuid afrika Steunt onteigening van land in Z.A. Hiermee maakt ze af wat de engelsen met de ex Nederlanders in 1890 hebben gedaan. Van het naar schatting 300.000 zielen tellende blanke bevolkingsdeel van de beide republieken werden tussen 1899 en 1902 meer dan 160.000 burgers naar 80 Engelse concentratiekampen gebracht. De gevangengenomen Boerenstrijders naar 47 Krijgsgevangenkampen. De gevolgen waren verschrikkelijk. Aan de hand van de meest recent beschikbare gegevens stierven in de Engelse concentratiekampen naar schatting 43.500 mensen, waarvan ca. 35.600 kinderen jonger dan 15 jaar, wat gelijk staat aan ca. 50% van de jeugdige blanke Nederlands/Afrikaanse populatie! De gruweldaden van de Engelsen werden wereldwijd veroordeeld en de hongerdood van het 7-jarige meisje Lizzy van Zyl in april 1901 in het kamp Bloemfontein stond als symbool voor deze massamoord. De Engelse gruweldaden waren er verantwoordelijk voor dat – niet alleen Nederland – in de 12 jaar later volgende Eerste Wereldoorlog pro-Duits en anti- Engels gestemd was.

humor ·

Die antie is slim en haastig met haar gevolg as dit blyk dat Trump sekere deure gaan toeklap dan kan sy mos skep. Afrikamense besf nie maklik dat daar in die internasionale wereld nie kresvaders is nie. Afrika se kopermyne is op enkeles na dolleeg uitgewerk en hul bly nog steeds arm.

Chantal ·

Wel ten minste weet ons nou wie sal kos gee as ons bakhand staan…. Of nie!

Willem ·

Maar CR het haar mos nie nodig nie, hy sê dan nou so ‘n paar dae gelede dat hulle, die ANC-regering werk vir by die 160,000 mense sal skep deur bewaring van die ekosisteem. Mooi woorde, en daarna?

E ·

En plaas dat sy haar op haar eie land se probleme fokus en dit kom uitsorteer hier in England…..oe ë ê!

lulu ·

Black widow spinnekop legs
pasop cr as sy byt is die uiteinde nie n mooi gesig nie

Piet ·

Let op na die woordspeeling. Grondonteining het nou grondhervorming geword.

Wally Du Plessis ·

As jy ongelukkig is wat in Suid afrika aangaan ondersteun Die United Liberty Alliance en stem vir onafhanklikheid .If you are unhappy what’s going on in South Africa join the UNITED LIBERTY ALLIANCE and vote for seperate development. This is the only chance you have don’t make the same mistake as Piet Retief and FW DE KLERK.

Johan ·

Dit wil voor kom asof die Regering met sy doelbewuste en hardnekkige rasbeheptheid, die onregte van die verlede wil wreek met die onregte van die hede…. as jy iemand se grond neem sonder redelike vergoeding… is dit diefstal. Maak nie saak hoe jy daarna kyk nie.

Jerry ·

Die lewe gaan oor die wat lewe en nie oor die wat reeds gesterwe het nie. Hou op om julle te beroep op die verlede en die dooies. Theresa May het op presies die regte tyd ingetree as bondgenoot van SA. Haar investering voorwaardes strek nie net alle Suid Afrikaners tot voordeel nie, maar dit strek veral tot voordeel van die Afrikaner deurdat haar voorwaardes die NDR bedreiging van nasionalisering tot stilstand gebring het. Die wetsontwerp wat OSV moontlik sou maak is reeds onttrek om aangepas te word vir onteiening met vergoeding. As daar ooit n tyd was vir die Afrikaner om te versoen en deel te wees van oplossings en impmementering ten einde verdere se te kan he en te kan deel in die ekonomiese koek, dan het daardie tyd so pas aangebreek. Laat julle stemme hoor en raak deel van die oplossings. Wees eerste Suid Afrikaners en dan Afrikaners. Moet nie langer toelaat dat Afri-Forum julle mislei met regse sentiment. Moet ook nie julle steur aan die EFF se populistiese uitsprake. Lewe van vandag af vir die wat lewe!

Frik ·

Jerry waar kry jy jou inligting dat die wet onttrek is om voorsiening te maak vir onteiening met vergoeding. So wet bestaan reeds. Die ontrekking gaan om dit te vervang om alle bates sonder vergoeding te onteien. Die afrikaner gaan geen voordeel uit May se besoek trek nie. Brittanje het nog nooit omverskoning gevra vir did 35000 vroue en kinders wat hulle in konsentrasiekampe laat sterf het nie.

Afrikaanse Knaap ·

Watse wettige demokratiese proses verwys sy na? So as 5 plaasaanvallers demokraties besluit dat grond getransformeer kan word, shap. Sy is dwaas.

Antiestabliesment ·

In kommentaar hierbo lees ek van wreek en dit gee my skielik hierdie ‘aha’ oomblik.

Lyk my die ou garde van die ANC is steeds so omgekrap oor die apartheidsjare dat hulle enigste mikpunt is om dit te wreeek, ten alle koste.

Hulle sal hul eie mense laat honger ly, ongeskoold hou en afmaai, net om seker te maak apartheid word gewreek op die oorblywende blankes.

Die ANC se ‘Stalwarts’ is so verblind deur rasse-haat dat hulle nie die groter prentjie van samewerking en vooruitgang WIL sien nie. Ek is oortuig dat meeste inwoners van ons land wil vrede het. ‘n job, ‘n TV, n kar, kos en n huis om in te bly. Hulle is nie gepla met velkleur nie, maar hierdie geharde ANC ou manne is so deur die Sowiet gebreinspoel, hulle sal nooit die lig sien nie.

Niel ·

en dan gaan daar dalk oorlog wees tussen VK en china oor SA…

Niel ·

en so hoop ek gaan daar nie oorlog wees dan tussen VK en China oor “besitreg” van SA…

Kobus (Pretoria) ·

May se besoek het dit slegs ten doel om nuwe instruksies van haar zionistiese base in London aan CR oor te dra. Die aanvanklike opdrag via Lord Renwick aan Malema om die land in chaos te dompel deur swart plunderaars het nie die gewensde resultate gelewer nie. May lewer nou ‘n nuwe plan namens die zionistiese bankiers aan CR af. Dit sal interessant wees om te sien of Plan B ook nog die 2019 Plan akkommodeer.

George ·

Sy kom om trade agreements te bespreek…geen voedsel…geen goud en myn bou material
wys net hoe stupid sy is.Kry n platform om dit te bespreek…Malema etc dood stil…maak jou wonder.Sy is tipies wat ons nie wil he nie…..SY is Donald buck …… ons soek Donald Trump…..Trump…TRUMP…
Hierdie kommentar …word dit oor gedra aan die regering van die dag.. volgende jaar is hulle goOd bye…. die wereld…Trump..etc.

Casper Labuschagne ·

Wonderlik! Ek hoop May en die Britse regering is net so toegeeflik vir die etlike miljoene SA vlugtelinge wat eendag in Brittanje sal aankom as direkte gevolg van onteiening sonder vergoeding. Want Cyril se taak is slegs die tafel vir nou te dek deur eiendomsreg te verslap. Die groot, groot ete vir die ANC se kamerade kom eers in die toekoms.

Grondvatsemoer ·

Die vrou kan vlieg, haar eie mense neem haar nie eens erenstig op nie.

Emma ·

Se vir haar wat regtig in die land aangaan. Die wittes moet net hul bek hou en belasting betaal om die land se helse uitgawes te dek.

Alco ·

Tydens die Anglo Boereoorlog het Brittanje daarin geslaag om die eiendom te ontneem van duisende Afrikaners. Nou, effe meer as ‘n 100 jaar later, steun Theresa May weereens die onteiening van eiendom. Die metodiek is anders, maar die uitkoms dieselfde. Die moderne weergawe van die Scorched Earth Policy?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.